Christelike opleiding is nie teoretiese skoling nie

Ek weet dit is nie maklik om tradisies af te lê nie maar ons is mos tot alles in staat deur Christus wat ons krag gee. As die huiskerk beginsels wat ons reeds bespreek het vir jou vreemd is, moenie moedverlore wees daaroor nie. Ons almal moes daardie paadjie loop en vandag kyk ons met ‘n dankbare en ‘n opgewonde gemoed terug daarna. Dankbaar want ons weet van waar ons gekom het. Opgewonde want ons weet waar ons nou is en waarheen ons op pad is. Daar wag nóg vreemde dinge vir jou wanneer ons die huiskerk in praktyk behandel maar dit is alles die moeite werd.

Die huiskerk ervaring is so vol betekenis en sinrykheid en wanneer jy deel word daarvan ervaar jy ‘n doelgerigte vervuldheid in jou lewe. Die vreemde word uiteindelik die bekende.

Soos ‘n Gideon, ‘n Dawid en ‘n Petrus moet ons somtyds uitstap in die geloof. Ons sal nie sink nie. God stap elke tree saam met ons. Hy soek altyd ‘n man of ‘n vrou om saam met Hom geskiedenis te maak. “Moenie vrees nie dapper held want Ek sal met jou wees en jou kragtig ondersteun” is die woorde wat Hy vir elkeen van ons sê.

Ek begin die praktiese gedeelte van die handleiding deur na ‘n paar baie bekende huiskerk gesegdes te verwys:

The church is never a place, but always a people; never a fold but always a flock; never a sacred building but always a believing assembly.

The church is you who pray, not where you pray.

The body of Jesus Christ is a community that expresses God’s nature

Christianity has no holy places, only holy people

We gather together so that the Lord Jesus Christ can manifest Himself in His fullness

The church is the earthly image of the triune God

The church is a community in which all are gifted and all have ministry

Voorbereidings werk vir ‘n nuwe huiskerk:

Baie mense sien nie kans om ‘n huiskerk te plant nie en hulle hoef nie sleg te voel daaroor nie. Dit is ‘n nuwe konsep vir ons almal in Suid-Afrika. As jy nie in ‘n huiskerk was waar jy vir ‘n jaar of twee praktiese opleiding ontvang het nie, dan is die huiskerk handleiding, Huiskerke: Hoe? Hoekom?, vir jou. Huiskerk “opleiding” vind altyd prakties plaas en die ideaal is dat elke kerk planter vir ‘n onbepaalde tyd in ‘n huiskerk moet wees waar hy of sy praktiese ondervinding opdoen. Dit is presies hoe Paulus en die ander apostel in die Nuwe Testament geleer het. Daar was geen amptelike opleiding nie omdat dit nooit deur God ingestel is nie. Amptelike opleiding op Universiteite en Kolleges en kweekskole is maar baie onlangs eers ingestel. Die Protestantse kweekskool is in 1808 en die eerste Bybel Kolleges in 1882 in gebruik geneem. Dit is minder as 200 jaar gelede. Die kerk is reeds 2000 jaar oud. Teenstrydig daarmee het Jesus vir drie jaar elke dag met die twaalf dissipels gewandel en in daardie drie jaar het Hy hulle alles geleer, prakties natuurlik, wat hulle nodig gehad het. Dit was die Godgegewe leerskool van God en dit word vandag nog so in huiskerke gevolg.

Hoekom is dit die ideale metode van opleiding? In die huiskerk leer almal hoe om die gedeelde gemeenskapslewe van die familie van God te leef. Hulle leer dus ’n leefwyse. Hierdie lewe word prakties uitgeleef deur die week. Sondae kom hulle iewers in ‘n huis bymekaar waar hulle die Here se verbond maal saam nuttig en saam om die Here Jesus vergader. Natuurlik is daar lofprysing en aanbidding maar die hele groep word deur die Heilige Gees in aanbidding gelei soos Hy wil. Daar is nie ‘n voorsang leier nie.

1 Joh. 2:27

En die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing julle aangaande alles leer, so is dit ook waar en geen leuen nie; en soos dié julle geleer het, so moet julle in Hom bly.

1 Joh. 2:20

En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.

Joh. 6:63

Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.

Matt 23:8-12

Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders. En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is. Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus. Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.

2 Tim 2:15

Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

2 Tim 3:14-17

Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Uit bogenoemde skrifte is dit baie duidelik wat God se instruksies is met betrekking tot die skoling en ontwikkeling van voltydse of deeltydse werkers in sy kerk. Die Skrif maak dit baie duidelik dat die woord van God (Bybel) genoeg is om elke mens volkome toe te rus vir elke goeie werk. Die Heilige Gees leer ons en ons het nie nodig dat enigiemand ons leer nie. Dit was al die jare genoeg. Hoekom die kerkleiers 200 jaar gelede begin het met opleiding sentrums waar verstand kennis teoreties geleer word sal net hulle kan antwoord. Die Bybel is vir hulle ook nie meer genoeg nie. Allerhande menslike geskrewe boeke en menslike leerstellings wat die “institusie” bevorder en die organisasie van die “instelling” beheer word nou geleer.

God se metode is praktiese blootstelling in die Ekklesia en die Bybel. Niks minder nie en niks meer nie.

Wisselwerking:

  1. Is dit vir jou nuus dat formele opleiding vir leiers in die kerk maar onlangs, ingestel is? (200 jaar gelede)

  2. Hoe voel jy oor informele opleiding soos dit hierbo verduidelik is?

Vir meer informasie oor huiskerke, kry die boek, Huiskerke, Hoe? Hoekom? op die “Hulpmiddels”bladsy.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment