Is God werklik in beheer?
Baie mense wil dit nie hoor nie maar hierdie stelling wat ek nou gaan maak klink vir hulle Godslasterlik: God is nie in beheer van die aarde nie!
Die aarde is tans in ‘n chaotiese toestand. Mense word bedrieg, besteel en verwoes. Moord, verkragting, roof, sonde en ellende is aan die orde van die dag.