Is die Bybel werklik die woord van God?

Om hierdie vraag te beantwoord wil ek baie kortliks die ewigheid doel van God met betrekking tot sy woord behandel:

Johannes 1:1-14

Die vleeswording van die Woord.

1 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

2 Hy was in die begin by God.

3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.

4 In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6 Daar was ’n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.

7 Hy het tot ’n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.

10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

11 Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.

12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ’n man nie, maar uit God gebore is.

14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

Jesus Christus is die ware Woord van God wat Vader vir die mensdom gestuur het. Hy het nie net gekom om ons te verlos nie maar ook om aan ons te verklaar en te openbaar wie die Vader is.

Matt 24:35

Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My woorde sal nooit verbygaan nie.

Lukas 24:44

En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.

Joh 3:33-34

Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is. Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.

Joh 5:47

En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle My woorde glo?

Joh 6:63

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Joh 6:68

En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.

Joh 8:47

Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.

Joh 12:48-50

Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag. Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My ’n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek. En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek — net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.

Joh 14:10

Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Joh 15:7

As julle in My bly en My woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.

Joh 17:7-8

Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom. Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.

Matt 4:4

Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

As ons hierdie vers gedeeltes lees kan ons ‘n paar baie belangrike feite aangaande God se woord verstaan:

Eerstens kan ons sien dat Jesus Christus self die Woord van God is.

Dan sien ons ook dat dit wat Jesus Christus kom sê het baie belangrik was. Hy het die woorde van God kom spreek.

Jesus verwys self na die Ou Testamentiese skrifte as die geskrifte van God in Joh 5:47. Hy het ook baie keer hierdie geskrifte gekwoteer. Ook sê Jesus in Luk 24:44 dat alles wat oor Hom geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms (Ou Testament), vervul moet word. Hy plaas dus self in beide hierdie Skrifgedeeltes die outentisiteit van God op die Ou Testamentiese geskrifte.

Hy het na sy eie woorde verwys as gees en lewe. Dit het ‘n spesiale kwaliteit wat geen ander woorde het nie.

Die woord sal nooit verbygaan nie. Dit is ‘n ewige woord. Die hemel en aarde sal verbygaan maar nie die woord van God nie.

Ons sien ook dat die woord met voedsel vergelyk word. Ons kan nie daarsonder lewe nie. Die mens sal nie van brood alleen lewe nie maar van elke woord wat God gesê het.

Jesus sê dat hierdie woorde in ons moet bly as ons wil vra net wat ons wil. Hierdie woorde moet aan alle geslagte geleer word.

Uit die aard van die saak kan ons baie duidelik sien dat die woord van God baie belangrik is. Dit moes tot die mens kom en dit moes die waaragtige woord van God wees.

God die Vader het dus twee baie belangrike missies deur Jesus uitgevoer wat twee dinge tot gevolg gehad het:

  • Hy het die mens kom red en kom verlos van ‘n ewige verderf.

  • Hy het die woord van God aan die mens kom bekend maak wat die basis van sy geloof sou word.

Rom. 10:17

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Sonder die onvervalste woord van God in ons lewens sou ons nooit die wil van God kon uitvoer nie. Ons moet die waarheid ken sodat dit ons vry kan maak. Die woord moes waar wees en dit moes beskikbaar wees. Daarom het God deur die Heilige Gees mense geïnspireer om sy woord op skrif te sit.

2 Tim 3:16-17

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Jesus het reeds persoonlik die Ou Testament wat hulle op daardie stadium gebruik het as outentiek verklaar. Hier erken en bevestig God deur Heilige Gees inspirasie dat die hele skrif deur God ingegee is.

Hy sê dat dit so korrek is dat dit nuttig is tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing en tot onderwysing. God het dus ‘n vertroue in sy woord en is baie tevrede daarmee.

Hy sê dat dit so korrek is en so kragtig is dat dit die mens volkome kan toerus en die mens volkome kan maak.

2 Petrus 1:21

want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

Hier sien ons dat die Heilige Gees deur die eeue heen die mens geïnspireer het selfs met profesieë, net soos met die skryf van die woord. Dit is vir God dieselfde ding. Dit bly die woord van God wat deur Heilige Gees inspirasie geskryf word of uitgespreek word. Let op die woord “geen” in bogenoemde versie.

