Hoe voorkom mens beproewinge?

Hierdie is vir my ‘n baie groot openbaring:

In die boek, The walk of the Spirit – The walk of power, van Dave Roberson, verduidelik Dave die volgende:

God het dit so bepaal dat sy kinders gereeld in sy teenwoordigheid moet kom om Hom te prys en te aanbid. Dit gee hulle krag om die daaglikse aanslae en uitdagings van die lewe te trotseer. Mense doen dit nie en word al meer vasgevang en verstrengel in die sorge van die lewe en selfs die genot wat die wêreld hulle bied. Dit veroorsaak dat sy kinders al meer vasgevang en ellendig voel. Hulle word eventueel moedeloos en begin swaarkry. Alles net omdat hulle nooit in die “awesome” teenwoordigheid van God kom deur middel van lofprysing en aanbidding nie. Sy teenwoordigheid dryf die onrus en vrees uit en versterk ons.

Dave verduidelik ook dat God bepaal het dat sy kinders gereeld in tale moet bid. Hoe meer hoe beter. Daar is veral twee baie belangrike voordele wat dit vir ons inhou:

  1. Wanneer ons in tale bid, bid ons met die hulp van die Heilige Gees. Hy gee die woorde en Hy bid altyd in volmaakte geloof en in die volmaakte wil van God vir dit wat ons nodig het. Dit versterk ons en dit verander ons lewens omdat hierdie tipe gebed altyd verhoor word. Dit bring altyd tot stand waarvoor ons, deur die Heilige Gees, gebid het.

  2. Die groot openbaring vir my, is egter die volgende: Dave verduidelik dat ons gebedstaal eintlik ook God se metode is om alles wat in ons lewens en in ons vlees verkeerd is, deur middel van die openbarings faset van tale, aan ons te openbaar. God laat al daardie verkeerde goedjies tot die oppervlak kom deur middel van ons gebedstaal. Wanneer ons in tale bid volg daar openbarings omtrent onsself in ons gees plaas.

As Hy nie die geleentheid kry om dit onder ons aandag te bring nie dan bly ons heeltemal onbewus van hierdie goedjies wat ons geestelike groei en ons geloof so belemmer. Hy bring dit deur tale openbaring tot ons aandag en dan begin Hy, met ons samewerking, daardie goedjies uit ons lewens verwyder. Hy snoei ons in hierdie tye wanneer ons in sy teenwoordigheid tyd saam met Hom spandeer.

As ons egter nie in tale bid nie en dus nie tyd saam met God spandeer deur middel van ons gebedstaal nie, dan kan God nie met ons deel oor geestelike blokkasies nie. Ons kan dan nie gesnoei word nie.

Wanneer ons nie toelaat dat God met ons “vlees” deel nie, dan word ons gesnoei deur middel van “trials and tribulations”. Dit is ‘n natuurlike gevolg daarvan. Wanneer ons swaarkry of in ‘n hoek gedruk word dan kom lelike dinge na die oppervlak. Ons het ‘n geestelike beginsel oortree en daarom bring ons self probleme oor ons. Daar is geen ander manier wat die “vlees” in ons laat uitkom as net hierdie twee metodes nie. Die Godgegewe metode; tyd saam met Hom in jou Goddelike gebedstaal, of die metode wat ons oor onsself laat kom; beproewinge, swaarkry en ellende.

Ons kan ons lewens baie makliker maak deur gehoorsaam aan God te wees. Hoekom wil ons swaarkry as ons net met God hoef te praat, al verstaan ons nie hierdie taal nie. Hy verstaan dit en Hy maak bemoeienis met ons deur Heilige Gees werking in ons gees. Vir die wêreld is God se metodes altyd dwaas.

1 Korintiërs 3:18-19

Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God…

Volgens Dave is ons gebedstaal saam met vas ‘n nog doeltreffender metode om God toe te laat om ons geestelik voor te berei vir sy koninkryk of vir diens in sy koninkryk. Hy noem dit die “Power twins”. Hier volg ‘n uittreksel uit die boek:

Then I began to see clearly. I came to realize that during the fast (and praying in tongues), certain areas of my flesh nature that hadn’t been put to death in the past had come to the surface. When these fleshly works began to surface, the anointing felt less, but in reality was greater than ever before. This is what Paul meant when he said in essence, “For I would rather glory in my infirmities (or weaknesses as a man) because when I am stripped of my dependency on my flesh, it places my dependency on the Holy Spirit” (2 Cor. 12:9,10). When we feel weakest in our own natural strength, we are usually the strongest, because unmortified areas of our flesh are in the process of dying.

Fasting and prayer in combination help cause those fleshly works to come to light in our lives more quickly. Tests and trials will also bring them to light, but I would rather not wait for the trials. Fasting and prayer allow the Holy Spirit to reveal those things hidden in darkness and to deal with them before the trials come. This in turn causes our character to be strengthened.

– Dave Roberson

Dave sê ook pertinent dat baie beproewinge en swaarkry heeltemal vermy word wanneer ons tyd met God spandeer. Ander kere maak dit beproewinge net soveel makliker.

Ek moet sê, ek verkies ook eerder om God gereeld te prys en te aanbid. Ek verkies ook eerder om gereeld in sy teenwoordigheid tyd te spandeer deur middel van die kosbare gebedstaal wat Hy my gegee het. Mag God ons hiermee help. Nie net om dit te verstaan nie maar ook om dit te doen. Ons kan dit eintlik nie bekostig om nie tyd met God te spandeer nie.the_walk_of_the_spirit

As jy die boek, The walk of the Spirit – The walk of Power, GRATIS wil aflaai, klik op die “Resources” bladsy.

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment