Jesus Christus is eenvoudig onbeskryflik groot

Daar is ‘n onbeskryflike, asemrowende, wonderlike, majestueuse Jesus wat jou sal laat snak na jou asem, wat nie in die institusionele kerk so geken word nie.

Hy is ‘n onverklaarbare wese met ‘n onbeskryflike skoonheid van kleure, aroma, lig, liefde, krag en ‘n teenwoordigheid waarin jy nie sal kan regop staan as Hy in sy volle glorie aan jou verskyn nie.

Kom ons kyk ‘n bietjie wie Jesus is:

“He is the King of all kings, He is the King of righteousness, He is the King of the ages, He is the King of heaven, He is the King of glory, He is the Lord of lords, He is a sovereign King, no means of measure can define His limitless love, He’s enduringly strong, entirely sincere, eternally steadfast, He’s immortally graceful, imperially powerful, impartially merciful, He’s the greatest phenomenon that has ever crossed the horizon of this world, He’s God’s Son, He’s the sinners Savior, He’s the centerpiece of civilization, He’s unparalleled, He’s unprecedented, He’s the loftiest idea in literature, He’s the highest personality in philosophy, He’s the fundamental doctrine of true theology, He’s the only one qualified to be an all sufficient Savior, He supplies strength to the weak, He’s available for the tempted and the tried, He sympathizes and He saves, He strengthens and He sustains, He guards and He guides, He heals the sick, He cleanses the lepers, He forgives sinners, He discharges debtors, He delivers the captives, He defends the feeble, He blesses the young, He serves the unfortunate, He regards the aged, He rewards the diligent, He beautifies the meek, He’s the key of knowledge, He’s the wellspring of wisdom, He’s the doorway of deliverance, He’s the pathway of peace, He’s the roadway of righteousness, He’s the highway of holiness, He’s the gateway of glory, His life is matchless, His goodness is limitless, His mercy is everlasting, His love never changes, His word is enough, His grace is sufficient, His reign is righteousness, His yoke is easy, His burden is light, He’s indescribable, He’s incomprehensible, He’s invincible, He’s irresistible, You can’t get Him out of your mind, you can’t get Him off your hand, you can’t outlive Him and you can’t live without Him, the Pharisees couldn’t stand Him, but they found out they couldn’t stop Him, Pilate couldn’t find any fault in Him, Herod couldn’t kill Him, death couldn’t handle Him and the grave couldn’t hold Him.

Jesus is die sigbare beeld van die onsigbare God, die een waarin al die volheid van die Godheid woon, die lewende Tempel van die Drie-enige God, die Een waarin die ewigheid lewe, asemhaal en bestaan, Petrus en Johannes het dit nie besef nie maar toe hulle aan Jesus geraak het, het hulle aan die ewigheid geraak, Hy was voor tyd, die A tot Z van alles, die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde, die Eersgeborene van die geskape heelal, wie opgestaan het uit die dode om nooit weer te sterf nie, die oorwinnaar van die sonde, dood en die graf, die Een wat die hele skepping in Homself bymekaarhou, in Hom is alle krag, mag en majesteit, die Hoof outoriteit en bron van alles wat leef, die Een deur wie, vir wie en tot wie alles geskape is, die Een in wie alle dinge doel en betekenis vind, die Een wat alle dinge in die Hemel en die aarde met God versoen het, die Een wat elke wet, reël en regulasie wat die kinders van God veroordeel aan sy bloedige kruis vasgenael het, die Een wat elke vloek gebreek en aan sy kruis vasgenael het, die een wat die Opperwese is in elke koninkryk of gebied en die eerste plek in alle dinge beklee, die Een wie se sinrykheid en betekenis geen gelyke ken in die geskiedenis van die mensdom nie, die Een wat die titelakte hou van die heelal, hierdie heerlike, wonderlike, onbeperkte, onvergelykbare, majestueuse, magtige, triomfantlike, uitstaande, kosbare, oorwinnende, verbasende, verbluffende, verstommende, omvattende, buitengewone, ongelooflike, oneindige, ontsaglike, besondere, manjifieke, roemryke, pragtige, wonderbaarlike, weergalose, ongeëwenaarde, bedwelmende, skrikbarende, skitterende, geweldige, onmeetlike, glansryke, stralende, skouspelagtige, asemrowende, heerlike Wese is die mees glorieryke fenomenale Wese wat ooit bestaan het en ooit sal bestaan.

As jy in jou gemeente nie ervarings met Jesus beleef, en lewensveranderende openbarings direk van Hom ervaar, wat jou laat snak na jou asem nie, of wat jou nie in jou wese skud nie, dan besef jy vandag watse vernietigende resultaat die godsdiens en menslike verordeninge aan die kerk gedoen het. As jy tevrede is met dit wat jy in jou gemeente ervaar, daar is nog meer. Jesus kan net in Sy volle grote deur Homself geopenbaar word waar Hy sonder enige beperkings as die werklike Hoof van die gemeente vrye teëls het om te doen soos Hy wil en deur Sy Gees onbeperk sy gang in ons lewens kan hê. Soos wat Hy in Maria, Martha en Lasarus se huis gedoen het. Slegs dan sal Hy jou laat snak na jou asem. Waar Hy in praktyk werklik die hoof is, openbaar Hy Homself deur elkeen teenwoordig deur middel van die gawes van die Gees. Hy “praat” nie deur een mens nie.

Wisselwerking:

  1. Ken ons Jesus werklik of is Hy tog “onherkenbaar” in ‘n waas van godsdiens toegedraai?
  2. Waar sal ons Hom die beste leer ken? Informeel in ‘n huis of formeel in ‘n amptelike vergadering?

As jy meer wil weet aangaande die dinamiese openbaring van die Persoon Jesus Christus in huiskerke, kry die boek, “Huiskerke: Hoe? Hoekom”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment