Wat behels die gemeente familie lewensstyl alles?

Al ooit gehoor van die deelnemende gemeenskapslewe? Wat van die interafhanklike liefdesverhouding met Jesus Christus? Die kinders van die Here betrek mekaar in hierdie liefdesverhouding met Hom. After all: Ons is sy bruid jy weet. Bloot ‘n saamwees een of twee keer ‘n week wanneer ons bymekaarkom is nie genoeg nie. In die huiskerke kom ons gewoonlik net een keer ‘n week op ‘n Sondag bymekaar maar dan deel ons ook nog ons lewens met mekaar in ons daaglikse handel en wandel. Ek wil jou vandag uitdaag: Wees so dapper soos jy nog nooit in jou lewe was nie en lees die onderstaande Skrifgedeeltes aandagtig deur. Vergelyk dit met wat jy in jou gemeente ervaar:

  • Rom 12:10 – wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning(Wees hartlik teenoor mekaar)

  • Rom 12:10 – wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning(Eer mekaar)

  • Rom 12:16 – wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie (Wees nederig teenoor mekaar en wees eensgesind)

  • Rom 13:8 – Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul (Wees lief vir mekaar)

  • Rom 14:19 – Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Hê vrede met mekaar)

  • Rom 14:19 – Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien (Stig mekaar)

  • Rom 15:7 – Neem daarom mekaar aan, soos Christus ons ook aangeneem het, tot heerlikheid van God (Aanvaar mekaar)

  • Rom 15:14 – Maar ek self ook, my broeders, is oortuig aangaande julle, dat julle self ook vol van goedheid is, vervuld met alle kennis, in staat om ook mekaar te vermaan(Vermaan mekaar)

  • Rom 16:16 – Groet mekaar met ’n heilige kus. Die gemeentes van Christus groet julle (Wees vriendelik en gasvry met mekaar)

  • 1 Pet. 1:22 – As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit ’n rein hart(Wees lief vir mekaar)

  • 1 Pet. 3:8 – En eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik(Wees eensgesind met mekaar) (Hê medelye met mekaar) (Ontferm julle oor mekaar)(As die een lid huil, huil saam met hom; as een lid bly is, wees saam met hom bly)

  • 1 Pet. 4:9 – Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer (Wees gasvry met mekaar)

  • 1 Pet. 5: 5 – Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade (Wees nederig teenoor mekaar)(Wees onderdanig teenoor mekaar)

  • 1 Thes 4:9 – Oor die broederliefde het julle nie nodig dat ons julle skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê(Wees lief vir mekaar)

  • 1 Thes 5:11 – Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen (Bemoedig mekaar)

  • 1 Thes 5:11 – Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen (Bou mekaar op)

  • 1 Thes 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Vermaan mekaar om die regte ding te doen)

  • 1 Thes 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Bemoedig mekaar om sterk te staan)

  • 1 Thes 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal (Ondersteun mekaar sodat julle staande kan bly)

  • 1 Thes 5:14 – En ons versoek julle, broeders, vermaan die onordelikes, bemoedig die kleinmoediges, ondersteun die swakkes, wees lankmoedig teenoor almal(Wees geduldig met mekaar)

  • 1 Joh 1:7 – Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde (Kuier by mekaar en maak bemoeienis met mekaar)

  • 1 Joh 3:11 – Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê(Wees lief vir mekaar in woord en in daad)

  • 1 Kor. 1:10 – Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening (Wees eensgesind met mekaar)

  • 1 Kor. 5:3-5 – Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het, in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus — om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus (Dissiplineer mekaar)

  • 1 Kor. 6:1-6 – Durf iemand van julle wat ’n saak teen ’n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie? Weet julle nie dat die heiliges die wêreld sal oordeel nie? En as die wêreld deur julle geoordeel word, is julle dan onbevoeg vir die geringste regsake? Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge? As julle dan alledaagse regsake het, moet julle dié persone daaroor laat sit wat in die gemeente die minste geag word. Ek sê dit tot julle beskaming. Is daar dan nie eens een wyse onder julle, wat uitspraak sal kan doen tussen sy broeders nie? Maar gaan die een broeder met die ander na die regbank, en dit voor ongelowiges? (Dissiplineer mekaar) (Los probleme self in die gemeente met mekaar op)

  • 1 Kor. 11:33-34 – Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar;en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ’n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom (Wag vir mekaar en konsidereer mekaar)

  • 1 Kor. 12:25 – sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra(Sorg vir mekaar)

  • 1 Kor. 14:31 – Want julle kan almal een vir een profeteer, sodat almal kan leer en almal bemoedig word(Leer mekaar) (Bemoedig mekaar)

  • 1 Kor. 14:39-40 – Daarom, broeders, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie.Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan (Wees ywerig om mekaar te bedien)

  • 1 Kor. 15:58 – Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie (Motiveer mekaar om die werk van die Here getrou te doen)

  • 1 Kor. 16:2-3 – Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle self opsy sit en opspaar namate sy voorspoed is, sodat die insamelinge nie eers plaasvind as ek kom nie. En wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle goedkeur, met briewe stuur om julle gawe na Jerusalem te bring (Sorg vir mekaar)

  • Gal 5:13 – Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.(Dien mekaar)

  • Gal 6:2 – Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus (Dra mekaar se laste)

  • Ef. 4:2 – met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra(Verdra mekaar)

  • Ef. 4:32 – Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het (Vergewe mekaar) (Wees vriendelik met mekaar) (Ontferm julle oor mekaar)

  • Ef. 5:19 – Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here (Praat met mekaar tot eer van die Here)

  • Ef. 5:20-21 – terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God (Wees tevrede met wat julle het in mekaar)(Wees onderdanig aan mekaar)

  • Kol 3:13 – Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen (Verdra mekaar en vergewe mekaar)

  • Kol 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here (Leer mekaar) (Vermaan mekaar)

  • Kol 3:16 – Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here(Sing vir mekaar)

  • Heb 3:13 – Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie (Vermaan mekaar om nie afvallig in sonde te word nie)

  • Heb 10:24 – en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor (Gee ag op mekaar en motiveer mekaar tot liefde en goeie werke)

  • Heb 10:25 – en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom (Motiveer mekaar om aktief te wees en die samekomste nie te verontagsaam nie)

  • Jak 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag (Bely julle sondes aan mekaar)

  • Jak 5:16 – Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag (Bid vir mekaar)

God is ‘n familie God. Selfs in die Drie-enige Godheid bestaan die gesin of die familie. Vader, Seun en dan tipies aan die eienskappe van die moeder (die gawes van die Gees, die vrug van die Gees, die sagmoedigheid van ‘n liefdevolle moeder) is die Heilige Gees. Selfs in drome en gesigte word die Heilige Gees ook gepersonifieer met die persoon wat droom se moeder. Daar moet interaksie op alle vlakke tussen die familielede wees net soos wat dit in die Godheid bestaan.

Jakobus 1:27

Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld

Ons moet bemoeienis maak met mekaar, nie net met die weduwees en wees nie maar ook met die armes in ons gemeente.

Filippense 2:4

Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n

Ons moet vir mekaar sorg, ek vir almal en almal vir my.

Wisselwerking:

  • Vind hierdie tipe interaksie in jou gemeente plaas?
  • Hoe voel jy oor die oproep om jou alledaagse lewe met jou geestelike familie te deel?

As jy meer wil weet aangaande huiskerk gemeente aktiwiteite, kry die boek, “Bediening in die huiskerk gemeente”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuis blad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment