Plaasmoorde Statistieke In Perspektief

Ek is so bly oom Angus Buchan het nou die dag daar in Klerksdorp gesuggereer dat moord statistieke in perspektief beoordeel moet word. Hy het dit gedoen deur na die moorde in ons swart gemeenskappe te verwys.

Moord statistieke in Suid-Afrika:

Daar word tans 3.6/100 000 wit mense per jaar in Suid-Afrika vermoor. Dit is minder as die gemiddelde wêreld statistiek van 6.9/100 000 mense per jaar. Dit vergelyk baie goed met die Europese gemiddeld van 3.5/100 000.

As ons alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika in ag neem is die moord syfer egter verskriklik hoog. Dit is tans 31.8/100 000 mense per jaar. Dit beteken dat net ‘n fraksie meer as 1% van die moorde in ons land op wit mense is. Dit is baie laag want die persentasie wit populasie is tans 8,9%. Hierdie statistiek bewys baie duidelik dat daar ‘n baie groter probleem onder die swart bevolking en ook onder ander bevolkingsgroepe in ons land is. Die waarskynlikheid van moord op wit mense is 8,9 keer minder as op ander bevolkingsgroepe van ons land.

Hoe vergelyk moord statistieke in Suid-Afrika met die res van die wêreld?

Suid-Afrika is tans nommer 8 in die wêreld. Ons is al vir 21 van die laaste 23 jaar onder die top 10 lande. Moord is dus ‘n verskriklike groot probleem in ons land en dit moet aangespreek word. Ek is baie bly oor die inisiatief wat oom Angus Buchan onlangs geneem het in hierdie verband. Sy uitreiking in Klerksdorp was baie effektief en baie dinamies. Die Here het regtig ‘n groot ding gedoen in Klerksdorp. Ek hoop en bid nog meer mense woon sy gebedsaksie by in Bloemfontein op 22 April 2017. Hierdie gebedsaksie is daarop gemik om juis hierdie probleem in ons land aan te spreek.

Die probleem in ons land is ‘n geestelike probleem en behoort op ‘n geestelike manier hanteer te word. Ons stryd is nooit teen mense nie maar teen die bose.

Die negatiewe invloed van statistieke wat nie in perspektief beoordeel word nie

Ons word daagliks op WhatsApp en deur middel van epos gebombardeer met negatiewe statistieke ten opsigte van plaasmoorde in Suid-Afrika. Statistieke en propaganda op hierdie manier stel die Afrikaanssprekende gemeenskap egter baie bloot. Dit sit ons eintlik in ‘n baie gevaarlike posisie om vir onsself baie groter probleme op die hals te haal.

Hierdie tipe statistieke en propaganda maak mense ongelukkig en dit bring verdeeldheid. Uiteindelik maak dit mense verbitterd, haatdraend en rassisties. Hierdie tipe emosies veroorsaak siektes en uiteindelik gaan ons geestelike skade lei. Daar is nie ‘n manier dat ‘n kind van God die ewige lewe kan beërwe terwyl hy verbitterd teenoor ander bevolkingsgroepe is nie. Onvergewensgesindheid en verbitterdheid lei tot die ewige dood. Ons kan nooit hier verbykom nie.

Hoe hanteer ons hierdie probleme soos wat God van ons verwag? Ons kan ons nooit regverdig deur anders op te tree as wat Jesus Christus, die dissipels en ander Christene regdeur die geskiedenis opgetree het nie. Stefanus het die haatdraende Jode wat hom gestenig het vergewe terwyl hulle hom vermoor het. Ons mag en kan nooit haatdraend teenoor ander bevolkingsgroepe wees nie. Ons kan nooit verbitterd teenoor ander mense wees nie. Al klink dit hoe moeilik en al vat dit hoe baie van ons, ons moet hulle wat ons leed aandoen altyd vergewe. Ons het nie ‘n keuse nie.

As inwoners en burgers van Suid-Afrika behoort alle bevolkingsgroepe saam te staan teen misdaad in ons land. Ons as wit Suid-Afrikaners behoort saam met ander bevolkingsgroepe in ons land na oplossings soek. Ons is saam in hierdie ding. Inteendeel, die ander bevolkingsgroepe in ons land het ‘n groter probleem daarmee as ons. Ons is eintlik baie beter af as hulle.

Hoe moet ons die probleem aanspreek?

Ek het nie ‘n probleem daarmee as verskillende mense en verskillende groepe hierdie aangeleentheid adresseer nie. Ons moet die geweld en die misdaad in ons land aanspreek! Misdaad móét uitgeroei word! Die moorde op ons plase is absoluut onaanvaarbaar net soos die moorde in ons voorstede en in ons swart dorpe.

Ek het nie ‘n probleem daarmee as AfriForum, Steve Hofmeyr en ander die probleem probeer aanspreek nie. Ek het wel ‘n probleem met hoe hulle dit doen:

Hulle doen dit asof net die boere op ons plase of net wit Suid-Afrikaners geteiken word. Hulle doen dit as ‘n geïsoleerde “geviktimiseerde” groep mense sonder om hande te vat met ander groepe wat dieselfde probleme ondervind. Die manier hoe hierdie kwessie tans geadresseer word kweek haat, verbitterdheid, verdeeldheid en rassisme. Hulle doen dit sonder om die probleme wat ander bevolkingsgroepe met dieselfde euwel ervaar te erken.

Hulle bring ons kinders onder ‘n wanindruk. Plaasmoorde en ander moorde op witmense word gereeld in ons skole bespreek. Ons kinders is vas oortuig daarvan dat daar tans ‘n wit volksmoord (genocide) aan die gang is in ons land. Dit bring vrees en wantroue. Dit bring uiteindelik haat en verbittering. Dit alles terwyl daar in werklikheid nie eens sprake van ‘n volksmoord is nie. Die statistieke bewys dit.

Een van die probleme is dat internasionale gemeenskappe die statistieke en die propaganda van veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners sien. Dit mag, en ek glo het al besorgdheid by baie van hulle veroorsaak. Die probleem is dat as en wanneer hulle hierdie bewerings ondersoek hulle gaan vind dat dit nie die waarheid is nie. Byvoorbeeld, die bewering wat Sunette Bridges gemaak het (70 000 witmense vermoor deur swartmense vanaf 1994, wat baie naby aan volksmoord is) is eenvoudig nie die waarheid nie. Tog versprei mense steeds daagliks hierdie fiktiewe statistieke oor die internet. Wat gaan gebeur as ‘n internasionale organisasie vir die name en besonderhede van al hierdie mense vra om die bewerings te verifieer? Wat is die werklike boodskap wat Suid-Afrikaners uitdra? Wat sê dit van ons?

Ek is oortuig daarvan dat die metodes wat mense tans volg nie suksesvol kan wees nie. Dit is ook nie regverdig teenoor ons kinders nie. Ons maak van hulle mense wat ander bevolkingsgroepe haat en wantrou. Dit veroorsaak net nog meer probleme vir hulle.

As ons, as die burgers van een land, onder een God, saamstaan, hande vat en hierdie aangeleentheid saam aanspreek, dan kan ons en gaan ons sukses hê daarmee.

Oom Angus Buchan is op die regte pad. Hy volg eerstens die regte metode en dit is om God te nader vir die oplossing. As hy dit ook nog kan regkry om die mense van ons land te kry om saam te staan teen hierdie euwel, dan gaan ons wen.

Die werklikheid is nie dat Afrikaanssprekendes en die boere op die plase geviktimiseer word nie. Die werklikheid is dat ons almal swaar kry onder hierdie misdaad. Die werklikheid is dat ander bevolkingsgroepe nog swaarder gebuk gaan onder hierdie aanslag op ons samelewing as ons.

As die probleem nie reg geïdentifiseer word nie kan dit ook nie reg hanteer word nie. Dit is nie ‘n aanslag op die blanke bevolking van ons land nie. Dit is ‘n aanslag op die burgers van Suid-Afrika. As ons dit so insien gaan ons die regte besluite maak en die regte oplossings kry. So lank as wat AfriForum en Steve Hofmeyr dit ‘n “wit” probleem of ‘n “boere” probleem maak, so lank gaan ons met hierdie probleem sukkel en so lank gaan ons verdeeldheid saai. So lank as wat ons hulle ondersteun in hierdie aksies van hulle gaan ons verdeeldheid, haat, verbittering en onmin saai.

Hiermee ontken ons nie dat daar deur die jare rassistiese moorde gepleeg is nie. Daar was wit mense wat met die grootste genot wreed gemartel en vermink was. Dit het gebeur en sal seker weer gebeur. Dit gebeur onder alle bevolkingsgroepe regoor die wêreld. Suid-Afrikaners is geen uitsondering nie. Dit gebeur ook met swart Suid-Afrikaners.

