Wees gereed Suid-Afrika!

Soos so baie ander lande moet ook Suid-Afrika gereed wees vir die stryd! Hierdie is ‘n visioen wat ‘n vriendin van my onlangs gesien het:

Ek sien hoe ons Vader vir my wys hoe ‘n geweldige rukwind Suid-Afrika tref. Soos ‘n tornado of ‘n orkaan vee dit letterlik alles voor hom plat. Dit kom van die weste kant af. Mens en dier was plat gevee en selfs geboue. In die lug op die horison sien ek hoe ‘n hand die volgende skryf: “Prepare for warfare”. Daarna verskyn ‘n helder lig wat ek nie seker was of dit God of ‘n engel was nie maar hy rig net sekere mense op wat soos dooies op die vloer lê. Hy raak toe die mense aan en beklee hulle met oorlogs klere (volle wapenrusting van God). Die hand skryf toe weer: “They have to be dressed in the full amour of God”.

– Bessie Somers

Uitleg Van Bessie Somers Visioen

Onthou in drome en visioene gaan dit meesal oor die simbole in die droom of visioen en nie so seer wat die storielyn ons vertel nie. Geboue is byvoorbeeld menslike strukture, ‘n gebou met meer as een verdieping ‘n gemeente of ‘n kerkdenominasie met verskeie afdelings, bome is mense en verskillende mense is die verskillende tipe boodskappers van die evangelie of die mense van ‘n land. Die rukwind is ‘n aanslag teen ons maar ook ‘n skielike ingryping van God af. Met die beproewing kom ook die verlossing. God gebruik altyd aanslae van die bose (draai dit om sodat dit vir ons ten goede meewerk) om sy wil in ons lewens uit te voer. Die “rukwind” is iets wat skielik gaan gebeur.

Polities is daar ongekende  verwikkelinge in ons land wat ons almal gaan raak. Dit gaan nie goed met ons nie. Suid-Afrika is eintlik op die punt om ekonomies maar ook op ander vlakke heeltemal ineen te stort.

Dit gaan vir party mense in Suid-Afrika en in die kerk nie so moeilik wees nie maar vir ander gaan dit ‘n baie traumatiese ondervinding wees. Hierdie rukwind en hierdie storm maak dinge bitter moeilik vir mense en ook vir die kerk. Dit vee egter ook godsdiens of vlees werkinge in ons lewens, in ons land en in die kerk plat. Dink aan die drie varkies se huise. Die huis gebou met gras, hooi en stoppels gaan nie bly staan nie.

Godsdienstige mense gaan geskok wees. Gemeentes wat nie in die Gees is nie kan in die proses swaar kry. Hierdie visioen is ‘n waarskuwing om gereed te wees. Ons moet geklee wees met die volle wapenrusting van God. Mense en gemeentes wat nie ten volle beskerm is nie gaan sneuwel en sal aanpassings moet maak ten opsigte van hulle geloofswandel met God en met mekaar. Nie te lank gelede is ‘n baie groot kerkgebou (die grootse) in Durban (The Jesus dome) tot op die grond afgebrand. Van God of die duiwel? Hoekom het God dit toegelaat? Mense sou werklik verbaas wees as hulle hierdie antwoord moes geweet het! Vir God gaan dit nie oor die finansiële skade in vergelyking met geestelike groei en die positiewe aanpassings wat ‘n kind van God of ‘n gemeente moet maak nie. 

Mense se geloof gaan getoets word. Selfs mense buite die kerk, inteendeel, veral mense buite die kerk gaan baie swaarkry. God is lief vir mense en vir sy kerk en Hy is nie ons vyand nie. Hy gaan egter dinge toelaat en selfs doen wat ons geloof gaan toets. Hy gebruik hierdie negatiewe goed om ons te bevoordeel. Godsdiens het ons ver weggeneem van ware aanbidding, ware geloof en ware verhouding met God en met ander mense. Ons prioriteite is baie ver van die merk af. God gebruik die aanslae van die bose om “godsdiens” en “vlees-werkinge” uit sy kerk te verwyder en om ons te suiwer. Ja, daar is aanslae van die bose maar God gebruik dit ten goede. Partykeer kom beproewinge van God af. Partykeer verwar ons die aksies van God met aanslae van die duiwel. Dit is partykeer so vermeng dat ons werklik nie weet hoekom dinge met ons gebeur nie.

Vanaf die “weste”, in drome en visioene word gesimboliseer “uitdagings”, “stryd” en “teenkanting”. God gebruik “geestelike oorlogvoering” in die Bybel en in ons daaglikse handel en wandel (in drome en visioene) as ‘n “metafoor” om ons geloof stryd te beklemtoon. Dit beteken ons stryd is net so ernstig en kritiek soos oorlogvoering en daarom moet ons so paraat wees soos in ‘n oorlog. Dit beteken nie ons moet nou demone en die bose direk op ‘n geestelike gebied aanvat en beveg nie. Dit beteken dat ons paraat moet wees om nie ons geloof prys te gee of te midde van die stryd op te gee nie, maar ons steeds aan God te onderwerp. Ons doen dit ondanks die stryd of ongewenste omstandighede wat ons moet trotseer. Dit beteken ons moet nie die leuens en versoekinge van die bose enige plek gee in ons lewens nie.

Die wapenrusting van Efesiërs 6: Waarheid, geregtigheid, evangelie van vrede, geloof, verlossing, swaard van die Gees. Die eerste vyf gaan oor geloof in die waarheid (God en sy woord) en het niks met oorlogvoering (direk met die bose) te doen nie. Dit gaan ook oor die bereidheid om die evangelie te verkondig ondanks stryd en teenkanting. Die laaste een gaan oor die swaard van die Gees wat ook die woord van God is. Dit gaan alles oor die uitspreek van “lewe” oor “dooie” omstandighede.

Wanneer ongewenste omstandighede in ons lewens opduik dan spreek ons die woord van God, in geloof, oor daardie omstandighede uit. Dit het “niks” met die duiwel te doen nie ten opsigte van “fokus” nie. Dit het te doen met omstandighede wat, nie net die duiwel nie, maar meesal onsself in ons lewens veroorsaak. Wanneer vlug die duiwel? Wanneer ons ons aan God onderwerp. Sien my boek, “The truth about spiritual warfare” wat hierdie aspek deeglik verduidelik.

In die visioen word net sekere mense met hierdie wapenrusting beklee. God kon net sekeres vind wat bereid was en geestelik gereed was om te beklee met sy wapenrusting. Hy kon hierdie mense gebruik. Ander het waarskynlik nie gekwalifiseer nie as gevolg van ongeloof, onkunde en ongehoorsaamheid.

Regoor die wêreld is daar hewige aanslae teen die kerk en teen die Christendom. Suid-Afrika gaan dit beslis nie vryspring nie. Die wonderlike waarheid is dat God ons in hierdie stryd suiwer en versterk en hierdie aanslae gebruik om geestelike oorwinning in ons lewens te bewerkstellig. Oorwinning is gewaarborg mits ons geloof bly staan en mits ons ons in nederigheid en in geloof aan God onderwerp. Die duiwel en die bose sal van ons wegvlug.

Ongelukkig veroorsaak haat en rassisme van albei kante grootskaalse konflik in ons land. As ons toelaat dat dinge soos die plaasmoorde veldtog die kerk affekteer, wat eintlik onderliggend ‘n politiese veldtog onder valse voorwendsels is, dan sit ons met probleme wat die kerk negatief beïnvloed. Ons kan nie die bose ‘n vastrap plek in die kerk gee nie.

Kom dat ons waak en bid sodat ons gereed kan wees vir die stryd.

Lees asseblief ook die volgende inskrywings:

Hate Crimes Bill

Nuwe Uitdagings Vir Die Christelike Kerk In Suid-Afrika

South Africa, Brace Yourself or Fight!

Plaasmoorde Statistieke In Perspektief.

Please take note, in order to learn the Biblical language of symbols, you need to read this information: How to interpret dreams and visions symbols correctly

Click on the following letters of the alphabet for the relevant symbol that you are looking for:

A

B

C

D

E

F

G

H

I

J

K

L

M

N

O

P

Q

R

S

T

U

V

W

Y

Colors in dreams and visions

Numbers in dreams and visions

Shapes in dreams and visions

Directions, movement and positions in dreams and visions

Substitution in dreams and visions

Back to the Homepage

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment