Inleiding tot huiskerk gemeente planting

Die Here is waarlik goed vir ons en ons kan nie en wil nie anders as om hom te behaag nie. Hoekom begin jy nie hierdie week om die huiskerk beginsels onder die knie te kry nie?

Hoe plant ‘n mens ‘n huiskerk? Die antwoord op hierdie is die begin van ‘n wonderlike avontuur reis met God en met mense wat jou grootste verwagtinge gaan oortref. Dit is kerk wees op sy beste. Geen ander vorm van gelowige samesyn kan daarmee vergelyk word nie. Dit kan ook nie anders nie, want dit is hoe God dit beplan het vir sy bruid en vir sy kinders. Dit is ook hoe die kerk in die nuwe testament saamgekom het en hoe die gelowiges hul geloof uitgelewe het.

Nie maar net nog ‘n metode nie maar die geboorte van die kerk in sy suiwerste vorm. Dit was ‘n leefwyse van gemeenskap met God en met medegelowiges wat al die elemente bevat het om hulle reis baie dinamies en vervullend te maak. God het werklik met dié Godgegewe “metode” van samekoms letterlik aan elkeen se behoeftes op ‘n Goddelike wyse voorsien. God die Vader, die Seun en die Heilige Gees was baie welkom en tuis in hul midde waar ook al hierdie eerste gelowiges bymekaargekom het.  (In hul huise natuurlik!)

My gebed vir jou is dan ook as volg: “May your personal encounters with Jesus Christ be the dynamics of your being and the distinctive feature of your gatherings and daily walk with each other” Mag jy ook die Goddelike ervarings smaak wat daardie eerste gelowiges gesmaak het. Dit is sy wil vir ons almal dat ons ‘n suiwer verhouding met Hom en ons medegelowiges ervaar wat nie besmet is met die godsdiens en menslike verordeninge en instellings nie. Mag jy ook daardie diep opregte, ongekunstelde leefwyse ervaar waar ons werklik die waarheid leer ken en werklik vrygemaak word.

Die huiskerk handleiding is gemik op die praktiese sy van huiskerke en daarom gaan ons nie te diep in dogmatiese leerstellings nie. Ons sal egter graag ‘n bietjie wil laat deurskemer hoekom sekere handelinge in die huiskerk prakties uitgevoer word soos wat dit in die handleiding aan u bekend gestel word. Die handleiding behandel die geestelike beginsels wat outentieke huiskerk planting beheer. Dit is ook ‘n praktiese gids wat die totstandkoming van ‘n huiskerk vergemaklik en laastens is dit ‘n gids wat deel met die gesondheid en ontwikkeling van die huiskerk. Die handleiding stel u werklik in staat om ‘n outentieke huiskerk te plant en in stand te hou.  

Dit is vanselfsprekend dat wanneer gelowiges bymekaarkom die handelinge sal wissel van informele kuier soos wanneer gesinne bymekaarkom vir ‘n verjaardagpartytjie of sommer net ‘n kuiertjie tot meer ernstige interaksie met God en met mekaar. Hierdie interaksie wanneer hulle offisieel saamkom asook wanneer hulle in hulle daaglikse lewe met mekaar te doen het is God se boumateriaal om op ‘n unieke manier met elkeen individueel asook gesamentlik te deel en te werk. Niks in die handleiding word in yster gegiet of as absoluut voorskriftelik voorgehou nie.

Dit wat wel voorgehou word is die resultaat van jare lange praktiese ondervinding wat wêreldwyd in huiskerke van verskillende nasies, volke en tale bymekaargemaak is. Ons gaan baie verwys na die verskillende bronne en selfs internet skakels beskikbaar maak vir verdere studie. Hierdie bronne is literatuur van vooraanstaande huiskerk planters met baie jare se ondervinding soos Frank Viola, Gene Edwards, George Barna, Wolfgang Simson, Lorin Smith, Myron Horst, Milt Rodriguez, Jon Zens, Grace Wiebe, Karl Ketcherside, David Anderson, en ander. Daar os ook insette van nuwe geslag bedienaars soos Jannie van Zyl.

Dit is ook in lyn met die woord van God en ons sal baie na skrif gedeeltes verwys. Dit is dan ast’ware getoets aan die woord van God en ook aan die praktiese uitvoerbaarheid daarvan. Party goed is nie reg of verkeerd nie maar dit werk net die beste. Party goed is goeie voorstelle en dit maak nie saak of dit ‘n bietjie anders gedoen word nie. Daar is wel goed wat uit die aard van die saak nie onderhandelbaar is nie vir baie goeie redes maar u sal dit onmiddellik erken en die kanse is baie goed dat u daarmee sal saamstem.

Die hoof motivering vir die skryf van hierdie handleiding is om ‘n omvattende Afrikaanse handleiding beskikbaar te maak aan die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika of elders. Die hoof oogmerk natuurlik om hulle behulpsaam te wees met die plant en instandhouding van outentieke huiskerke wat aan ware Bybelse beginsels voldoen.

Outentieke huiskerk word nie sommer net begin nie maar moet “gebore” word. Dit is ‘n lewende organisme en nie ‘n menslike struktuur wat met mense hande gemaak word nie.

An authentic church cannot be started by the bare hands of human beings – no more than a woman can be constructed through human ingenuity or imitation. A woman must be given birth. And once born, she must be nurtured to the point where she develops on her own.

– Frank Viola

Dit is die liggaam van Christus waarvan Hy die hoof is. Dit is die bruid van Christus en die tempel van God. Definitief ‘n organisme wat nie van hierdie wêreld is nie. Die kerk is uit God gebore en word deur Hom in standgehou. Om hierdie rede is elkeen wat daarmee besig is terdeë bewus daarvan dat hy of sy hom- of haarself op heilige grond bevind.

Wisselwerking:

  1. Jou opinie: Kom ons steeds op ‘n Sondag bymekaar soos die vroeë Nuwe Testamentiese kerk dit gedoen het?

  2. Hoe voel jy oor die verklaring “Die kerk word gebore en nie gestig of begin nie?”

As jy meer wil weet aangaande huiskerk gemeente planting, kry die boek, “Huiskerke: Hoe? Hoekom?”, op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment