Vals Leerstellings in die Christendom

Die Sabbat, die Joodse Besnydenis, Die Joodse Feeste, die weerhouding van sekere vleis

Het jy ooit te doen gehad met iemand wat jou probeer oortuig dat die Sabbatdag van die Jode ook deur Christene gehou moet word?

Moes jy ook eindelose argumente aanhoor oor hoekom ons steeds die Sabbatdag moet hou, en sommige van hulle stel voor dat dit nie op ‘n Saterdag nie maar op ‘n Sondag gehou moet word?

Ek vertaan dat daar mense is wat regtig die wil van God wil doen en regtig nie ongehoorsaam wil wees nie maar net deurmekaar is oor hierdie goed. Daar is egter ook mense wat of net nie die waarheid kan insien nie of deur ander mense en kerke verlei is om ’n leuen te glo.

Wel, die Bybel is baie duidelik daaroor dat die argumente wat mense maak aangaande Joodse leerstellings, gebruike en rituele in die Christelike kerk, om hulle leerstellings te bewys, nie waar is nie.

Sit maar net vir Paulus aan die woord en hy sal hulle sommer gou op hulle plek sit (jammer maar dit is nodig)(Paulus noem mense wat hierdie Joodse fabels verkondig vals profete en vals apostels asook mense wat hulle besig hou met drogredes, en wysbegeerte en nietige misleiding, oorlewering van mense, en die eerste beginsels van die wereld).

Paulus het baie probleme met valse profete en valse apostels gehad wat voortdurend besig was om die jong Christen kerk en jong Christene te probeer oortuig om sekere Joodse rituele en wette te gehoorsaam. Hierdie wette en rituele was hoofsaaklik die volgende:

Die Joodse besnydenis.

Die hou van die Sabbat.

Die viering van Joodse feeste.

Die Joodse gebod om nie sekere verbode of onrein vleis te eet nie.

Paulus het op verskeie plekke in sy sendbriewe sy Christen broeders en sisters gewaarsku teen hierdie valse profete want die gevaar wat dit inhou, is om hulle weer aan die wet gebonde te maak en sodoende hulle vryheid in Christus weg te neem. Ons kan nie die wet onderhou en Christus volg gelyk nie.

Wel, Paulus noem hierdie valse oortuigings en redenasies in Kollosense 2 drogredes (vers 4) en wysbegeerte en nietige misleiding, oorlewering van mense, en die eerste beginsels van die wêreld (vers 8).

Hy het bevestig dat hierdie goed vals is en vervang is met die volheid van die Godheid in Christus (vers 9 en 10).

KOLOSSENSE 2

1. WANT ek wil hê dat julle moet weet wat ‘n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,

2. dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,

3. in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.

4. DIT sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.

5. Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.

6. Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,

7. gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.

8. Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

9. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;

10. en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;

11. in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,

12. omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.

13. En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,

14. en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,

15. nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

16. Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie,

17.wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.

18.Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,

19. en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.

20. As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge

21. soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —

22. almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan — volgens die gebooie en leringe van mense,

23. wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

In Kollosense 2 het Paulus al 4 hierdie goed bespreek. Hy noem al 4 hierdie Joodse wette in hierdie gedeelte. Niemand kan een van hulle wegneem sonder om die ander 3 ook weg te neem nie. Die meeste mense aanvaar dat die besnydenis en die Joodse feeste en die eet van vark en ander diere nie gehou hoef te word nie maar die Sabbat wel. Ander voel dat die Sabbat en die Joodse feeste gehou moet word maar die ander 2 wette, die besnydenis en die verbod van sekere vleis nie. Nog ander voel dat die verbod van die eet van onrein vleis ook gehou moet word en daar is selfs mense wat die besnydenis ook in die Christen kerk wil instel en van Paulus se tyd af al wou instel.

Paulus is egter baie duidelik dat nie een van die 4 wette gehou moet word nie.