My doel met hierdie skrywe is om ‘n meer gebalanseerde perspektief te gee met betrekking tot plaasmoorde. Ons moet ons kinders eerlik inlig. Hulle moet die waarheid weet. Hulle lewe onnodig in vrees. Dit gaan onmiddellik Suid Afrika ‘n beter plek maak vir hulle. Daar is genoeg ander dinge wat dit al klaar moeilik maak vir hulle. Hulle word bevooroordeeld wanneer hulle met ander bevolkingsgroepe in ons land te doen kry. Dit is nie regverdig teenoor hulle en ander bevolkingsgroepe nie. Die prentjie wat mense skilder met betrekking tot plaasmoorde is heeltemal uit perspektief geneem. Ons kinders verdien net die waarheid. Niks minder nie en niks meer nie.

Dit is wat News 24 onlangs hieroor geskryf het:

Almost 70 000 White People have been murdered by Blacks since 1994!” this is what activist Sunette Bridges Tweeted on Jan 13 2013.

This caused quite a remarkable online spat between Bridges and several other Tweeters, including Afrikaans singer Bouwer Bosch, who questioned her astonishing statistics.

If 70 000 whites were murdered by blacks since 1994, it could have indeed been close to a genocide. For a time period of 19 years such a figure leads to an astonishingly high number of 80/100 000 white people murdered by blacks people yearly. (10.6 whites per day!)

Bridges is but one of the dozens of people who have been distributing their own statistics and fear mongering, especially aimed at an International audience.

No wonder these armchair activists gets upset when their exaggerated statistics gets debunked.

A letter in the PE Herald confronted the issue of white “extermination” and concluded that no such thing exists, causing quite an outrage amongst extremists.

Bridges and others have published various articles in which they stated the number 70 000 (murdered since 1994), but since the twitter spat Bridges mysteriously edited that figure, without making a public apology or ever admitting she was wrong.

However, if you search the internet you will still find this figure of 70 000 being quoted everywhere. Bridges herself comments on a Rapport article on 30 December 2012, “Waarvan PRAAT jy? Is byna 70 000 blankes vermoor aan die hand van Swart mense ‘n mite?”

After many people tried to illustrate the flaws in the 10.6 whites murdered per day theory, Bridges and other “Death counters” suddenly started with more accurate research: In her recent blog posting, A year from Hell, Bridges now comes clean with a more accurate figure, and strangely enough, it does correspond with previous research done into “white murders”:

169 murders in 365 days.

If you do a quick calculation, you will discover that this brings the murder rate to 0.46 whites killed every day. This equates to 3.6/100 000 whites murdered per year.

A far cry from the 17/100 000 on the African Continent as a whole.

It is also less than the world average murder rate of 6.9/100 000.

It is almost similar to the rate of murder in Europe of 3.5/100 000 yearly. As clearly illustrated the issue of White Genocide does not have any merit.

Our whole country is a target, and we must find our collective voice and inclusive solutions.

Comparing this to the rate of murder in our Country which is currently around 31.8/100 000, one can clearly conclude what others have been saying.

By far the likeliest victims of murder in this country will be the black population. In fact, if you do the calculation, only slightly more than 1% of all murders in South Africa are “black on white murder”.

Take into account that the white population is 8.9% of the total South African population.

To conclude:

Whites are 8.9 times less likely to be murdered than black people in this country.

There is no way that a white genocide can be proven based on current statistics, and also the recent revelation that the 70 000 murdered since 1994, was a baseless rumour.

We have a serious problem in South Africa, and I believe that one murder is one murder too many. Our black population suffers much more than whites do.

If we stand together as South Africans, and stand up against this atrocious rate of murder against all our people, and not make it a “race exclusive” issue, we will be able to probably achieve more in combating crime.

– News 24

Kom ons kyk ‘n bietjie na die Verenigde Nasies se definisie van Volksmoord:

OFFICE OF THE UN SPECIAL ADVISER ON THE PREVENTION OF GENOCIDE (OSAPG) ANALYSIS FRAMEWORK.

Legal definition of genocide Genocide is defined in Article 2 of the Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide (1948) as “any of the following acts committed with intent to destroy, in whole or in part, a national, ethnical, racial or religious group, as such: killing members of the group; causing serious bodily or mental harm to members of the group; deliberately inflicting on the group conditions of life calculated to bring about its physical destruction in whole or in part; imposing measures intended to prevent births within the group; [and] forcibly transferring children of the group to another group.”

– United Nations (OSAPG)

Daar is riglyne wat mense soos byvoorbeeld Dr. Gregory H. Stanton, die president van “Genocide Watch”, Virginia, in die VSA neergelê het om Volksmoord te help identifiseer. Hierdie riglyne maak egter nie deel uit van die kriteria soos uiteengesit in die definisie van Volksmoord nie. Dit sluit faktore in soos rasseklassifikasie, simbolisme, diskriminasie, georganiseerde polarisasie en so meer. Hierdie faktore lê die fondasie of die basis vir Volksmoord maar dit lei nie noodwendig tot Volksmoord nie. Die bestaan van hierdie faktore bewys nie Volksmoord nie maar verskillende vlakke van rassediskriminasie.

Enige nasie wat daarop aanspraak maak dat hulle slagoffers van ‘n Volksmoord is sal moet kan bewys dat hulle uitgeroei word of verhoed word om voort te plant volgens die definisie van Volksmoord soos deur die Verenigde nasies uiteengesit.

Volgens die statistieke in hierdie artikel soos bevestig deur News 24, word daar gemiddeld 49 mense per dag in Suid-Afrika vermoor. In verhouding is 48.54 mense daarvan ander bevolkingsgroepe van ons land en 0.46 mense wit Suid-Afrikaners. Om dit beter te verstaan moet ons na die jaarlikse syfer kyk. Daar word gemiddeld 169 witmense per jaar vermoor teenoor 17,717 mense van ander bevolkingsgroepe. Hoe kan ‘n mens met hierdie statistieke ‘n Volksmoord regverdig? Hierdie syfers sluit plaasboere en mense van ons stedelike gebiede in.

AfriForum het self bekend gemaak dat hulle van minstens 316 plaasmoorde weet gedurende die vyfjaar periode tussen 2011 en 2016. Dit is 63 plaasmoorde per jaar wat ‘n baie lae persentasie is in vergelyking met die res van die wêreld. Hierdie syfers bevestig die statistieke in hierdie verslag aangehaal:

Ernst Roets, Deputy Executive CEO of AfriForum, explained that, according to the records of AfriForum and TAU SA, at least 316 farm murders regarding which the information can be verified were committed during the past five years. However, Phiyega maintains that, according to the SAPS, there were “only” 271 farm murders during the same period.

“Whether the police commissioner is being deliberately misleading, or whether the SAPS – through sheer negligence – is unable to release reliable figures on farm murders is not yet clear. That is why we have to find out the truth.”

AfriForum will specifically request the names of all the farmers who were murdered in the past five years according to the police — to determine which farm murders were not recorded by the police. The commissioner will also be requested to reveal the methods used by the police with regard to the gathering of statistics on farm murders.

– AfriForum

As die SAPD se statistieke reg is, is die statistieke nog laer, maar argumentshalwe het ons AfriForum se syfers aanvaar vir die berekening hierbo. Ons almal weet dat selfs net een moord ‘n baie tragiese gebeurtenis is. As ons kan wil ons graag geen moorde in ons land hê nie. Dit gaan egter nie gebeur terwyl ons hierdie aarde bewoon nie.

Hoekom bring ons hierdie feite onder u aandag en hoekom wil ons die plaasmoorde propaganda aan die kaak stel? Eerstens is dit nie die waarheid nie. Tweedens veroorsaak ons dat ons kinders en ons oumense in vrees lewe terwyl dit heeltemal onnodig is. Ons doen hulle ‘n groot onreg aan met die plaasmoorde propaganda. Dit veroorsaak vrees, verbittering en haat teenoor ander bevolkingsgroepe. Die kool is beslis nie die sous werd nie. Ons baat bitter min uit die propaganda en ons verloor vreeslik baie as gevolg daarvan.

Ja, daar is ‘n baie hoë misdaad syfer in ons land. Nee, ons hoef nie in die paniek en vrees te verkeer wat ons tans veroorsaak nie.

Lees ook my inskrywing getiteld, “Werklike Rede Agter Plaasmoorde Veldtog“. Die werklike rede vir hierdie veldtog het waarskynlik niks met misdaad te doen nie. Gevoeg hierby is daar ‘n groot kommer dat die plaasmoorde veldtog die teenoorgestelde effek kan veroorsaak. Lees die skrywe getiteld, Plaasmoorde Optogte Ongewenste Uitwerking?

Terug na die Tuis bladsy

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment