Outentieke Bybelse leierskap

Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, laat die voorsang leier die gemeente in lofprysing en aanbidding lei, laat die herder afkondigings maak, laat die herder bid, laat die herder preek, laat die herder die mense deur gebed bedien, laat die gemeente al hulle aandag op die herder rig, laat die gemeente stil wees — laat alles tot stigting geskied.

Prominensie van kerkleiers kniehalter groei

Wat is die naakte waarheid met betrekking tot die pilare of geestelike fondamente in die institusionele kerk? Die institusionele kerk het albei pilare van gemeente ervaring verwerp: Eerstens die gawes van die Gees en tweedens die gedeelde gemeenskapslewe van die gemeente. Die een promoveer die almal deelnemende en almal funksionerende leefwyse van die familie van God. Die ander promoveer die intieme liefdesverhouding van die broeders in die familie van God.

Die vyfvoudige bediening

Paulus praat van die vyfvoudige bediening in die boek Efesiërs: En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus. Jesus het hierdie mense gegee vir die kerk. Hulle is nooit deur enige persoon in die Nuwe Testament aangestel nie. Daar was geen seremoniële ordinasie van kerkleiers nie. Daar was geen kerkleier aangestel in ‘n posisie (office) nie. Jesus het bloot die vyfvoudige bediening gegee om ‘n funksie in die kerk uit te voer

Wie neem die besluite in huiskerke?

In huiskerke neem almal saam die besluite. Almal is op gelyke vlak en almal het dieselfde seggenskap oor kerksake. Niemand moet enige besluite op ander mense afdwing soos die wêreld dit doen nie. Vir baie mense klink hierdie stellings net ‘n bietjie te vergesog. Die rede hiervoor is dat ons al die jare anders geleer is in die kerk en in die wêreld. Dit is al wat ons ken. Hoe dan anders?