Dit is ook baie duidelik dat Jesus Christus en die apostels nie een van hiedie wette in die Nuwe Tesatament ingestel het nie. Ons lees nie in die Bybel dat Jesus of die apostels beveel het dat die Sabbat gehou moet word nie, dat die Joodse feeste gehou moet word nie, dat sekere vleis nie geëet mag word nie en dat Christene besny moet word nie.

Inteendeel, die besnydenis is baie duidelik verbied in die Christen kerk deur die apostels en Jesus het baie duidelik gese dat nie wat ons eet ons onrein maak nie maar wat ons in ons harte “bedink” ons onrein maak. En dan bevestig Paulus baie duidelik in Kollosense 2:16-18 dat ook die ander 2 wette, naamlik die hou van die Sabbat en ook die Joodse feeste nie gevier moet word nie.

Oor die eet van alle voedsel:

Markus 7:14-23

14 En Hy het die hele skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister almal na My en verstaan.

15 Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat hom onrein kan maak nie; maar die dinge wat van hom uitgaan, dít is die dinge wat die mens onrein maak.

16 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor!

17 En toe Hy van die skare af in ‘n huis gekom het, vra sy dissipels Hom oor die gelykenis.

18 En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,

19 omdat dit nie ingaan in sy hart nie, maar in die maag, en dit gaan in die heimlikheid uit en maak al die voedsel rein?

20 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.

21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,

22 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.

23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.

Oor die besnydenis:

Galasiers 5: 1-12

1 STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

5 Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

6 Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.

7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?

8 Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.

9 ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.

10 Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.

11 Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!

12 Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!

Oor die Sabbat en Joodse feeste:

Galasiers 4: 9-11

9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien?

10 Julle neem dae en maande en tye en jare waar.

11 Ek vrees vir julle dat ek miskien tevergeefs aan julle gearbei het.

Oor al vier bogenoemde Joodse wette:

In een asem, in Kollosense, word al 4 hierdie Joodse wette deur Paulus afgeskiet en bevestig hy dat Christene nie die Joodse Sabbat moet hou nie, nie die Joodse feeste moet vier nie, nie besny moet word nie en hulle nie hoef te weerhou van die eet van sekere “onrein” vleis nie.

As enige een van hierdie 4 wette God se wil was om ook deur die kerk gehou te word sou Hy in die Nuwe Testament ‘n bevel gegee het om hierdie wette te hou. Daar bestaan nie so ’n bevel in die Nuwe Testament vir enige van hierdie 4 Joodse wette nie. Inteendeel, daar bestaan bevele deur of Jesus of deur die apostels of albei om nie hierdie wette te hou nie.

Die Bybel noem net terloops dat Christene outomaties aangehou het om op die eerste dag van die week bymekaar te kom om brood te breek, maar, die eerste dag van die week is nie in die Bybel as ‘n heilige dag bestempel wat deur die kerk gehou moet word soos wat die Sabbat dag deur die Jode gehou moes word nie.

Hoekom is daar nie n spesiale heilige dag vir die Christene ingestel nie? Hoekom is daar nie ’n heilige gebou vir die Christene ingestel soos wat die tempel vir die Jode was nie. Natuurlik omdat alles, al die Ou Testamentiese skadubeelde, in Christus vervul is. Christus is die ware tempel en Christus is ons rus of ons Sabbat en die evangelie van Christus is die Sabbatsrus van God (meer hieroor aan die einde van die joernaal inskrywing).

Kollosense 2:16

9. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik.

Kollosense 2:20-23

20. As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge

21. soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —

22. almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan — volgens die gebooie en leringe van mense,

23. wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

Moenie vergeet nie, wanneer enigiemand jou probeer oortuig om hierdie 4 Joodse wette te onderhou, dan is daardie persoon besig met drogredes, en wysbegeerte en nietige misleiding, oorlewering van mense, en die eerste beginsels van die wêreld.

Maak nie saak wat hulle redenasies is nie, veral dat van hierdie wette al voor die die tyd van die Joodse volk ingestel is, in Genesis byvoorbeeld (die Sabbat), of dat die Joodse feeste eintlik nie die Joodse feeste was nie maar God se feeste, of dat varkvleis en aasvoëls eintlik baie ongesond is en daarom deur God ingestel is om nie geëet te word nie of wat ookal.

Paulus noem dit drogredes (bedrieglike redenasies), wysbegeerte en nietige misleiding, oorlewering van mense, en die eerste beginsels van die wêreld. Hy noem ook dat nie een van hierdie Joods wette enige doel dien of waarde het in die kerk nie. Hy noem dit ‘n eiesinnige godsdiens en dat dit net strek tot die versadiging van die vlees, so dit het geen geestelike waarde nie.

Mense mag dalk vra dat hoe kan Paulus na die hou van die Sabbat verwys as oorlewering van mense as God dit dan ingestel het? Wel as God dit nie ingestel het in die Christen kerk nie maar mense verkondig en leer en oortuig mekaar dat dit gehou moet word deur Christene dan is die hou van die Sabbat in die Christendom oorlewering van mense.

My aanbeveling aan mense wat hulle besig hou met allerhande redes en vals leerstellings oor hierdie 4 Ou Testamentiese instellings, is, lees Kollosense 2 en Hebreërs 4. Lees dit stadig en biddend. Vra God om jou te help om hierdie Skrifgedeeltes te vertsaan, en as jy dit klaar gelees het, besef dan dat jy nou geen verskoning meer het om enigsins verder hierdie pad te loop nie. As jy verder hierdie pad gaan loop dan is jy besig met drogredes, en wysbegeerte en nietige misleiding, oorlewering van mense, en die eerste beginsels van die wêreld.

Dit is niks anders as valste leerstellings van duiwels nie. Paulus het baie ernstig gewaarsku teen valse profete en valse apostels wat die waarheid verdraai en leerstellings van duiwels verkondig.

As jy die Sabbatdag dan wil hou, hou dit dan maar moenie ander mense oortuig om dieselfde te doen nie.

In die hele Bybel, is die Christendom die enigste groep mense wat nie ‘n opdrag gekry het om die Sabbat te onderhou nie.  Net Ou Testamentiese mense het die opdrag gekry en daarby net (een) groep mense: Die Vaders van die Israeliete of Jode (Genesis 2:1-3) en die Israeliete self (Eksodus 20:10). So die Joodse aartsvaders (toe nog nie Jode of Israeliete genoem nie) en die Israeliete of Jode, wat eers later bekend geword het as Israeliete of Jode het hierdie gebod by God gekry. Abraham, wat die vader was van die Jode (verteenwoordigend van die aartsdaders), het hierdie gebod gehou voor Israel ’n volk geword het maar tog was dit een en dieselfde groep mense of dieselfde volk. Israel was direkte afstammelinge van die aartsvaders wat ook hierdie gebod van God af ontvang het.

Die Christene het nie hierdie opdrag gekry nie omdat die Sabbat ‘n skadubeeld van Christus was.  As die Sabbat ‘n skadubeeld was soos wat Paulus in Kollosense 2:16-17 bevestig, dan beteken dit 2 dinge: Eerstens dat net soos  al die ander skadubeelde opgehou het, so het ook die Sabbat as skadubeeld opgehou en tweedens dat die skadubeelde opgehou het omdat die werklike gekom het. Wel die werklike het gekom en die Bybel bevestig dit.

Ons lees in Hebrees 4:1-11 dat Christus die werklike Sabbatsrus is waarin die kinders van God ingaan. Christus se kruisdood het dus n ewige rus moontlik gemaak vir die wat geglo het. Die Jode moes die Sabbat onderhou maar tog het hulle nie die Sabbatsrus ontvang of ingegaan nie. Jesus het belowe dat hulle nie sy rus sou ingaan nie omdat hulle nie geglo het nie. Die skadubeelde het dus opgehou omdat die werklike gekom het. Ons lees dieselfde van die besnydenis en ook van die Joodse feeste.

Lees in Hebreërs 1-11 hoe Jesus Christus en die evangelie van Christus die Ou Testamentiese Sabbat vervang het en ook wanneer dit vevang is:

Hebrrees 4:1-11

1 LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.

2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie — alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,

7 bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

8 Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie.

9 Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

Vers 8 bevestig dat Joshua van die werklike Sabbatsrus gespreek het wat sou kom en Paulus koppel dit met die evangelie in vers 2 en 3. Dit beteken dat Jesus aan die kruis die werklike Sabbat geword het en vervul het. Hierdie Sabbatsrus kan net ingegaan word deur in Jesus te glo en om Hom te volg. Jesus het die Sabbat vervang. Hy is nie net die Here van die Sabbat nie, Hy is die Sabbat en dus is die evangelie van Christus die Sabbatsrus van die kerk.

Toe Maria Magdalena Jesus Christus by die graf ontmoet het net nadat Hy opgestaan het, het sy die eerste kind van God geword wat weergebore is uit of deur die Gees van God en ook die eerste mens geword wat in die ewige Sabbatsrus ingegaan het. Dit beteken redelik baie. Die eerste is dat sy die eerste mens geword wat nie meer hoef te gewerk het vir saligheid nie deur die wet te onderhou nie. Daar is nog ander redes wat hier onder besopereek word. Die wonderlike werklikheid is dat Paulus se stelling dat al die skadubeelde deur Christus tot vervulling gebring is, is waar is vir die Sabbat ook.

Vers 7 bepaal bepaal presies wanneer die werklike Sabbat sou wees vir elke mens naamlik Dit is vandag“, “Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie”. Dit beteken elke kind van God gaan onmiddelik in ‘n Nuwe Testamentiese Sabbatsrus in die oomblik dat hulle Jesus aanneem as hulle Verlosser en Hom volg.

Wat is die Sabbatsrus werklik?

Die belangrkiste het ek reeds genoem maar ek los hier onder ‘n aanhaling wat dit so mooi beskryf:

The key to understanding how Jesus is our Sabbath rest is the Hebrew word sabat, which means “to rest or stop or cease from work.” The origin of the Sabbath goes back to Creation. After creating the heavens and the earth in six days, God “rested on the seventh day from all His work which He had made” (Genesis 2:2). This doesn’t mean that God was tired and needed a rest. We know that God is omnipotent, literally “all-powerful.” He has all the power in the universe, He never tires, and His most arduous expenditure of energy does not diminish His power one bit. So, what does it mean that God rested on the seventh day? Simply that He stopped what He was doing. He ceased His labors. This is important in understanding the establishment of the Sabbath day and the role of Christ as our Sabbath rest.

God used the example of His resting on the seventh day of Creation to establish the principle of the Sabbath day rest for His people. In Exodus 20:8-11 and Deuteronomy 5:12-15, God gave the Israelites the fourth of His Ten Commandments. They were to “remember” the Sabbath day and “keep it holy.” One day out of every seven, they were to rest from their labors and give the same day of rest to their servants and animals. This was not just a physical rest, but a cessation of laboring. Whatever work they were engaged in was to stop for a full day each week. (Please read our other articles on the Sabbath day, Saturday vs. Sunday and Sabbath keeping to explore this issue further.) The Sabbath day was established so the people would rest from their labors, only to begin again after a one-day rest.

The various elements of the Sabbath symbolized the coming of the Messiah, who would provide a permanent rest for His people. Once again the example of resting from our labors comes into play. With the establishment of the Old Testament Law, the Jews were constantly “laboring” to make themselves acceptable to God. Their labors included trying to obey a myriad of do’s and don’ts of the ceremonial law, the Temple law, the civil law, etc. Of course they couldn’t possibly keep all those laws, so God provided an array of sin offerings and sacrifices so they could come to Him for forgiveness and restore fellowship with Him, but only temporarily. Just as they began their physical labors after a one-day rest, so, too, did they have to continue to offer sacrifices. Hebrews 10:1 tells us that the law “can never, by the same sacrifices repeated endlessly year after year, make perfect those who draw near to worship.” But these sacrifices were offered in anticipation of the ultimate sacrifice of Christ on the cross, who “after He had offered one sacrifice for sins forever, sat down on the right of God” (Hebrews 10:12). Just as He rested after performing the ultimate sacrifice, He sat down and rested—ceased from His labor of atonement because there was nothing more to be done, ever. Because of what He did, we no longer have to “labor” in law-keeping in order to be justified in the sight of God. Jesus was sent so that we might rest in God and in what He has provided.

Another element of the Sabbath day rest which God instituted as a foreshadowing of our complete rest in Christ is that He blessed it, sanctified it, and made it holy. Here again we see the symbol of Christ as our Sabbath rest—the holy, perfect Son of God who sanctifies and makes holy all who believe in Him. God sanctified Christ, just as He sanctified the Sabbath day, and sent Him into the world (John 10:36) to be our sacrifice for sin. In Him we find complete rest from the labors of our self-effort, because He alone is holy and righteous. “God made him who had no sin to be sin for us, so that in him we might become the righteousness of God” (2 Corinthians 5:21). We can now cease from our spiritual labors and rest in Him, not just one day a week, but always.

Jesus can be our Sabbath rest in part because He is “Lord of the Sabbath” (Matthew 12:8). As God incarnate, He decides the true meaning of the Sabbath because He created it, and He is our Sabbath rest in the flesh. When the Pharisees criticized Him for healing on the Sabbath, Jesus reminded them that even they, sinful as they were, would not hesitate to pull a sheep out of a pit on the Sabbath. Because He came to seek and save His sheep who would hear His voice (John 10:3,27) and enter into the Sabbath rest He provided by paying for their sins, He could break the Sabbath rules. He told the Pharisees that people are more important than sheep and the salvation He provided was more important than rules. By saying, “The Sabbath was made for man, not man for the Sabbath” (Mark 2:27), Jesus was restating the principle that the Sabbath rest was instituted to relieve man of his labors, just as He came to relieve us of our attempting to achieve salvation by our works. We no longer rest for only one day, but forever cease our laboring to attain God’s favor. Jesus is our rest from works now, just as He is the door to heaven, where we will rest in Him forever.

Hebrews 4 is the definitive passage regarding Jesus as our Sabbath rest. The writer of the Hebrews exhorts his readers to “enter in” to the Sabbath rest provided by Christ. After three chapters of telling them that Jesus is superior to the angels and that He is our Apostle and High Priest, he pleads with them not to harden their hearts against Him, as their fathers hardened their hearts against the Lord in the wilderness. Because of their unbelief, God denied that generation access to the holy land, saying, “They shall not enter into My rest” (Hebrews 3:11). In the same way, the writer to the Hebrews begs his readers not to make the same mistake by rejecting God’s Sabbath rest in Jesus Christ. “There remains, then, a Sabbath rest for the people of God; for anyone who enters God’s rest also rests from his own work, just as God did from his. Let us, therefore, make every effort to enter that rest, so that no one will fall by following their example of disobedience” (Hebrews 4:9–11).

There is no other Sabbath rest besides Jesus. He alone satisfies the requirements of the Law, and He alone provides the sacrifice that atones for sin. He is God’s plan for us to cease the labor of our own works. We dare not reject this one-and-only Way of salvation (John 14:6). God’s reaction to those who choose to reject His plan is seen in Numbers 15. A man was found gathering sticks on the Sabbath day, in spite of God’s plain commandment to cease all labor on the Sabbath. This transgression was a known and willful sin, done with unblushing boldness in broad daylight, in open defiance of the divine authority. “Then the LORD said to Moses, ‘The man must die. The whole assembly must stone him outside the camp’” (verse 35). So it will be to all who reject God’s provision for our Sabbath rest in Christ. “How shall we escape if we neglect so great a salvation?” (Hebrews 2:3).

Got Questions

Die ander Sabbatsrus wat Christene geniet is die vermoë om finansiële voorspeod te ervaar sonder om daarvoor te werk. Lees meer hieroor:

Ek hoop hierdie joernaal inskrywing help jou om met mense te kan deel wat vra het oor die Joodse wette.

Leave a Comment