Besprekings

Vir meer inligting: Lees die verskillende werkswinkel informasie en beskrywings onder aan hierdie bladsy:

=

Alle kerke en Christelike groepe is welkom om vir ASR Martins te boek om een of meer van die werkswinkels wat hier onder beskryf word aan te bied by ‘n lokaal van u keuse. Gemeentes en gemeentelede sal baie baat vind by hierdie werkswinkels. Voltooi die Besprekings Vorm en ‘n verteenwoordiger sal u kontak om die finale reëlings te tref.

Evangelisasie en Missies Werkswinkel

Hierdie werkswinkel duur ‘n week lank, vanaf Dinsdag tot Sondag. Een sessie per dag en twee op Sondag.

Hierdie werkswinkel behandel evangelisasie en missie uitreiking strategieë, kerk planting strategieë, algemene evangelisasie en kerk uitbreiding strategieë.

Geestelike Oorlogvoering Werkswinkel

Hierdie werkswinkel duur ‘n week lank, vanaf Dinsdag tot Sondag. Een sessie per dag en twee op Sondag.

Geestelike oorlogvoering volgens Bybelse beginsels word intensief behandel en die liggaam van Christus word effektief toegerus en opgelei om hierdie aspek van hulle geloofswandel effektief en suksesvol uit te voer.

Goddelike Genesing Werkswinkel

Hierdie werkswinkel duur ‘n week lank, vanaf Dinsdag tot Sondag. Een sessie per dag en twee op Sondag.

Hierdie werkswinkel maak dit moontlik vir gemeentelede om hulle lewens te herstel en ook om die lewens van ander te herstel deur die Bybelse beginsels wat Goddelike genesing beheer toe te pas in hulle lewens. Die werkswinkel deel nie net met teoretiese beginsels nie maar behandel ook die praktiese aspekte van Goddelike genesing. Dit is effektief en lewens veranderend.

Droom Uitlegging Werkswinkel

Hierdie werkswinkel duur ‘n week lank, vanaf Dinsdag tot Sondag. Een sessie per dag en twee op Sondag.

Hierdie werkswinkel behandel die Bybelse beginsels wat drome en visioene en die uitlegging daarvan beheer.

Leave a Comment