Die waarheid oor die woord van God staan onteenseglik vas:

God het dit gespreek en God het dit deur sy heilige mense geskryf.

NA WATTER “SKRIF” VERWYS GOD?

Uit bogenoemde Skrifgedeeltes kan ons sien dat God vol vertroue met betrekking tot sy woord is. Hy verwys natuurlik hier na die oorspronklike manuskripte wat deur sy heilige mense geskryf is. Hierdie geskrifte bestaan natuurlik nie meer vandag nie omdat dit met die tyd so verslete geraak het dat dit letterlik gedesintegreer het. God doen egter nie halwe werk nie en Hy het geweet dat die Skrif oor en oor sou moes gekopieer word (met die hand geskryf) tot meer permanente hulpmiddels beskikbaar gemaak sou word wat hierdie tipe kopiëring iets van die verlede sou maak. Die skrif sou dan suksesvol bewaar kon word tot aan die einde van tyd as dit nodig sou wees. Om dit te doen moes Hy duisende mense inspireer om hierdie taak getrou te doen. Deur die jare is letterlik duisende kopieë van die oorspronklike geskrifte gemaak met so min afwykings dat dit nie eens genoem hoef te word nie. Omdat daar so baie kopieë gemaak is het dit bygedra om die oorspronklike geskrifte letterlik foutloos te bewaar. So baie geskrifte kon deur die jare met mekaar vergelyk word dat dit redelik maklik was om die afwykings te identifiseer as afwykings. Die koring kon maklik van die kaf geskei word. Vandaar die “Majority text” konsep. Hierdie konsep het die ware woord van God se voortbestaan verseker.

Wat vorm die basis van hierdie konsep? Eerstens was daar baie min foute gemaak. Tweedens het die mense die foute op verskillende plekke gemaak. Laastens, toe hierdie duisende geskrifte met mekaar vergelyk is, kon die “Majority text”, of soos dit algemeen bekend staan, die “Textus Receptus”, foutloos opgestel word. Hierdie teks het die ware of outentieke geskrif geword wat deur die jare deur Bybel vertalers gebruik is.

Dit was nie ‘n maklike taak nie maar God het dit suksesvol afgehandel. Om die Skrif aan die mensdom beskikbaar te maak is tog deel van die verlossingsplan van God. Hoe sou Hy daarin faal? Ons het reeds die belangrikheid van die woord van God gesien hier bo. Hy is dan die Almagtige God van Hemel en aarde. Niks is vir Hom onmoontlik nie en niks kan in sy pad staan nie. Hy was ‘n God op ‘n missie en Hy het sy missie deur sy Seun Jesus Christus suksesvol uitgevoer.

Lees hierdie baie interessante gesig wat Lana Vawser onlangs gesien het:

Recently as I sat with the Lord, I heard the Lord ask a question. “Can you smell the smell of fresh bread?” Instantly I had a vision of a HUGE room with HUGE baking ovens and I saw Jesus and the angelic hosts pulling out fresh, huge, hot bread out of the ovens.

The smell was SO fresh, the smell SO inviting, the smell SO full of life. The word “FRESH” just reverberated through my spirit. There was SUCH invitation in the atmosphere and invitation to come into the place of FRESH BREAD.

Matthew 4:4 burned in my spirit “Man does not live by bread alone but by every word that flows from the mouth of God.”

Bread alone will not satisfy, but true life is found in every word which constantly goes forth from God’s mouth.” – Matthew 4:4 (The Passion Translation)

This is such an incredible season right now to receive the revelation of His heart, deeper revelation of His Word and hear the voice of God. The Lord is bringing His people into a deeper dependence and hunger to live completely, focused, wholeheartedly upon what He says, the revelation He releases and not what any other voice or circumstance speaks. The Lord is bringing the people of God to such a higher place of insight, revelation, wisdom and clarity. To live in a deeper place of the revelation of the Word and revelation of His Word. The Lord is working deeply within His people to SHIFT and CONCRETE reality. There is a deep fire the Lord is igniting and increasing, that His people do not live by what is seen or told in the natural world but by every Word that flows from His mouth. A fire within their hearts and fire in their bellies, a deep resolve, conviction and fortification to live in the TRUE REALITY and the reality is living in the WORD, PERSPECTIVE and TRUTH of Scripture and what He speaks over every circumstance and situation.

The vision continued, and I saw many in the body of Christ feasting on yesterday’s bread. The way it was, what God HAD said. I saw the eyes of Jesus roaming the earth, looking for those who would PURSUE the FRESH BREAD. Those who would intentionally position themselves to receive the FRESH BREAD of revelation He is releasing.

I felt so strongly that God is changing the subject. There was such an incredible, beautiful sense that surrounded me that God was changing subjects, but I saw different situations and circumstances causing people to run back to yesterday’s bread. A lack of understanding, a lack of circumstances matching up with what God HAD said, disappointment, disillusionment, fear, doubt, weariness. I saw many “hung up” on what DIDN’T turn out or happen the way they thought or the way they thought God had said it would, and it was keeping many away from the place of receiving the fresh bread that He was wanting to release to them now.

I saw many feasting upon this bread that was dry, mouldy, crumbly and they were attempting to still feast upon this bread, and I heard the Holy Spirit say “The revelation that they are feasting upon is for another season. Because of fear, disappointment and unanswered questions, they are attempting to bring the old, dry, mouldy bread into today, but it is no longer for today, I have NEW BREAD for today. I am calling My people to live in a place of FRESHNESS. I am calling My people to leave behind the unanswered questions, and praise Me, and know that I am good, and IN THE RELEASE and RECEIVING of the FRESH BREAD, healing, peace and a settledness will come. Fear is keeping many bound on yesterday’s bread, but I have FRESH BREAD of revelation and what I am speaking, that is going to release greater life and increase in the life of My people.”

STEWARDING THE BREAD

I felt the Lord is not only inviting us into a deeper place of fresh revelation of what He is speaking and His Word (hence the enemy is attempting to keep many from that place) but the Lord is teaching His people in greater ways the stewardship of the bread. How to stay in a place of hearing, seeing and discerning the fresh Word spoken from the Lord and not feast upon yesterday’s bread. To DAILY be positioned to hear and see, to feast and live upon every Word, He speaks!

When I heard the Lord say “Can you smell the smell of fresh bread?” – it was a question of discernment. “Can you smell the increase of revelation of who I am, My Word and revelation I am releasing?” and the sense surrounded me strongly that you SMELL draws and awakens hunger.

As we dive deeper into His presence and SMELL the invitation He is releasing and SMELL the fresh revelation He is wanting to release it is going to INCREASE HUNGER. Hunger to live in the PURITY of living upon HIS WORD alone. Feasting not upon anything else but what He says.

There is a radical increase of HUNGER to hear from the Lord, His Word and what He is SPEAKING, to hear the voice of God that is being released in the body of Christ as we SMELL the invitation to receive the FRESH BREAD of REVELATION He is releasing.

Accepting the invitation of His heart will see you feast on LOAVES OF THE FRESH BREAD OF REVELATION of who Jesus is, His Word and what He is saying, BIGGER than you have feasted on before. These loaves were HUGE.

KEY POSITION

The key way to position yourself to hear is opening the Word of God. Approaching the Word of God with expectation that you are about to feast knowing that the Lord has FRESH REVELATION from the Word that is going to be released to given to you.

I talked this prophetic word over with a friend, and he saw the STEAM OF THE SPIRIT upon the Scriptures. The freshness of the revelation of the Word, waiting for you to receive and eat. Oh the joy, the filling, the hunger that shall increase within you. Many of you will be left in awe and wonder of the JOY in the revelation of the Word that He is going to release to you. SO FRESH, the more you eat, the more you feast, the more ravenously hungry you shall become and the revelation that the Word of God is ALIVE and POWERFUL (Hebrews 4:12) will BURN in you and through you and in the FEASTING upon the FRESH BREAD He has for you, I see MANY shackles of the heart, mind and soul suddenly FALLING OFF as the lies, strongholds and things that have kept you in captivity come face to face with the Word of God and cannot STAND and have ROOT any longer.

For the word of God is living and active, sharper than any two-edged sword, piercing to the division of soul and of spirit, of joints and of marrow, and discerning the thoughts and intentions of the heart.” – Hebrews 4:12 (ESV)

The hungry SHALL be fed! Let us be people who live DAILY in the reality of Matthew 4:4 and feast on the FRESH bread of heaven.

I am the Bread of Life. Come every day to Me and you will never be hungry. Believe in me and you will never be thirsty.” – John 6:35 (The Passion Translation)

– Lana Vawser

HOE WORD DIE WOORD VAN GOD VERDRAAI EN AFGEWATER?

Nou waar lê die probleem dan met betrekking tot die outentisiteit van die woord van God? Ek hoor so baie waarskuwings en ek weet nie meer of ek die Bybel kan glo nie. Ek weet nie meer watter Bybel reg is nie. As God dan sy woord korrek beskikbaar gemaak het aan die mensdom, hoekom al die agterdog?

Hierdie aanval op die woord van God vind grotendeels op twee maniere plaas:

  • Deur die woord van God te verdraai tydens vertaling. Sodoende word hierdie verdraaide en korrupte kopieë van die Bybel aan niksvermoedende kinders van God beskikbaar gemaak.

  • Deur die kind van God agterdogtig te maak met betrekking tot die outentisiteit van die ware woord van God. Bybels wat korrek vertaal is word voortdurend aangeval en allerhande pogings word aangewend om die outentisiteit daarvan te bevraagteken.

Die een span probeer deur middel van korrupte vertalings die ware Skrif so te verdraai dat dit geen impak meer het nie. Die ander groep probeer dat kinders van God die outentieke Bybels verruil vir die korrupte afgewaterde vervalsings.

‘n Groot skuiwergat is die spreekwoordelike wortel wat Bybel vertalers baie keer voor ons neuse rondswaai: “Wil julle nie die Bybel graag in maklike verstaanbare Afrikaans hê wat jou bybelstudie ondervinding baie gaan vergemaklik nie?” Dieselfde word ons Engelse broers en susters gevra. So vind dit dan ook reg oor die wêreld plaas. Wanneer ons opgewonde bevestigend antwoord maak ons die deur oop vir ‘n magdom foute om tydens die vertaling in te sluip. Nie net word hierdie keer verkeerde grondtekste gebruik vir die vertaling van die Bybel nie maar die ware betekenis van die woord van God word slinks deur middel van vrye vertaling verdraai. Hoekom doen die Bybel vertalers dit? Baie van hulle is ongeredde mense. Baie van hulle is heeltemal onkundig wanneer dit by die korrekte vertaling van die Bybel kom. Baie is moedswillig besig om God se woord te verdraai.

Dit is ook hoekom ‘n persoon verkondig dat Jesus Christus in ‘n visioen aan haar verskyn het en haar meegedeel het dat die enigste outentieke Bybel in die Hemel is. Hier op aarde bestaan nie soiets nie. Hierdie stelling is egter op persoonlike visioene gebou en nie op die woord van God nie. Hoekom sê ek so? Want hierdie stelling is nie Skriftuurlik nie. Die woord is baie duidelik oor die feit dat die hele Skrif deur God ingegee is en dat dit nuttig tot onderwysing, lering en teregwysing is. Dit laat ‘n mens wonder hoe outentiek die visioen was of ten minste die interpretasie daarvan was, as dit wel gebeur het.

Gelukkig het God al hierdie slinkse planne van die duiwel en listige mense van die begin af geken en kan ek met vrymoedigheid vandag vir jou sê dat jy nooit hoef te vrees dat die ware outentieke woord van God ooit van jou weggevat sal kan word nie. Dit bestaan en dit is hier om te bly!

Bogenoemde was ‘n kort uittreksel uit die boek, “Is Ons Bybels Korrek?”. Dit kan nou op die skakel hier onder aangekoop word:

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment