Wat ‘n wonderlike getuienis!
Op 19 Januarie 2017 het ek ‘n epos ontvang wat my grenslose vreugde verskaf het en steeds doen! Dit was vanaf ‘n gekwalifiseerde Advokaat, wat tans in Suid-Afrika woon, wat die geheim ontdek het wat Goddelike genesing en gesondheid altyd waarborg.