Baie belangrik! Huis gemeente planting advies vir Suid-Afrikaanse huiskerke

Neem asseblief kennis dat die Suid-Afrikaanse Christen gemeenskap nogal baie tradisievas is. Dit is baie belangrik dat die huis gemeente korrek geplant word en dat die mense die oorgang fase sonder te veel ontwrigting moet ervaar. Gee asseblief aandag aan die volgende punte van belang:

Daar moet steeds, van die begin af, een keer per week bemoedigings en lering preke wees. Dit bemoedig die gemeentelede en die gemeente word ook in Christus onderrig. Dit is in elk geval hoe die vyfvoudige bedienaars in huiskerke ook funksioneer. Moet egter, van die begin af, nie wegskram van die almal funksionerende en almal deelnemende aard van huiskerke nie. Dit bly steeds die belangrikste weeklikse byeenkoms van die huiskerk gemeente. Gemeentelede moet van die begin af in die gawes van die Gees onderrig word.

Hierdie is dan ook die groot rede hoekom die gemeente nie sonder die weeklikse prediking kan klaar kom nie. Soos ons weet is die gawes van die Gees nooit in die institusionele kerk ontwikkel nie. Daar is dus ‘n baie groot leemte wanneer die huiskerk gemeente tydens die eerste jaar of twee bymekaar kom. Die leemte in hierdie area word darem tydens die weeklikse prediking aangevul. Ons ervaring is dat wanneer huiskerk planters net op die almal deelnemende faset van die gemeente byeenkomste fokus, maar nie op prediking nie, dan begin kinders van die Here moed verloor. Deels omdat die gemeente lede nog nie op dreef is met betrekking tot die Heilige Gees gawes nie en deels omdat God die vyfvoudige bedienaars vir ‘n baie goeie rede gegee het om die gemeentes te leer en te bemoedig.

Hierdie strategie moet gevolg word totdat die Heilige Gees anders lei. Die Heilige Gees sal prediking en lering net sporadies staak omdat dit eintlik maar deel van die huiskerk struktuur is en bly.

Terug na die Tuis bladsy

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment