Is wonderwerke en kragtige dade nog steeds vir vandag?

Deur al die eeue heen tot Jesus Christus weer kom, is Hy met verlossing besig. Hy red mense elke dag, Hy genees mense elke dag, Hy doen wonders in mense se lewens elke dag, want dit is wat Jesaja 53 sê Hy aan die kruis betaal het. Om hierdie rede sal die Gees gawes nooit ophou nie. Dit is juis om hierdie rede dat Jesus die “groot kommissie” beveel het: Gaan heen, verkondig die evangelie aan alle mense, leer hulle van my, maak hulle gesond en dryf die duiwels uit, wek die dooies op, julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Waarvoor is die “4” tale van 1 Korintiërs 12?

Kinders van God het deur die jare bang of skepties geword vir die gebruik van tale tydens gemeente byeenkomste. Hierdie vrees is egter die gevolg van onkunde. Die voortdurende aanslag op die outentisiteit van die Heilige Gees gawes het soveel wantroue veroorsaak dat kinders van God maar liefs die gawes van die Gees vermy. Selfs mense wat in die Heilige Gees gedoop is het begin om tale te vermy.