Ons Missie

Go to the bottom of this page to find out more about our church planting strategies.

Die Suid-Afrikaanse huiskerke fasilitering inisiatief is in die lewe geroep om die ware Bybel gefundeerde huiskerk gemeente, soos wat dit in die Nuwe Testament gefunksioneer het, aan die Suid-Afrikaanse Christelike gemeenskap bekend te stel en te promoveer.

Ons funksioneer basies as volg:

Ons plant huiskerke regoor Suid-Afrika waar mense belangstelling toon.

Die webblad en hulpmiddels is daar om mense te help om hulleself toe te rus om die huiskerk gemeente beginsels self te gaan toepas. ’n Huiskerk gemeente planting hulpmiddel, “Die Huiskerk gemeente planting strategie” is gratis beskikbaar op die “Hulpmiddels” bladsy. Hierdie strategiese hulpmiddel maak dit eenvoudig net baie makliker vir mense om self huiskerk gemeentes te plant en in stand te hou.

Ons doel is om mense deur middel van die hulpmiddels op die webblad te leer hoe om as priesters en konings van God in sy koninkryk te funksioneer. Mense word onderrig in Christus en leer om as volwasse seuns van God die “almal deelnemende” en “almal funksionerende” aard van die ware Nuwe-Testamentiese kerk uit te leef in die Ekklesia, die gemeente van God.

Ons beveel huiskerk gemeente planters sterk aan om al die hulpmiddels deeglik deur te werk voordat hulle gemeentes plant.

Ons vra huiskerk gemeentes om hulle gemeentes by die Suid-Afrikaanse Huiskerke te registreer sodat ons hulle besonderhede aan voornemende lidmate kan gee wat ’n gemeente in hulle omgewing soek. 

Mense wat belangstel om ’n lidmaat by ’n huiskerk gemeente te word, kontak ons sodat ons die databasis kan nagaan vir gemeentes in jou area.

Baie belangrik! Huis gemeente planting advies vir Suid-Afrikaanse huiskerke

Neem asseblief kennis dat die Suid-Afrikaanse Christen gemeenskap nogal baie tradisievas is. Dit is baie belangrik dat die huis gemeente korrek geplant word en dat die mense die oorgang fase sonder te veel ontwrigting moet ervaar. Gee asseblief aandag aan die volgende punte van belang:

  1. Daar moet steeds, van die begin af, een keer per week bemoedigings en lering preke wees. Dit bemoedig die gemeentelede en die gemeente word ook in Christus onderrig. Dit is in elk geval hoe die vyfvoudige bedienaars in huiskerke ook funksioneer. Moet egter, van die begin af, nie wegskram van die almal funksionerende en almal deelnemende aard van huiskerke nie. Dit bly steeds die belangrikste byeenkoms van die huiskerk gemeente. Gemeentelede moet van die begin af in die gawes van die Gees onderrig word.

  2. Hierdie is dan ook die groot rede hoekom die gemeente nie sonder die weeklikse prediking kan klaar kom nie. Soos ons weet is die gawes van die Gees nooit in die institusionele kerk ontwikkel nie. Daar is dus ‘n baie groot leemte wanneer die huiskerk gemeente tydens die eerste jaar of twee bymekaar kom. Die leemte in hierdie area word darem tydens die weeklikse prediking aangevul. Ons ervaring is dat wanneer huiskerk planters net op die almal deelnemende faset van die gemeente byeenkomste fokus, maar nie op prediking nie, dan begin kinders van die Here moed verloor. Deels omdat die gemeente lede nog nie op dreef is met betrekking tot die Heilige Gees gawes nie en deels omdat God die vyfvoudige bedienaars vir ‘n baie goeie rede gegee het om die gemeentes te leer en te bemoedig.

  3. Hierdie strategie moet gevolg word totdat die Heilige Gees anders lei. Die Heilige Gees sal prediking en lering net sporadies staak omdat dit eintlik maar deel van die huiskerk struktuur is en bly.

Church planting strategies!

  1. Plant new churches the Biblical way: The five-fold ministry go out two-two and they plant New-Testament churches from scratch. They find a man of peace and they plant a new congregation in his house. Read more about this method here.
  2. Plant new churches through modern teaching and equipping: Gather people in a School-hall or similar venue. Hold two services on Sundays to teach people the proper way of planting house churches. After thorough teaching (about a year) on planting and maintaining proper Biblical house churches, start cell groups. After proper equipping and training for approximately one year, convert the cell groups (now one year old), into full-fledged house churches. Never stop your weekly services in the School-hall because you need to train and equip new members on a continuous basis.
  3. Convert old institutional churches into New-Testament house churches: Traditional full-time pastors to adopt the strategy discussed in point 2 above. Read more about this method here.

Terug na die Tuis bladsy

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye 

Leave a Comment