Dinamiese ontmoetings met Jesus Christus

Die Huiskerk gemeenskap, wanneer hulle die eerste paar keer bymekaarkom, ervaar ‘n dinamiese ontmoeting met Jesus maar net as dit voldoen aan die outentieke beginsels wat ons in die handleiding bespreek. Kom ons sê daar is ‘n “ontmoeting” ‘n “openbaring” ‘n “bevrugting” of ‘n heilige “konfrontasie” met die Skepper van die heelal wat die geboorte voorafgaan. Iets gebeur in die gees wêreld wanneer hierdie Goddelike “konfrontasie” plaasvind wat die groepie mense saamsnoer in die gees en in eenheid. Wat het eintlik dan gebeur? Nog ‘n Goddelike gemeenskap is gebore wat in ‘n unieke verhouding met God en met mekaar staan. Die Goddelike ontmoeting met Jesus lei tot geboorte die oomblik wanneer die groep met sy Gees vervul word.

Dit is dan ook die verskil tussen die huiskerk en die institusionele kerk. Hoewel die mense in die institusionele kerk ook deel uitmaak van die liggaam van Christus soos ek dit so pas verduidelik het, is die struktuur daarvan nie outentiek nie en nie deel van God se volmaakte wil vir sy kerk nie. Dit is deurtrek met menslike instellings en menslike organisasie wat meer kwaad as goed doen. Die institusionele kerk het in die loop van die jare grootliks afgewyk van die “liggaam van Christus” ervaring en die uiteinde daarvan was die vervanging van ‘n “verhoudings geloof” met ‘n “organisasie geloof”. Die hoofrede daarvoor is dat die kerk geïgnoreer het wat die Skrif oor kerk planting te sê het en ook met betrekking tot gemeente versorging, kerk leierskap en so meer. Daarmee erken ek beslis dat die institusionele kerk nog steeds deur God gebruik en geseën word en daarmee sê ek ook nie dat alle institusionele instellings nie van God af kom nie. In teendeel, ek is heilig oortuig daarvan dat baie instellings deur God in plek gesit is om sy Goddelike en heilige plan ten uitvoer te bring.

Ek het reeds ‘n paar keer die woord “outentiek” gebruik wanneer ek na huiskerke verwys. Die rede hiervoor is dat nie alle huiskerke outentiek is nie. Nie almal is op suiwer Bybelse beginsels gegrond nie en baie verskil geensins van die institusionele kerk nie. Voorbeelde hiervan is sorg groepe, sel kerke, sel groepe, gebed groepe, Bybelstudie groepe, spesiale christelike belangstelling groepe, ens. Van hulle is die groepering van ‘n klompie mense om ‘n spesiale persoon of ‘n spesiale idee of belangstelling.

Hoe dit ook al sy, hierdie groepe mis die ervaring en die dinamika van die outentieke huiskerk geheel en al. Die meeste het wortels diep in die institusionele kerk en om hierdie rede is hulle nie veel anders nie en trap hulle in dieselfde slaggate en mis hulle ook die Goddelike bevryding, diepte en vervulde gemeenskapslewe van die ware huiskerk. Tipies aan hierdie groepe is dat wanneer hulle ‘n droë of rowwe tydjie belewe of wanneer konflik sy kop uitsteek, die mense kop uittrek. Baie van hulle word eventueel terug gelok na die goed gepoleerde program gedrewe institusionele kerk.

Daar kom egter vir baie mense ‘n dag van ‘n aanbeweeg na die volmaakte. Nie almal neem hierdie besluit nie maar die wat dit wel doen bevind hulleself op ‘n opwindende reis wat gekenmerk word met nuwe ervarings met Jesus Christus. Mense beleef ‘n nuwe verhouding met Jesus en die Heilige Gees wat hulle nie geweet het bestaan nie of waaraan hulle nie gewoond is nie.

Die outentieke huiskerk groepeer slegs om die persoon van Jesus. Hulle stel in niks anders belang as net ‘n intieme interaksie en verhouding met Hom en hulle mede gelowiges en alles wat daarmee gepaard gaan. Saam word hulle opgebou in hulle geloof as die familie van God met Jesus die Hoof van die gemeente. En saam ervaar hulle die kruis van Jesus in hul lewens en saam trotseer hulle die lewe en sy uitdagings. In die proses leer hulle hoe om van dag tot dag die inwonende Christus kragtig uit te leef.

Die groepie mense word aan mekaar “gegom” deur die voortdurende persoonlike ontmoetings wat hulle met Jesus ervaar. Dit word die samebindende faktor. Die openbarings van Hom wat hulle in hierdie proses ervaar is die fondament waarop hulle staan en ook waarop die gemeente staan. Hulle word solied gebou en opgebou op die onwankelbare fondament van die openbarings van Jesus Christus (Matt. 16:16-18)

Wisselwerking:

  1. Die institusionele kerk het in die loop van die jare grootliks afgewyk van die “liggaam van Christus” ervaring en die uiteinde daarvan was die vervanging van ‘n “verhoudings geloof” met ‘n “organisasie geloof”. Hoe voel jy oor hierdie stelling?

  2. Intieme interaksie en verhouding met Jesus moet noodwendig baie informeel wees of hoe voel jy daaroor?

As jy meer wil weet oor die liefdesverhouding met Christus wat huiskerk gemeentes met mekaar deel, laai jou gratis kopie van die huiskerk handleiding op die “Hulpmiddels” bladsy af.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment