Waar kom siektes vandaan?

Waar kom siekte vandaan? Wie het siekte geskep? Hoekom is siekte geskep?

God het siekte geskep as strafmiddel vir sondes. Hy het dit vir geen ander rede geskep as ‘n strafmaatreël nie. Dit is so eenvoudig soos dit. Siekte is straf. Siekte is deel van die vloek. Die vloek is die strafmaatreëls van God. Siektes kom daarom al van vroeg in die Ou Testament af. Siekte kan net as ‘n strafmiddel aangewend word. Net God kan straf. God is dus die Skepper van siekte net soos wat Hy die Skepper van die hel is. Die hel het sy bestaansreg as gevolg van ‘n Godsbesluit. Siekte het bestaansreg as gevolg van ‘n Godsbesluit. Die hel en siekte is beide instrumente in die hand van God. Niemand het die hel of siektes ooit geskaak om daarmee onregverdige ongerymdhede te pleeg nie. Die hel en straf behoort aan God. Die hel en straf maak deel uit van God se raadsplan en sal deel van die skepping bly tot in ewigheid. Hoekom tot in ewigheid? Want die bose sal tot in ewigheid hulle straf in die hel moet uitdien.

Die duiwel kan nie mense siek maak nie net so min as wat hy jou in die hel kan gooi. Gód laat mense hel toe gaan en Hy gaan eendag sy engele gebruik om die bose en die goddelose mense in die helse vuur te werp. Hy gebruik nie demone om ander demone en goddelose mense in die hel te werp nie. Hy gebruik sy engele om dit te doen:

Openbaring 20:2-3, 9-10, 14-15

1 EN ek het ’n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die afgrond en ’n groot ketting in sy hand. 

2 En hy het die draak gegryp — die ou slang wat die duiwel en die Satan is — en hy het hom gebind duisend jaar lank,

3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie.

9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.

10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

14 En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

15 En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

Openbaring 14:19-20

19 En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.

20 En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver.

Wanneer mense gearresteer word en in die tronk gegooi word, word hulle deur die goeie ouens gearresteer en in die tronk gegooi; polisiemanne en tronkbewaarders natuurlik. Hulle oefen straf uit.

Die duiwel kan nie straf uitoefen nie. Ek wil dit graag deur middel van ‘n paar belangrike stellings verduidelik: Die duiwel is nie ‘n wettige heerser nie. Hy is nie die koning van ‘n land of van ‘n wettige koninkryk nie. Hy besit niks nie. Hy het probeer om die aarde, wat aan God behoort, te steel, maar Jesus Christus het dit weer teruggevat. Hy het die aarde weer aan die mens teruggegee. Net ‘n wettige heerser van ‘n land kan wettiglik oor daardie land regeer. Net ‘n wettige koning of wettige heerser van ‘n koninkryk kan landswette opstel. Net ‘n wettige koning kan landswette aankondig of bekragtig. Net ‘n wettige heerser kan dit op die inwoners van die land van toepassing maak. Dit is dus net ‘n wettige koning of ‘n wettige heerser van ‘n land, of van ‘n koninkryk, wat strafmaatreëls in plek kan sit en kan toepas om die mense te straf wat sy wette oortree. Dit klink dalk na ‘n sprokie maar dit is presies hoe God se koninkryk beginsels funksioneer.

Wie is die enigste wettige outokratiese Koning in die heelal wat wettiglik strafmaatreëls in plek kan stel sonder om enige ander lewende wese te konsidereer? Wie kan alles en almal wat leef aan hierdie wette onderwerp? Natuurlik! Behalwe vir die almagtige God van Abraham, Isak en Jakob is daar geen ander god in die heelal wat dit kan doen nie. God het alles gemaak wat bestaan. Hy het self gesê dat daar geen ander God bestaan behalwe Hy nie.

As Skepper van alles wat bestaan is Hy die alleen Heerser oor alles. Die hele skepping sal doodeenvoudig die knie voor hierdie almagtige God móét buig. Daar is vir die skepsel geen ander keuse as om hom of haar aan die Skepper te onderwerp nie. Ja, ons het ‘n keuse maar as ons Hom nie nou vrywilliglik gehoorsaam en dien nie, gaan ons eendag gedwing word om die knie voor Hom te buig. In die laaste geval gaan die ewige oordeel in die helse vuur egter verewig ons voorland wees.

God is nie ‘n tiran nie maar ‘n wonderlike God. Volmaakte liefde en genade kom van Hom af. Hy is ‘n goeie God wat goedheid en guns gee aan almal wat Hom gehoorsaam is. Hy is egter ook ‘n God wat straf. Hy beskerm sy skepping deur boosheid die hok te slaan en dit te straf. Het Hy die reg om die aarde se bewoners of enigiemand anders te straf omdat hulle sy wette oortree? Beslis ja! Die skepsel is nie bo die Skepper verhewe nie. Selfs regverdige skepsels (kinders van God) verstaan dat straf absoluut noodsaaklik is in die skepping van God. As daar nie straf was nie sou die skepping in totale chaos en ellende verval het.

Kyk wat sê Jesaja 45:6-7

…Ek is die Here, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die Here, is dit wat al hierdie dinge doen.

“Onheil” in hierdie Skrifgedeelte is niks anders as die strafmaatreëls van God nie. Eintlik maak dit van Hom ‘n regverdige God. Hy straf diegene wat die hulpelose onderdruk. God beskerm die mensdom teen gewetenlose geweldenaars. Hy straf nasies wat sy wette oortree. Die God van die Ou Testament het definitief gestraf. Hy het onheil oor die onregverdige gebring. Straf bring regverdigheid.

In Deuteronomium 27 en 28 en op nog ander plekke in die Ou Testament lees ons van die strafmaatreëls wat God in plek gesit het. Hierdie strafmaatreëls sou toegepas word as die volk Israel Hom ongehoorsaam sou wees deur sy wette nie te hou nie en/of agter ander gode aanhardloop.

In Deuteronomium 27:11-26 lees ons eers van die uitspreek van die vloeke:

11 En Moses het aan die volk op dié dag bevel gegee en gesê:

12 Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Josef en Benjamin.

13 En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.

14 En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:

15 Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, ’n gruwel vir die Here, werk van ’n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.

16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18 Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.

25 Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.

26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

Hoekom is daar in hierdie Skrifgedeelte vloeke uitgespreek oor die oortreders? Die uitspreek van hierdie vloeke het beteken dat as iemand hierdie wette oortree het, dan moes die strafmaatreëls van God uitgevoer word. Die volk moet dus die toepaslike straf vir die spesifieke oortreding uitvoer met betrekking tot so ‘n persoon. Dit het egter ook beteken dat God self ook sy strafmaatreëls oor die volk en oor individue sou uitvoer wat sy wette oortree. Vloeke is die aankondiging van straf. Dit laat mens aan die hof dink. Wanneer die regter in ‘n kriminele hofsaak die uitspraak formuleer, neem hy as grondslag, nie net die definisie van die wet nie maar ook die feit dat die oortreding strafbaar is asook die gepaste straf in aanmerking vir die offisiële hofuitspraak. Die uitspreek van ‘n vloek sê dat daar ‘n oortreding gepleeg is en dat die oortreder gestraf moet word. Bloedlyn vloeke byvoorbeeld, impliseer dat daar ‘n oortreding was, iets wat een van jou voorouers gepleeg het, en nou moet jy in sy plek gestraf word. Dit net om te wys dat siekte straf is. Ons weet egter dat die bloedlyn vloeke wet, net soos die “tand vir ‘n tand” wet, opgeskort is. Dit was in die tyd van Jeremiah aangekondig en in die tyd van Ezekiel bekragtig. Hietrdie is ‘n aanhaling uit my boek, “The Truth About Sicknesses and Diseases”:

So although God promised mankind that He will repeal the law of generational curses through his prophet Jeremiah: Jeremiah 31:29-30 In those days people will no longer say, The parents have eaten sour grapes, and the children’s teeth are set on edge. Instead, everyone will die for their own sin; whoever eats sour grapes – their own teeth will be set on edge. This is what God promised in the days of Jeremiah and very soon after the promise, those days arrived…

And although God did declare that He has fulfilled this promise in the days of Ezekiel, people still believe in generational curses. Ezekiel 18:20 The soul that sinneth, it shall die. The son shall not bear the iniquity of the father, neither shall the father bear the iniquity of the son: the righteousness of the righteous shall be upon him, and the wickedness of the wicked shall be upon him.

Read the whole chapter of Ezekiel 18 and you will see that the promise made in the days of Jeremiah was indeed fulfilled in the days of Ezekiel. God was surprised that the Israelites were offended by this. See Ezekiel 18:19 Yet say ye, Why? doth not the son bear the iniquity of the father? When the son hath done that which is lawful and right, and hath kept all my statutes, and hath done them, he shall surely live.

So people still refer to Scriptures about generational curses which were recorded in the Bible before Jeremiah and Ezekiel and they ignore the Scriptures that came after the Scriptures that they so zealously use to support their false doctrines. They refer to old laws that were legally repealed by God and still apply them to people today. They don’t do that with other Scriptures like the one about “an eye for an eye, a hand for a hand and a tooth for a tooth” which was also repealed.

ASR Martins

In Deuteronomium 28:21-35, 59-61 lees ons weer wat God se strafmaatreëls was. Ons gaan nie almal uitlig nie maar net ‘n paar Skrifgedeeltes rondom siekte en ellende uitlig:

21 Die Here sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

22 Die Here sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.

23 En jou hemel wat bo jou hoof is, sal koper, en die aarde wat onder jou is, yster wees.

24 Die Here sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.

25 Die Here sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug — en jy sal ’n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.

26 En jou lyke sal as voedsel dien vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde sonder dat iemand hulle skrikmaak.

27 Die Here sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.

28 Die Here sal jou slaan met kranksinnigheid en blindheid en sinsverwarring,

29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar ’n helper is.

30 Jy sal jou met ’n vrou verloof, maar ’n ander man sal haar skend; ’n huis sal jy bou, maar daarin nie woon nie; ’n wingerd plant, maar dit nie in gebruik neem nie.

31 Jou bees word voor jou oë geslag, maar jy sal daarvan nie eet nie; jou esel word voor jou weggeroof en sal na jou nie terugkom nie; jou kleinvee word aan jou vyande gegee sonder dat daar vir jou ’n helper is.

32 Jou seuns en jou dogters word aan ’n ander volk gegee, terwyl jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan doen.

33 Die vrugte van jou land en al jou werk sal ’n volk eet wat jy nie ken nie; en jy sal altyddeur net verdruk en hard behandel word.

34 En jy sal kranksinnig wees vanweë die gesig van jou oë wat jy sal sien.

35 Die Here sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene — waarvan jy nie gesond kan word nie — van jou voetsool tot jou skedel

59 dan sal die Here oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;

60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe.

61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die Here teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

Hier kan ons nou duidelik sien waar al die ellendes wat oor die mensdom gekom het vandaan kom. Dit het van God af gekom. Beslis nie van die duiwel af nie. Daar is nog ander strafmaatreëls soos armoede, wanhoop, nederlae tydens oorloë, onvrugbaarheid, natuurrampe, berowing, teëspoed, ballingskap en so meer. Orals in hierdie en ander Skrifgedeeltes lees ons die volgende: Die “Here sal jou tref” of “die Here sal dit oor jou laat kom”. Siekte is nooit ‘n seëning nie. Dit is altyd ‘n vloek want God het siekte geskep om mee te straf.

Hoekom het dit van Hom af gekom? Omdat Hy die Heerser, Koning en God van die heelal is en die reg gehad het om sonde te straf. Niemand kan God voorskryf of sy weë bevraagteken nie. Hy is ‘n regverdige God en sy weë is altyd regverdig. Wanneer God iemand in die Ou Testament gestraf het kan jy maar weet, so ‘n persoon het dit deeglik verdien om gestraf te word.

Ek wil net weer herhaal dat net God kan straf. In die Ou Testament het Hy die leierskap van die volk self gebruik om sy straf uit te voer bo en behalwe vir die straf wat Hy persoonlik uitgevoer het. Die duiwel kan geen strafmaatreëls uitvoer nie en God gebruik hom ook nie om sy strafmaatreëls uit te voer nie. ‘n Goeie aardse vader gee self sy kinders ‘n pak slae. Hy gaan soek nie iewers in die nag ‘n bose, goddelose, haatdraende, sataniese maniak, bring hom huistoe en vra hom om sy kind ‘n pak slae te gee nie. God straf self want Hy is ons Vader.

Net ‘n God kan straf. Die duiwel was nog nooit ‘n God nie, selfs nie in die Ou Testament nie. Hy word genoem die “god” van hierdie wêreld maar dit het hom nog nooit die “God” van hierdie wêreld gemaak nie. Dit verwys in elk geval net na die god van die bose kinders van die wereld. Nie na die aarde nie. Die aarde behoort aan God en sy kinders. Hy was nog altyd ‘n leuenaar en ‘n verleier wat die mens uit sy besittings en uit sy posisie van heerskappy verneuk het. Die duiwel kan nie siektes of enige ander ellendes op ons lê nie want hy kan nie straf nie. Hy kan nie ‘n haar op ons hoofde beskadig nie.

(Ek wil dit nie vooruit loop nie maar dit is eintlik onsself wat siektes oor ons laat kom. Nie die duiwel. Ek bespreek dit hier onder)

Selfs in die Ou Testament voor die kruisiging van Jesus Christus het God self sy strafmaatreëls uitgevoer. Straf kom van God af. Hy het dalk een nasie gebruik om ‘n ander nasie te straf maar dit is steeds Hy wat straf. Hy het ook die owerhede gebruik om te straf maar dit was steeds Hy wat gestraf het. God plaas die owerhede in plek juis om orde te handhaaf en straf uit te voer.

Ons lees ook in Jesaja 53 ‘n hele paar Skrifgedeeltes wat bevestig dat dit ook God was wat Jesus in ons plek gestraf het. Hy het nie die duiwel gaan haal om Jesus te straf nie, nee, Hy het self die straf op Jesus laat neerkom. Net Hy kon dit doen want net Hy is God. Net ‘n God kan straf. En daar is net een God!

Jesaja 53:4, 6, 10

4 Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte — dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was.

6 Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.

10 Maar dit het die Here behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel ’n skuldoffer aangebied het, sal Hy ’n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die Here sal deur sy hand voorspoedig wees.

Dit het God die Vader behaag om vir Jesus Christus in ons plek te verbrysel. Hy het Hom in ons plek krank (siek) gemaak. Hoekom? Omdat Hy die mens so lief gehad het, het Hy kans gesien om sy Seun te verbrysel en te straf vir ons sonde.

Die doel met hierdie gedeelte is om twee dinge baie duidelik te maak. Eerstens: Siektes is nie net sommer onskuldig op mense gesit nie. Siektes was deel van die vloek van die wet en ‘n strafmaatreël van God. Tweedens: Net God kan siek maak of straf. Niemand anders nie.

Wanneer mense tot sterwe kom of wanneer die genade tyd vir hulle uithardloop, dan slaan die vloek op hulle toe. Sulke mense moet dan self die straf van hulle sondes dra omdat hulle vir Jesus Christus en sy bloed, waarmee Hy hulle losgekoop het, verwerp het. Sommige mense ervaar dat dinge liederlik verkeerd loop op hulle ou dag. Hulle verloor hulle gesondheid en hulle verloor hulle geld en hulle besittings. Sy hele lewe lank was alles redelik skaflik maar nou op sy oudag loop dinge erg verkeerd. Wat het hier gebeur? Die genade tyd van God het vir hom uitgehardloop. Hy begin die straf dra vir sy eie sonde. Sulke mense sterf redelik gou wanneer die genade tyd vir hom uitgehardloop het, meesal onmiddellik. Kom ons lees net weer Jesaja 65:20

Daarvandaan sal nie meer kom ‘n suigling van ‘n paar dae of ‘n grysaard wat sy dae nie vol uitlewe nie; want n seun sal sterwe honderd jaar oud, en wie sondig, sal, honderd jaar oud, deur die vloek getref word.

Hierdie gedeelte in Jesaja was ‘n profetiese verwysing na die instelling van die koninkryk van Jesus Christus, die genade tyd van God.

Hoekom word ons vandag nog siek?

Ons het reeds behandel waar siekte vandag vandaan kom. Siekte is die natuurlike gevolge van sondige aktiwiteite soos die gebruik van dwelms, geweld, haat, onvergewensgesindheid en nog ander dergelike sondes. Siekte kom egter ook as gevolg van ongeloof. Mense glo doodeenvoudig nie dat Christus Jesus ook vir ons siekte betaal het nie. Ander betwyfel hierdie waarheid. Daarom is kinders van God siek en daarom gaan hulle dood aan siektes. Dit het niks met straf of bloedlyn vloeke te doen nie. God het bepaal dat die gelowige deur die geloof sal lewe. Hy het bepaal dat ons nie net van brood alleen sal lewe nie maar ook van elke woord wat ooit deur sy mond uitgegaan het. Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Hoofsaaklik bring onsself siekte en ellende oor ons. Net soos wat iemand die straf van die hel oor homself bring deur Jesus Christus te verwerp, net so bring ons siekte oor onsself deur Jesus se verlossingswerk met betrekking tot genesing te verwerp. Jy kry wat jy glo! Jy kry wat jy vrees! Jy betaal die prys vir verkeerde keuses. Ons veroorsaak ook dat God ons tugtig. Ons bring die tugtiging van God oor ons. Hoekom sal ons die hel oor onsself bring en nie siekte nie. Dit is een en dieselfde ding: Straf!

Wanneer die Bybel praat van mense wat siek is omdat hulle deur die satan gebind is, is dit die gevolg van sondige aktiwiteite of ongeloof in ons lewens. Daar is op hierdie aarde net een persoon wat jou siek kan maak. Dit is jyself. Ander mense kan ons nie siek maak nie. Die duiwel kan ons nie siek maak nie. God maak ons wel siek (Christene) as ons nie na sy waarskuwings luister nie en weier om ons te bekeer van sondes in ons lewens, maar hoofsaaklik is die meeste siektes ons eie toedoen. Ons kan egter vir die duiwel toestemming gee om ons siek te maak. Ons laat hom toe om ons siek te maak deur ons woorde en ons dade. Onthou dat die engele van God en ook die gevalle engele van die duiwel die woorde wat ons spreek tot uitvoer bring. Ons spreek dood oor onsself en die gevalle engele (demone) bring dit tot stand (Psalm 103:20) .

Kenneth Hagin het baie keer duiwels uit mense gedryf wat sekere siektes veroorsaak het. Hy het byvoorbeeld ‘n hele paar keer vir ‘n sekere dame gebid wat longkanker gehad het. Sy wou doodeenvoudig nie gesond word nie. Op ‘n dag toe hy weer vir haar gebid het het hy skielik in die gees wêreld gesien. Hy het ‘n klein demoontjie aan haar longe sien hang. Hierdie siekte was nie gewone longkanker nie maar ‘n demonies veroorsaakte longkanker. Kenneth het die demoon uitgedryf en die dame was onmiddelik genees. Somtyds moet demone ook uitgedryf word vir epilepsie en skoliose.

Hierdie voorval laat dit voorkom asof die duiwel en sy demone ons sommer net kan siek maak. Dit is egter nie die waarheid nie. Ons bring siektes oor onsself deur sondige aktiwiteite, vrees, ongeloof, bitterheid en onvergewensgesindheid. Ons gee die duiwel ‘n oop deur en ons maak ‘n oorgawe aan die bose. Ons het die hef ten alle tye in die hand. Dit is óns besluite wat die gang van ons lewens bepaal. Ons is definitief nooit oorgelewer aan omstandighede buite ons beheer nie. Ons kan oor alle omstandighede heers as ‘n koning en ‘n priester in die koninkryk van God. Ons kan letterlik nooit die skuld op enigeen pak behalwe onsself nie. Die sinne in hierdie paragraaf begin hoofsaaklik met die woordjie “ons”. Die hele Skrif, die Ou Testament en die Nuwe Testament, verduidelik baie breedvoerig dat wonderlike seëninge oor regverdige mense kom en allerhande ellendes oor onregverdige mense kom, direk as gevolg van hulle besluite en hulle dade.

Bekeer jou en lewe in harmonie met God en met mense. Onderwerp jou aan God en weerstaan die duiwel. Hou jou besig met alles wat mooi en goed is. Bedink hierdie dinge. Lê alles wat sleg is af.

Wanneer mense deur woorde en dade toegelaat het dat die bose ‘n vesting in hulle opgerig het is bevryding ‘n bietjie moeiliker. Wat moet ons doen as sodanige persoon nie oorwinning oor slegte gewoontes en sondes kan kry nie? Hy moet daaroor gaan vas en bid. Hy moet God smeek om hom te help. Hy moet alles doen wat hy kan om van die sonde ontslae te raak. As ons dit regtig bedoel en regtig ernstig is daaroor sal ons oorwinning kry. God sal ons help.

Wanneer iemand sodanig deur ‘n bose gees beheer word dat hy regtig nie oorwinning kan kry nie, dan het hy bevryding nodig. In so ‘n geval moet ons die demoon of demone uit hom uitdryf en hom bevry. Ons moet dit egter opvolg met raadgewing en ondersteuning om ‘n herhaling van hierdie situasie te voorkom.

Kan mense sommer net onskuldig siek word?

Baie mense glo dat ons in ‘n gebroke wêreld bly en dat siekte en genesing bloot deel van hierdie gebrokenheid is. Volgens hierdie mense kan siekte nie regtig altyd voorkom word nie en word ons ook nie altyd genees nie. Dit is maar soos dit is. Ons leef in ‘n gebroke wêreld. Dit is nie altyd ons skuld nie en die redes hoekom ons nie altyd Goddelike genesing ontvang nie is nie altyd bekend aan ons nie. Soms is dit bloot net verkeerde eetgewoontes of bloot toevallig. Soms is dit bloot net familie siektes. Hierdie stellings is alles leuens so reg uit die hel uit. Dit is nie die waarheid nie. Siektes en ellendes kom van sonde, ongeloof, haat, onvergewensgesindheid, bitterheid, vrees, en allerhande ongeregtighede. Dit kan alles egter in een woord saamgevat word: Sonde. Daar is baie min uitsonderings, wat ons wel later in die boek gaan behandel. Hierdie uitsonderings is egter ook maar ‘n gevolg van ons eie nalatigheid en ongeloof.

Ja, ons lewe in ‘n gebroke wêreld. Nee, ons is nie aan hierdie gebroke wêreld onderworpe nie want ons leef ook, of ons lewe eintlik, in die koninkryk van God. In die koninkryk van God is wette en beginsels in plek wat een honderd persent “foolproof” is. In die koninkryk van God funksioneer die beginsels van God altyd konstant. ‘n Mens kan jou lewe konstant daarvolgens inrig. Daar is standvastigheid. Daar is geen grys areas nie. Dit werk altyd soos die wet van swaartekrag, wat ek reeds elders in die boek genoem het. As ons God nie ken nie en sy woord nie ken nie, dan begin ons egter twyfel. Dan kom daar ‘n mistigheid oor sy weë en oor die koninkryk beginsels van God. Dan is ons nie meer seker oor baie dinge nie.

Daar is egter ‘n wonderlike openbaring vir hulle wat God ken en sy woord ken: Deur die verlossingswerk van Jesus Christus het God ons in totaliteit verlos. In Christus is daar vir ons volmaakte voorsiening gemaak op elke gebied van ons menswees. Alles is reeds vir ons gedoen. Ons moet maar net in God se voorsiening in skakel en ons erfenis in besit neem.

In Deuteronomium 7:12-15 maak God ‘n wonderlike belofte aan die Israeliete:

12 En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die Here jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;

13 en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.

14 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.

15 En die Here sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.

Eksodus 15:26

en gesê: As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die Here wat jou gesond maak.

Die mensdom leef vanaf die sondeval al in ‘n gebroke wêreld. Ondanks ‘n gebroke wêreld, kon die Israeliete gesond rondloop omdat God elke krankheid van hulle af weggeneem het terwyl hulle vyande aan siektes blootgestel was. Dit is wat werklik in Israel gebeur het.

In Egipte was die Egiptenare deur die plae geteister terwyl die kinders van Jakob nie deur die plae geteister was nie. Toe die Israeliete Egipteland verlaat het was daar vir veertig jaar lank in die woestyn nie ‘n enkele siek man, vrou of kind in die hele bevolking nie. Ons lees daarvan in Psalm 105:37. Hulle klere het vir veertig jaar lank nie aan hulle liggame geslyt nie. Hulle skoene het aan die kinders se voete saam met hulle voete gegroei en nooit te klein geword nie.

Die beloftes van God aan die Israeliete in Deuteronomium 28:1-14 was net goedheid en guns, voorspoed, vrede, gesondheid en beskerming as hulle sy wil doen en sy gebooie gehoorsaam is:

1 AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.

2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God.

3 Geseënd sal jy wees in die stad, en geseënd sal jy wees in die veld.

4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.

5 Geseënd sal wees jou mandjie en jou bakskottel.

6 Geseënd sal jy wees by jou ingang, en geseënd sal jy wees by jou uitgang.

7 Die Here sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.

8 Die Here sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die Here jou God jou sal gee.

Die Here sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die Here jou God hou en in sy weë wandel.

10 En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die Here oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.

11 En die Here sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die Here aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.

12 Die Here sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.

13 En die Here sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,

14 en jy nie regs of links afwyk van al die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop om hulle te dien nie.

Dieselfde beloftes is vandag van toepassing op ons ook. Omdat ons nie met sondige aktiwiteite besig is nie kom daar nie siektes en ellendes oor ons nie. Omdat ons sy gebooie onderhou en doen wat welgevallig is voor God, gaan dit goed met ons. Geen siekte, ellende en allerhande ongewenste dinge kom oor ons of gebeur met ons nie want ons streef na heiligmaking, ons het geloof in die woord van God en ons leef uit genade, deur die geloof, omdat ons ons erfporsie opgeneem het. Sy woord is in ons hartkamers vas gepleister. Goddelike voorsiening, Goddelike genesing, Goddelike beskerming en Goddelike instandhouding behoort aan ons.

Wanneer ons net soos die Israeliete ons rug op God draai en ons besig hou met allerhande sondige aktiwiteite dan soek ons vir moeilikheid. Dit is dan wanneer ons allerhande ellende oor onsself bring. Ons maai wat ons saai. Ons geloofslewe begin skade lei. Ons maak verkeerde deure oop en ons stel onsself bloot aan die bose. Ons begin dan oor baie goed twyfel. Wanneer ons in God se woord en in God se beloftes twyfel, dan word ons blootgestel.

Is dit moeilik om in God se beloftes en in sy woord te glo? Nee, dit is nie so moeilik nie. Nie as jy gereeld op die woord van God mediteer en dit in jou hartkamers vasmessel nie. Nie as jy ‘n intieme liefdesverhouding met Christus Jesus deel nie. Nie as jy weet dat die woord van God en sy beloftes altyd gewaarborg is nie. Nie as jy weet dat daardie beloftes altyd in werking tree as enigiemand dit in sy lewe toepas nie. Soos die wet van swaartekrag! Dit werk altyd! Dit is absoluut een honderd persent onmoontlik om nie te werk vir jou nie.

Wie het die koninkryk beginsels van God vasgestel of bepaal?

As ons wil weet wat ‘n Toyota Fortuner kan doen, hoe om dit te diens en wat ons kan doen om dit altyd in ‘n goeie werkende toestand te hou, vir wie nader ons vir al hierdie inligting? Vir Toyota natuurlik! Hulle het die Fortuner ontwerp en geproduseer. Dit is net vanselfsprekend dat hulle heeltemal op hoogte met al die tegniese aspekte rondom die instandhouding van die Fortuner sal wees.

God het die mens geskape. Hy het nie net die mens nie maar die hele skepping geskape. Hy het alle wysheid in pag en Hy is ver bokant die skepping verhewe. Daar is niks onbekend of vreemd vir God nie. Hy is alomteenwoordig, almagtig en alwetend. Ons moet Hóm nader as ons wysheid wil bekom aangaande die skepping en ook aangaande die mens. God het juis die Bybel vir die mensdom beskikbaar gemaak om ons op hoogte te bring met sy wil en ook die beginsels wat sy koninkryk beheer.

As jy wil weet hoekom iemand siek is moet jy na God en sy woord toe gaan om antwoorde op jou vrae te kry. Ons weet reeds dat dit God is wat siekte geskep het. Dit maak Hom die “Fundi” wanneer dit by siekte kom. Hy is die mees ingeligte deskundige op hierdie gebied want Hy het dit geskep. Kom ons kyk ‘n bietjie wat sê God oor genesing van die siektes wat Hy geskep het:

Jakobus 5:14-16

14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.

15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

16 Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag.

Hierdie is die instruksie van die Almagtige God met betrekking tot wat ons moet doen as ons siek is. Hy is die een wat óns geskep het. Hy is die een wat siekte geskep het. Hy is die een wat weet hoekom ons siek word. Hy is die een wat weet wat ons moet doen as ons siek is. Daarom gee Hy ons instruksies oor wat ons moet doen as ons siek is.

Hy is ook die een wat sy kinders beveel het om uit te gaan en die siekes te gaan genees. Ons lees dit in Mattheus 10:8

Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Ons weet dat Jesus Christus die groot Geneesheer is. Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons is deur God aangestel om die verlossingswerk van Jesus Christus voort te sit. Ons is nie net gestuur om die koninkryk te verkondig nie maar ook om die mense te genees. Hy het vir die kerk, sy kinders, mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke kwaal te genees. Hy het ook gesê dat die werke wat Hy gedoen het, sal ons ook doen en groter werke as dit. Dit is God se wil vir die mensdom met betrekking tot siekte en genesing. Hy het voorsiening gemaak vir genesing. Jakobus 5 is baie duidelik oor hierdie beginsel. Laat die ouderlinge vir jou bid en jy sal gesond word. Dit is ‘n wet in die koninkryk van God. Dit is absoluut “foolproof”. Dit is gewaarborg!

Glo jou ouderling nie in Goddelike genesing nie? Soek dan ‘n ander plek van aanbidding. Soek ‘n plek waar die gemeente in Goddelike genesing glo. Andersins kan jy self direk tot God bid. As sy woord in julle bly dan kan julle Hom vra net wat julle wil en julle sal dit verkry. As iemand in sy hart nie twyfel nie dan kan hy vir hierdie berg sê…en wat hy ook al sê sal gebeur. Ons het geen verskoning nie. Onthou, daar bestaan nie soiets soos ‘n ongeneesbaar siekte nie. Alle siekte is vir God ewe maklik om te genees.

Toyota se voertuie word deur gekwalifiseerde motor werktuigkundiges gediens en herstel. Hulle werk vir Toyota of hulle het opleiding ontvang volgens die diens en herstel prosedures van Toyota.

Die kerk is deur God aangestel om mense te genees. Hy het sy prosedures in plek gesit en die medewerkers van Jesus Christus funksioneer daarvolgens. Hulle voer hierdie werk uit vir God. Wie is die medewerkers van God? Dit is gelowige, Heilige Gees vervulde kinders van God. Hulle is die geneeshere van die wêreld.

Die hele wêreld, insluitende kinders van God, hardloop egter na dokters en die professionele medici toe vir genesing. As iemand wil weet wat fout met hom is gaan vra hy vir ‘n dokter. As iemand gesond wil word gaan sien hy ‘n dokter of ‘n spesialis of sy apteker. Mense wend hulle tot mediese tydskrifte en mediese boeke. Hulle volg TV programme vir mediese raad met betrekking tot mediese kondisies en mediese deurbrake. Hulle luister na radio programme waarin mediese advies gegee word. Mense word gebreinspoel om dit te doen. Hoeveel keer hoor mens nie die volgende woorde in advertensies nie? “Ask your docter.”

Om uit te vind wat God, die Bybel of die kerk oor siekte sê is nie eens ‘n opsie nie. Mense ignoreer die “Deskundige” oor die onderwerp van siekte en genesing totaal en al. Selfs kinders van God doen dit ook. God is gewoonlik die laaste uitweg as al die ander wêreldse pogings tot genesing gefaal het. Hoekom lê die bediening in die hande van die mediese professie? Hoekom lê dit nie in die hande van die kerk nie? Kyk wat sê Esegiël 34:12, 15 en 16 hieroor:

12 Soos ’n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.

15 Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here Here.

16 Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.

Kyk ook wat sê Jesaja 61:1-3

1 DIE Gees van die Here Here is op My, omdat die Here My gesalf het om ’n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ’n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

2 om uit te roep ’n jaar van die welbehae van die Here en ’n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;

3 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ’n gewaad van lof vir ’n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, ’n planting van die Here, tot sy verheerliking.

Jesaja 53:5

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel;die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Jesus se hele bediening op aarde was eerstens om mense te red deur bekering en tweedens om hulle te genees. Dié twee aspekte loop altyd hand en hand. Hy het die land deurgegaan en die koninkryk van God verkondig. Hy het goed gedoen en almal genees en duiwels uitgedryf. Hy het die twaalf en later die veertig gesalf om ook uit te gaan om die koninkryk van God te verkondig, goed te doen, die mense te genees en duiwels uit te dryf. Later, net voor Jesus opgevaar het hemel toe het Hy die hele mensdom van alle eeue gesalf en uitgestuur om die hele wêreld in te gaan, goed te doen, die evangelie te verkondig, mense te genees en duiwels uit te dryf. In wie se hande het God die bediening van genesing toevertrou? In die kerk se hande. Die mediese professie het egter Goddelike genesing vervang met mediese behandeling. Dit het duiwel uitdrywing en woord berading vervang met psigiatriese behandeling.

Is die mediese professie boos? Is dit sonde om van die mediese professie gebruik te maak? Nee, definitief nie. Hulle kan vir jou tyd uitkoop om jou lewe reg te kry. Hulle kan vir jou tyd uitkoop om die werklike oorsaak van jou siekte toestand te identifiseer sodat jy dit met God kan uitklaar. Moet egter nooit jou hoop en jou vertroue in die mediese professie sit nie. Jy gaan ‘n baie onaangename verassing kry. Eventueel gaan dit jou lewe kos. Moet nooit jou hoop op medikasie sit nie. Dit gaan eventueel jou lewe kos.

Kinders van God wat by die mediese professie vassteek vir genesing gaan eventueel negatiewe ervarings hê. Kan ons werklik verwag dat dit altyd met ons goed moet gaan as God nie ons Geneesheer is nie. Hoe het dit gebeur dat dokters, dikwels ongeredde mense, die rol van die kerk oor gevat het? Dokters en spesialiste is nie vyfvoudige bedienaars nie! Wie het hulle aangestel om die bedienaars van God te vervang as die spesialiste en die geneeshere van die wêreld wanneer dit kom by siekte en genesing. Dit is nie God wat hulle aangestel het nie. God het gesê dat ons die ouderlinge moet inroep. As iemand siek is onder julle, laat hom die ouderlinge inroep sodat hulle hom met olie kan salf en vir hom bid en hy sal gesond word. As iemand siek is onder julle, laat hom die ouderlinge inroep…Na wie toe moet ons gaan? Na die ouderlinge toe natuurlik. Kan dit duideliker gestel word as dit? Waar in die hele Bybel het God ooit iemand na ‘n dokter verwys? Hy het dit nog nooit gedoen nie en Hy sal dit nooit doen nie. Hoekom nie? Siekte is ‘n geestelike kondisie. Dit moet geestelik aangespreek word. Die medici funksioneer op die fisiese gebied. Hulle kan net op die simptome van siekte konsentreer en nie op die oorsake nie.

Henry W. Wright, ‘n mediese dokter, moes hierdie vrae ook met homself uitmaak. As mediese dokter het hy ‘n sekere oogpunt met betrekking tot siekte en genesing gehad. Hy is egter ook ‘n herder en ‘n bedienaar van die woord van God en daarom het hy ook die wil van God met betrekking tot hierdie onderwerp gesoek. Dit is wat hy daaroor te sê het:

In understanding disease – spiritual, psychological and biological – we will find that the Bible has a lot to say about the subject. I am privileged to be on the “cutting edge”of medicine from coast-to-coast because of this Biblical understanding of disease. There are doctors as well as therapists, psychologists, pastors and individuals across America who consult with me.

It is a funny thing to minister on the “cutting edge” of medicine. It is an enigma to the medical community. As one doctor said, “What is a pastor from Georgia doing messing around with disease?” Well I am messing around with it because my Boss is the Great Physician. I am messing around in it because the Creator of all flesh is the one who knows what is wrong with us. I am messing around in it because God ordained it. I’ll show you in Scripture that the pastor is to be responsible for all of the affairs of God’s people.

I think, and I say this very carefully, God is ticked off at the psychologists being the pastors of America. If there are any psychologists reading this, I love you man, I love you woman. But I do think you have taken some things away from the pastors that are rightfully theirs to deal with. Under Old-Testament law, if anyone had leprosy, in order to be considered cured, to whom did they go show themselves? The priest. In the New-Testament, it goes a little further. James say:

Is any sick among you? Let him call for the elders of the church; and let them pray over him, anointing him with oil in the Name of the Lord: And the prayer of faith shall save the sick, and the Lord shall raise him up; and if he have committed sin, they shall be forgiven him. James 4:14-15

– Dr. Henry W. Wright

Wat Dr. Wright eintlik hier sê is dat genesing eintlik in die hande van God en die kerk lê. Die mediese professie is eintlik vir mense wat weier om hulle te bekeer en wat daarom God nie kan nader vir genesing nie. Ek stem saam met sy siening oor die psigiatrie. Hierdie professie het eintlik geen bestaansreg nie. Dit kan selfs vir ongeredde mense van geen nut wees nie. Inteendeel, hierdie professie rig ontsaglike groot skade aan en is eintlik krimineel in hulle optrede.

Die mediese professie praat saam oor die ontsaglike groot skade wat die psigiatriese professie veroorsaak. Hulle erken egter nie almal dat die mediese professie net soveel skade aanrig nie. Eerstens skryf mediese dokters ‘n groot hoeveelheid baie gevaarlike psigiatriese medikasie voor. Tweedens is baie van hulle eie medikasie net so gevaarlik soos psigiatriese medikasie. Derdens is daar geen verskil ten opsigte van die onetiese praktyke wat farmaseutiese vervaardiging maatskappye volg tydens die vervaardiging van medikasie vir die mediese professie nie. Inteendeel, dit is dieselfde maatskappye wat beide psigiatriese medikasie en medikasie vir die mediese professie vervaardig. Vierdens vind daar ontsettend baie nalatige insidente, flaters en diagnoses plaas tydens mediese prosedures. Dit kan ook nie anders nie want die mediese veld is ‘n baie komplekse veld. Dit is ‘n alternatiewe oplossing vir genesing. Dit was nooit werklik veronderstel om te bestaan nie. God se volmaakte wil was nog altyd dat die mens hom moet bekeer en hom tot Goddelike genesing moet wend. Niemand kan dit ontken dat die medici ook goeie werk doen nie. Hulle doen hulle bes maar rig eintlik meer skade aan as goed. Hierdie stelling klink heeltemal oordrewe maar jy sal daarmee saamstem as jy die werklike statistieke ken.

Ek is nie teen die mediese professie nie. Danksy hulle het baie mense die geleenthede gekry om hulle saak met God reg te maak. Die mediese professie is egter nie die oplossing vir siekte nie. Genesing is net gewaarborg as ‘n resultaat tot bekering en wanneer ons ons tot God wend daarvoor. Die groot probleem is dat die mens nie net siekte nie maar ook genesing anders beskou as God. Vir die mens is siekte iets wat onskuldig op hom of oor hom gekom het. Dit is onlosmaaklik deel van ons menswees. Dit is ‘n resultaat van die ongesonde en besoedelde wêreld waarin ons leef. Vir die mens is genesing iets wat hy iewers moet kry om sy lewenswyse te handhaaf, maak nie saak waar en hoe nie.

Dit is juis hierdie gesindheid wat so ‘n groot probleem veroorsaak. Hierdie siening, wat niks anders as nalatige onkunde is nie, veroorsaak wêreldwyd ‘n baie hoë sterfte syfer. Die waarheid is dat siekte die gevolge van sondige leefwyses en ongeloof is. Dit is gevaarligte wat flikker om die mens te waarsku dat iets verkeerd is. Dit is God se oproep tot bekering. Vir God is genesing die verlossing wat die mens ontvang omdat hy hom bekeer het. Genesing behoort net aan kinders van God. Genesing behoort nie aan ongeredde mense nie. Dit is juis dit wat die mediese professie probeer doen. Dit bring genesing vir mense wat dit nie verdien nie en nie toekom nie. Tog is ek baie bly dat dit so is want anders sou ons geen kans gehad het nie. Ek is seker dat dit juis hierdie rede is wat God beweeg het om die mediese professie te verdrae. Hoeveel kinders van God was deur die jare deur die mediese professie aan die lewe gehou totdat hulle op ‘n dag hulle tot God bekeer het. Die mediese professie is egter nie die oplossing vir genesing nie. Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie.

God hét sy Seun Jesus Christus gestuur vir verlossing en genesing. God is nie ongenaakbaar nie. Hy is ‘n God van liefde en kompassie. Die mediese professie is uit nood gebore. Ek weet dat God dit nie in plek gesit het nie maar ek dink ook nie Hy is daarteen nie. Ten minste is daar ‘n plek wat ongeredde mense en ongelowige kinders van God kan help. Mense kry sodoende ‘n kans om hulle te bekeer en om eventueel Goddelike genesing te ontvang. Dit is ons erfporsie. Wanneer ons ons bekeer dan word ons ‘n ontvanger van die beloftes van God. Genesing behoort aan ons.

Wat is siekte?

Siekte is altyd die resultaat van ongehoorsaamheid by die mens. Dit is altyd die afwesigheid van heiligmaking in een of ander area in ons lewens. Dit het altyd ‘n geestelike oorsaak (selfs siektes wat deur ondervoeding en gene veroorsaak word is onder ons beheer. In geloof kan ons dit voorkom in ons kinders en deur God in gees en waarheid te dien).

Dit is juis om hierdie rede dat die mediese professie nooit werklik ‘n deurbraak sal kan maak met betrekking tot die genesing van siekte nie. Ja, hulle sal waarskynlik verbeterings maak met betrekking tot siekte bestuur. Hulle sal mense al langer en beter aan die lewe kan hou met operasies, medikasie en ander mediese behandeling. Hulle spreek egter altyd die simptome aan en nooit die werklike oorsake van siekte nie. Hierdie bediening lê eintlik in die hande van die kerk want die kerk het toegang tot die geestelike dimensie van die mens.

Die onrusbarende werklikheid is dat die medici nie in staat is om mense werklik gesond te maak nie en hulle sal dit nooit werklik kan doen nie. Hulle weet nie waar siektes vandaan kom nie en hulle weet nie hoe om werklik genesing toe te pas nie.

Die medici het siektes redelik goed geïdentifiseer en gekategoriseer. Hulle weet wat siekte is. Hulle weet wat die spesifieke simptome van verskillende siektes is. Definisies van siektes is goed geformuleer. Daar is baie navorsing gedoen en die medici het baie ver gevorder rondom hierdie aspek.

Daar is egter twee areas in hulle veld waarin hulle liederlik faal. Die eerste is die identifisering van die oorsake van siekte en die tweede is die genesing van siekte. Die mediese professie sukkel verskriklik baie met die identifisering van die oorsake van siektes. Hulle soek hoofsaaklik op ‘n verkeerde plek vir die oorsake van siekte. Hulle fokus glad nie op sonde, ongeloof of geestelike oorsake van siekte nie. Om hierdie rede is hulle totaal op ‘n dwaalspoor. Hulle skryf die oorsake van siektes aan baie dinge toe behalwe die werklike oorsake. Al het hulle ook op die werklike oorsake van siekte gefokus sou dit steeds nie baie gehelp het nie. Werklike oorsake is geestelik en daarom is die oplossing of die genesing ook geestelik. Die mediese dokter sou genoodsaak wees om die vyfvoudige bedienaar van God in te roep om vir die sieke te bid.

Ten opsigte van die identifisering van die oorsake van siektes is hier en daar ‘n bietjie gevorder in sekere areas soos byvoorbeeld die gevolge van vrees en spanning. Mediese dokters besef nou al dat dit beroerte, hartaanvalle en sekere psigologiese kondisies veroorsaak. Hulle weet ook al dat woede hartaanvalle veroorsaak.

Vreesbevange mense en gespanne mense lewe in ‘n staat van ongeloof. Beslis ja! Mense wat God werklik vertrou ly nie aan ongeloof nie en daarom ook nie aan vrees of spanning nie. Ongeloof is sonde. Ongeloof lei tot vrees en spanning. Vrees en spanning veroorsaak siektes. Sekere gelowige dokters weet ook al dat bitterheid, haat en onvergewensgesindheid siektes soos kanker en artritis kan veroorsaak. Tog raak hulle net aan die punt van die ysberg. Hoofsaaklik is die georganiseerde mediese professie heeltemal in die donker met betrekking tot die oorsake van die meeste siektes.

Omdat die medici nie kan bepaal wat werklik siektes veroorsaak nie kan hulle dit ook nie effektief behandel nie. Hulle kan nie werklik mense gesond maak of werklik genees nie. Hulle behandel wel die simptome van siektes en maak mense se lewens geriefliker. Die medici kan hoofsaaklik net siekte toestande beheer, die dood uitstel of mense aan die lewe hou wat sekerlik dood sou gegaan het as dit nie vir mediese behandeling was nie. Hulle doen hulle bes maar het relatief min sukses ten opsigte van genesing. Hulle is meer suksesvol ten opsigte van siekte bestuur.

In die proses rig hulle egter ook baie skade aan. Die newe effekte van medikasie is skrikwekkend. Baie mense gaan uiteindelik dood van hierdie medikasie. Kyk wat skryf Dr. MK Strydom, ‘n Christelike mediese dokter, in haar boek, Healing begins with Sanctification of the heart:

According to the Word, God is not interested in disease management, He is interested in disease eradication and disease prevention. Where health-care is concerned today, there is really no such thing – they should be calling it disease management. Disease management means for example prescribing drugs for a diabetic or a person with high blood pressure for the rest of his or her life. The person is artificially maintained and manipulated by these drugs but the underlying problem that initially caused the disease is not dealt with. I am not saying that it is wrong to take medical drugs, it is sometimes very necessary. For example if I have a patient come in with a blood pressure of 200/110, I have got to give the person medication to get that blood pressure down before he has a stroke and dies. It is an emergency, there is no time to sit down and deal with the issues in his life that lead to perpetual thoughts of fear, anxiety, stress and worry about the future (which is the cause of high blood pressure).

Similarly if I have a patient that I diagnose with hyperthyroidism, I’ve got to put him on medication as this condition is potentially life threatening. But is that the ultimate solution? It is in science. However, that is not scriptural. We think that disease management is a cure – no, if you were cured you wouldn’t need disease management. Disease management is another form of bondage. Disease management means you’re not free – you are not healed of your disease. But the Bible says that he who the Son sets free is free indeed (John 8 v 36).

I personally will only prescribe medication in the short term to save a person’s life or to get the person into a place of safety so that he or she has time to go and deal with the root of the problem that is causing the disease. Prescribing drugs as a single act is fine but the problem comes in when a person stays on those drugs permanently without the underlying problem behind the disease being dealt with. To those of you who are on chronic medication, I would like to inform you that God does not want you artificially maintained and chemically manipulated by medical drugs for the rest of your life. He wants to heal you and set you free of that disease permanently. But you also have a responsibility before God to get sin out of your life and to line yourself up with His Word and His conditions for healing.

– Dr. MK Strydom

Die meeste mediese dokters deel nie dieselfde siening met betrekking tot hierdie onderwerp nie. Dr. Strydom is een van die min dokters wat weet waaroor dit gaan. Die meeste dokters wêreldwyd steur hulle nie aan hierdie tipe strategie nie. Hulle is daar om geld te maak. Natuurlik doen die meeste van hulle hulle bes om na die pasiënt se welsyn om te sien.

Die mediese professie is egter kommerwekkend onkundig met betrekking tot die oorsake van siekte asook die behandeling van siekte. Dit maak die mediese professie baie gevaarlik. Daar is in die loop van die afgelope paar jaar in die VSA baie navorsing gedoen rondom die invloed wat die mediese professie op die jaarlikse sterfte syfer van die land het. Die resultate van hierdie syfers was skokkend. Hier volg ‘n uittreksel uit die verslag getiteld “Death by medicine” van Gary Null, PhD; Carolyn Dean MD, ND; Martin Feldman, MD; Debora Rasio, MD; en Dorothy Smith, PhD:

Each year approximately 2.2 million US hospital patients experience adverse drug reactions to prescribed medications. In 1995, Dr. Richard Besser of the federal Centers for Disease Control and Prevention (CDC) estimated the number of unnecessary antibiotics prescribed annually for viral infections to be 20 million; in 2003, Dr. Besser spoke in terms of tens of millions of unnecessary antibiotics prescribed annually. Approximately 7.5 million unnecessary medical and surgical procedures are performed annually in the US, while approximately 8.9 million Americans are hospitalized unnecessarily. As shown in the following table, the estimated total number of iatrogenic deaths—that is, deaths induced inadvertently by a physician or surgeon or by medical treatment or diagnostic procedures— in the US annually is 783,936. (999,936 according to Leape’s 1997 medical and drug error rate of 3 million multiplied by the 14% fatality rate he used in 1994)

It is evident that the American medical system is itself the leading cause of death and injury in the US. (999,936) By comparison, approximately 699,697 Americans died of heart diseases in 2001, while 553,251 died of cancer.

THE ESTIMATED ANNUAL MORTALITY AND ECONOMIC COST OF MEDICAL INTERVENTION IN THE USA

Adverse Drug Reactions/Medical error: 420,000 deaths at a cost of $200 billion

Bedsores: 115,000 deaths at a cost of $55 billion

Infection: 88,000 deaths at a cost of $5 billion

Malnutrition: 108,800 deaths (cost not included in report)

Outpatients: 199,000 deaths at a cost of $77 billion

Unnecessary Procedures: 37,136 at a cost of $122 billion

Surgery related: 32,000 deaths at a cost of $9 billion

Total deaths and cost: 999,936 deaths at a cost of $468 billion

– Gary Null, PhD; Carolyn Dean MD, ND; Martin Feldman, MD; Debora Rasio, MD; and Dorothy Smith, PhD

Dit is ‘n voldonge feit mense, in die VSA is die mediese professie die grootse oorsaak van sterftes en beserings in die land. Hartsiektes is tweede en kanker derde. Ek kan nie anders as om te vermoed dat dit nog slegter in ander dele van die wêreld gaan nie. Geen wonder nie dat baie mense die afgelope paar jaar baie skepties oor medikasie en die mediese professie geword het. Baie mense wend hulle al meer tot Goddelike genesing of ander alternatiewe genesingsmetodes.

Hoekom sal kinders van die Here hierdie wankelrige pad loop? Siekte kom van sondige aktiwiteite of van ongeloof. Bekeer jou mens, vra God om vergifnis en laat die ouderlinge vir jou bid. God waarborg jou genesing en Hy waarborg jou dat jy vergewe sal word as jy gesondig het. Mense het in die verlede bloutjies geloop wanneer dit by Goddelike genesing kom. Hoekom? Want hulle het nooit besef dat “bekering” ‘n voorvereiste is vir genesing nie. Mense het al die jare gedink dat siekte sommer net onskuldig oor hulle gekom het. Dit was nooit nodig om jou van iets of van verkeerde weë te bekeer nie. Siekte is ‘n waarskuwing aan ongeredde mense én aan kinders van God dat iets iewers verkeerd is!

Op verskeie plekke het Jesus vir siekes gebid en gesê dat hulle nie weer moet sondig nie anders gaan hulle weer siek word of selfs erger goed gaan met hulle gebeur:

Johannes 5:14

Daarna het Jesus hom in die tempel gekry en vir hom gesê: Kyk, jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.

Die medici sal nooit as te nimmer vir jou sê dat jy siek is omdat jy sondige aktiwiteite in jou lewe vertroetel nie. Hulle sal nooit vir jou sê dat jy jou moet bekeer nie. Hulle dink nie eens aan hierdie goed nie. Die meeste van hulle is self ongered en gaan self gebuk onder die gevolge van sonde. Die medici soek ander redes vir siekte. Hierdie redes maak gewoonlik die mens ‘n onskuldige slagoffer van omstandighede buite sy beheer. Hy het skielik allergies geword vir sekere kossoorte of dit is ‘n oorgeërfde kondisie wat skielik aktief geword het.

In die meeste gevalle raai hulle wat die siekte toestand veroorsaak het. Soms gee hulle die amptelike medies geformuleerde lys van faktore wat moontlik bygedra het tot die kondisie. Dokters is baie lief daarvoor om te sê dat dit ‘n kombinasie van faktore is wat ‘n siekte veroorsaak het. In werklikheid is die mediese professie meesal heeltemal in die donker wanneer dit kom by die oorsake van siekte. Hulle het nie die vaagste benul vanwaar siektes kom nie. Hulle fokus eintlik op die fisiese simptome wat niks anders as die resultaat van ‘n diepliggende probleem is nie. Hulle kom egter nooit by die wortel van die probleem uit nie.

Mediese toetse is baie onbetroubaar omdat die verskillende faktore wat die toetse kan beïnvloed net nie geïsoleer kan word nie. Dit is ‘n saak van onmoontlikheid. Die menslike liggaam is nie ‘n laboratorium nie. Proefbuise en dergelike toets apparate werk redelik goed in ‘n laboratorium waar die toetse redelik goed beheer kan word. Die komplekse chemiese inhoud van die menslike liggaam en ‘n menige ander faktore binne die menslike liggaam maak mediese toetse egter baie onbetroubaar. Dit wat die medici in elk geval optel in hierdie toetse is in werklikheid net die fisiese gevolge van die diepliggende probleem of die wortel van die probleem. Die geestelike oorsake van ons fisiese probleme kortwiek eintlik die mediese toetse. Dit is juis as gevolg van hierdie faktore dat mediese toetse so dikwels teenstrydige resultate oplewer.

Die mediese professie soek die oorsake van siekte op ‘n verkeerde plek. Alle siekte se oorsprong is geestelik van aard en nie fisies nie. Die wortel van die kwaad is geestelik. Dit manifesteer na ‘n tyd in die fisiese terrein maar dit is in werklikheid net die simptome of uiterlike resultaat van dit wat in die geestelike terrein tot stand gekom het. Die werklike oorsprong van siekte lê in die gees dimensie van die mens en die simptome daarvan lê in die fisiese dimensie. Siekte is fundamenteel geestelik van aard. Dit word deur ‘n geestelike wanbalans veroorsaak wat altyd op ‘n fisiese vlak manifesteer. Die wortel van die kwaad is altyd geestelik en nooit fisies nie. Die Bybel is baie duidelik omtrent die oorsprong van siekte. Dit is die eindresultaat van sonde of ongeloof waarmee nie gedeel is nie!

Dit is juis om hierdie rede dat die medici nie mense werklik gesond kan maak nie. Hulle dokter die simptome in die fisiese dimensie van die mens. ‘n Voorbeeld hiervan is byvoorbeeld Parkinsonsiekte. Meer as die helfte van die wêreldse Parkinsonsiekte pasiënte is in China. Die Chinese regering verwag dat mense in China wat aan hierdie siekte ly binne vyfjaar die vyfmiljoen merk verby gaan steek. Dit is stadig maar seker besig om hand uit te ruk in China en slagoffers van hierdie siekte word op ‘n al jonger ouderdom daarmee gediagnoseer. Die Chinese regering en die Chinese medici erken dat hulle geen idee het hoe hulle hierdie probleem die hok kan slaan nie. Hulle erken dat hulle geen idee het hoe Parkinsonsiekte ontstaan nie. Hulle weet juis daarom nie hoe om dit te behandel nie. As jy vir die medici in die res van die wêreld vra wat Parkinsonsiekte veroorsaak dan kry jy gewoonlik die volgende antwoord:

Parkinson’s disease is caused by the progressive impairment or deterioration of neurons (nerve cells) in an area of the brain known as the substantia nigra. When functioning normally, these neurons produce a vital brain chemical known as dopamine. Dopamine serves as a chemical messenger allowing communication between the substantia nigra and another area of the brain called the corpus striatum. This communication coordinates smooth and balanced muscle movement. A lack of dopamine results in abnormal nerve functioning, causing a loss in the ability to control body movements.

Why Parkinson’s disease occurs and how the neurons become impaired is not known. However, there is increasing evidence that Parkinson’s disease may be inherited (passed on genetically from family members).

– WebMD

Die stelling dat Parkinsonsiekte moontlik geneties oorgedra word is net ‘n bespiegeling. Inteendeel, oor die algemeen en met betrekking tot alle siektes, word baie min mense siek as gevolg van ‘n genetiese wanbalans (baie minder as 1%).

Net soos die Chinese, wat baie navorsingswerk in hierdie area gedoen het, is die res van die wêreld net so in die donker oor die oorsake van hierdie siekte. In die meeste gevalle is hierdie scenario waar vir alle siektes. Die medici ken die siekte en hulle weet meesal watse simptome in die liggaam plaasvind. Hulle het egter geen idee wat dit veroorsaak nie en begin altyd daaroor bespiegelings maak. Die woordjies, “there is increasing evidence”, gee hulle onkunde altyd weg. Die nare werklikheid vir die medici is dat hulle glad nie weet wat die meeste siektes veroorsaak nie! In die geval van Parkinsonsiekte erken die Chinese dit.

Hoekom noem Dr. Strydom die werk van die mediese professie “siekte bestuur” en nie “gesondheidsorg” nie? Mense moet gewoonlik lewenslank medikasie gebruik omdat hierdie medikasie net die simptome verlig. Dit kan nie die siekte toestand genees nie. Omdat die wortel van die kwaad nie verwyder is nie kan die simptome net beheer word. Die simptome kan nie permanent verwyder word terwyl die wortel van die kwaad nog bestaan nie. Na ‘n redelike kort rukkie slaan dit weer deur na die fisiese terrein. Ja, natuurlik is daar operasies wat mense se lewens met rasse skrede verbeter. Baie van hulle gaan egter weer agteruit na ‘n paar jaar. Hoekom? Want daar is nooit met die wortel van die kwaad gedeel nie. Die wortel van die kwaad is altyd een of ander sondige aktiwiteit wat maar net weer in die fisiese terrein manifesteer. Die beterskap, as gevolg van ‘n suksesvolle operasie, word dikwels weer ongedaan gemaak omdat daar nooit met die wortel van die kwaad mee gedeel is nie.

Vrede met God en met jou medemens

Gewoonlik word die meeste siektes deur onvergewensgesindheid en vrees veroorsaak. Ware genesing is net moontlik wanneer ons as kinders van God in vrede met God en ons medemens leef. Die begin van genesing is wanneer ons vrede maak met God, met onsself en met ons medemens. Wanneer daar ‘n toestand van totale vrede tussen ons en God en alle ander mense is, dan kan siektes nie op ons groei nie. Ons raak dus ontslae van sondige aktiwiteite in ons lewens:

Deuteronomium 6:5

5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.

Levitikus 19:18

18 Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Mattheus 22:37-40

37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

38 Dit is die eerste en groot gebod.

39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Terwyl ons ongehoorsaam is met betrekking tot hierdie Skrifgedeeltes kan ons nie vrede in ons harte hê nie en kan ons nie gesond word nie. Al word ons genees sal ons net maar weer siek word. Daar moet altyd met die wortel van die kwaad gedeel word anders is permanente genesing onmoontlik.

Mattheus 5:22-26 is baie duidelik oor verhoudings:

22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

25 Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.

26 Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie.

Mattheus 6:15

Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Hierdie is kras woorde en dit wys jou net hoe God oor verhoudings voel. Jy moenie eens jou gawe altaar toe bring nie. God wil niks van jou hoor nie. Inteendeel, as jy op hierdie gebied ongehoorsaam is gaan jy verantwoording doen in die helse vuur. Jy sal nie daar uitkom nie en jy sal die straf dra van jou dade. Wanneer ‘n kind van God nie in vrede lewe met sy medemens nie, wanneer daar verbittering en onvergewensgesindheid in sy hart is kan hy maar vergeet van genesing. Hoekom word mense nie gesond nie? Het jy al ooit gehoor dat ‘n vyfvoudige bedienaar vir iemand sê dat dit dalk sonde in sy lewe kan wees of dalk onvergewensgesindheid? Mense, hierdie aspek rondom Goddelike genesing kan nie onderskat word of geïgnoreer word nie. Bekeer jou. Maak reg met God. Maak reg met jou medemens sodat jou genesing kan realiseer.

1 Korinthiërs 11:29-31 bring dit ook baie mooi na vore:

7 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap.

31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.

Wat beteken dit om op ‘n onwaardige wyse te eet en drink wanneer dit by die verbondsmaal kom? Mense onderskei nie die liggaam van Jesus Christus nie. Hulle verwerp die feit dat Hy met sy liggaam, wat geslaan was, vir ons genesing gebring het. Deur hulle ongeloof kan hulle nie genesing ontvang nie. Hulle verwerp die verlossingswerk van Jesus Christus ten opsigte van genesing. Vir sulke mense het Hy daardie slae en marteling wat vir hulle genesing gebring het verniet verduur. Dit word deur roekelose ongeloof en onkunde vermors en hierdie mense gaan eventueel dood van die een of ander siekte. Die medici deel nie met hierdie aspekte nie. Daarom kan hulle nie genees nie.

Bogenoemde Skrifgedeelte het egter ook ‘n ander betekenis: Die kerk, met ander woorde mense, is die liggaam van Christus. Sommige kinders van God is rassisties en aanvaar nie alle rasse as deel van die liggaam van Christus nie. As gevolg van rassisme, wat niks anders as haat en veragting is nie, bring hulle sodoende siekte en ellende oor hulleself. ‘n Derde oorsaak in hierdie verband is wanneer daar onmin en verbittering onder gemeentelede is. Die vrede van God is uiters belangrik. As ons nie vrede het met God en met alle mense nie gaan ons siek word en siek bly.

Hebreërs 12:15

14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;

15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

Romeine 12:18

…leef in vrede met alle mense

Bitterheid besoedel die mens in so mate dat allerhande reaksies in die liggaam van die mens begin plaasvind. Hierdie reaksies rig permanente fisiese skade aan die liggaam aan en bring eventueel een of ander siekte kondisie tot stand. Die groot probleem met betrekking tot siekte in die samelewing is nie dat God nie wil genees nie maar dat die mens nie die oorsake van siekte verstaan nie. As ons weet wat siektes veroorsaak sal ons weet wat om te doen om dit te voorkom. Miljoene mense sterf jaarliks aan allerhande siektes as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.

Wanneer die mens as gevolg van sondige aktiwiteite siek word, sal nie net hy nie, maar ook sy dokter en die res van die mediese professie nie werklik iets daaraan kan doen nie. Siekte het altyd ‘n geestelike oorsaak en siekte moet geestelik aangespreek word. Terwyl die wortel van die probleem nie aangespreek is nie bly dit ‘n blokkasie. Selfs die mediese professie kan nie hier verby kom nie. Kyk wat sê Dr. Strydom oor hierdie aspek:

I’m not against doctors otherwise I wouldn’t be a doctor myself. As a doctor I believe I have a valuable role to play in educating people about disease from both a medical and spiritual perspective. There are times when I need to use medical drugs in a life threatening or potentially dangerous situation to get a person into a place of safety, as I explained previously. If a person has a heart attack or slips into a diabetic coma for example, I have the knowledge and skill to save his or her life. This buys back time for the person to deal with the underlying problem….

However, conventional medicine, chiropractic medicine, Eastern medicine, various religions and spiritual groups, are all trying to decrease the effects of disease through prescription drugs and various other methods. They are all merely trying to by pass the penalty of the *curse of sin and disobedience but are getting nowhere.

The worldly doctors, psychologists, psychiatrists and other variations of medicine are failing. The World Health Organization has said that there have been zero advances made in mental healthcare

– Dr. MK Strydom

*(Ek verskil hier effens van Dr. Strydom: nie die vloek van sonde nie maar die gevolge van sonde en ongehoorsaamheid – onthou, God het die wet van generasievloeke in die dae van Jeremia  en Ezegiel herroep en bowendien het Jesus Christus reeds die vloek op ons eie sondes vir ons gedra)

So although God promised mankind that He will repeal the law of generational curses through his prophet Jeremiah: Jeremiah 31:29-30 In those days people will no longer say, The parents have eaten sour grapes, and the children’s teeth are set on edge. Instead, everyone will die for their own sin; whoever eats sour grapes – their own teeth will be set on edge. This is what God promised in the days of Jeremiah and very soon after the promise, those days arrived…

And although God did declare that He has fulfilled this promise in the days of Ezekiel, people still believe in generational curses. Ezekiel 18:20 The soul that sinneth, it shall die. The son shall not bear the iniquity of the father, neither shall the father bear the iniquity of the son: the righteousness of the righteous shall be upon him, and the wickedness of the wicked shall be upon him.

Read the whole chapter of Ezekiel 18 and you will clearly see that the promise made in the days of Jeremiah was indeed fulfilled in the days of Ezekiel. God was surprised that the Israelites were offended by this. See Ezekiel 18:19 Yet say ye, Why? doth not the son bear the iniquity of the father? When the son hath done that which is lawful and right, and hath kept all my statutes, and hath done them, he shall surely live.

So people still refer to Scriptures about generational curses which were recorded in the Bible before Jeremiah and Ezekiel and they ignore the Scriptures that came after the Scriptures that they so zealously use to support their false doctrines. They refer to old laws that were legally repealed by God and still apply them to people today. They don’t do that with other Scriptures like the one about “an eye for an eye, a hand for a hand and a tooth for a tooth” which was also repealed.

On the one hand, they admit that some Scriptures or laws were repealed but on the other hand, they fail to admit that others were also repealed. The bottom line is that all Scriptures in the Bible about generational curses before Jeremiah 31 and Ezekiel 18 or before the days of Jeremiah and Ezekiel, need to be ignored because the law of generational curses has been repealed at that time. Those early laws were not valid anymore since it was repealed.

– ASR Martins (The Truth About Sicknesses and Diseases)

Die naakte waarheid is dat sondige aktiwiteite siekte veroorsaak. En ja, ek stem saam met Dr. Strydom; ons kan nie die gevolge daarvan illumineer deur mediese behandeling nie. Ons kan nie by hierdie aspek van siekte verbykom nie. Net die Christelike geloof het ‘n antwoord hierop. Net God kan ons uit hierdie penarie help. Kyk wat het met Israel gebeur toe hulle van God af weggedraai het:

Psalm 107:17-20

Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is – hulle siel het ‘n afsku gehad van elke soort voedsel, en hulle het tot by die poorte van die dood gekom. Toe het hulle die Here aangeroep in hul benoudheid; uit hulle angste het Hy hulle verlos. Hy het sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon gesond maak en hulle uit hul kuile kon red.

Esegiël 18:32

Bekeer julle dan en lewe.

Hierdie Skrifgedeeltes is Ou-Testamenties ja maar dieselfde kondisies wat gevolg moet word as ons genesing wil ontvang is vandag steeds relevant: Goddelose Israeliete was gestraf vir hulle sondes. Ons nie. Maar tog is siekte ook ‘n natuurlike resultaat van sonde. Die Israeliete het tot inkeer gekom en in hul benoudheid tot God geroep. Hulle het hulle bekeer en teruggedraai na Hom. Hy bly getrou. Hy het hulle elke keer verlos en hulle elke keer genees. God het sy woord uitgestuur om hulle te genees. Dit is vandag nog so. Die Woord behoort vandag permanent aan ons. Toe God sy Seun gestuur het om die mens te verlos was sy wil en sy Woord vir eens en vir altyd volbring.

God het regdeur die Bybel dit baie duidelik gemaak waar siekte vandaan kom. Daar is geen grys areas nie. Hy het die oorsake van siekte bevestig. Hy het selfs die oplossing vir hierdie wêreldwye probleem vir ons gegee. Dit is eintlik baie eenvoudig.

Elke siekte, elke ellende, elke katastrofe en elke tragedie het tot stand gekom as gevolg van ‘n geestelike insident wat ‘n kettingreaksie aan die gang gesit het. Hierdie geestelike insidente wissel vanaf opsetlike sonde tot roekelose nalatigheid, haat, onkunde, ongeloof en ongehoorsaamheid. Siekte is maar net die vrug wat in ons lewens manifesteer. Ellende en tragedie is maar net die vrugte wat in ons lewens manifesteer. Ons nalatige dade en nalatige woorde het werklike gevolge in die geestelike area van ons bestaan tot stand gebring. Daar is altyd ‘n obskure wortel van die kwaad wat die vrug tot stand laat kom het. Die wortel het ‘n boom geword en die boom het vrug gedra. Mense word nie onskuldig siek nie. Daar is ‘n paar uitsonderings wat ons elders in die boek gaan behandel. Hierdie uitsonderings is egter nie heeltemal onskuldig is nie. Ellende sak nie toe op onskuldige mense nie. Mense word nie onskuldig beroof en besteel en verkrag nie. Dit is ‘n beginsel in die koninkryk van God. Vanaf die eerste dag van die wêreld se bestaan tot vandag het geen mens nog ooit onskuldig siek geword nie. Dit is absoluut onmoontlik. Ieder en elke siekte, elke ellende en elke tragedie was deur sonde veroorsaak. Van toeka tot nou.

Kan selfone brein kanker veroorsaak? Kan ‘n muskiet VIGS oordra? Wanneer iets heeltemal onskuldig is, wanneer dit nie sonde is nie, kan ek jou nou al sê: Dan sal dit nie siektes veroorsaak nie. Wat van skadelike substansies waarvan jy nie weet nie? Psalm 91! Die Here het sy engele aangaande jou bevel gegee om jou te beskerm en jou te bewaar! Ons het die Heilige en weet alles! Moenie vrees vir die siekte wat op die middag verwoes nie! Wat ook al die probleem of die gevaar, na jou toe sal dit nie aankom nie! Mense, ons leef in en deur die geloof. Dit is “foolproof”. Ons glo egter nie die woord van God nie en ons laat dit nie vir ons werk nie. Wanneer ons faal en onsself siek maak as gevolg van roekeloosheid of ongeloof, God bly getrou, dan kan ons steeds die ouderlinge inroep om vir ons te kom bid. Ons sál gesond word. As ons gesondig het sal dit ons vergewe word.

Babatjies en kinders val onder die geestelike verantwoordelikheid van hulle ouers. Siekte toestande in babatjies en kinders kom tot stand as gevolg van die nalatigheid van hulle ouers. Dit het niks met bloedlyn vloeke te doen nie. Dit het alles te doen met die natuurlike gevolge van sonde. Dit het alles te doen met die nalatige optrede, sondige aktiwiteite (soos om in jou kinders se teenwoordigheid te rook) en die ongeloof van die ouers. Ons as ouers het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons kinders. Ons moet ten alle tye verantwoordelik optree met betrekking tot hulle. Ons kan groot ellende oor ons kinders laat kom deur roekelose optredes, ongeloof en gesindhede.

Moenie siek word nie!

Die belangrikste doelwit wat daar vir die mens is met betrekking tot siekte is nie om gesond te word nie. Nee, nog belangriker as dit moet ons poog om nie siek te word nie! Hoe? Deur ons nie besig te hou met allerhande sondige aktiwiteite nie. Deur vrede met God en met alle mense te handhaaf. Deur nie verbitterd of haatdraend te word nie. Deur nie in ongeloof te verval nie. Deur ‘n vaste vertroue in God en in sy woord te handhaaf. Goddelike gesondheid is gewaarborg. Lees weer Psalm 91:6 (Moenie vrees vir die pes en vir die siekte wat in die middag verwoes nie!)

Bekeer jou. Vra God om vergifnis en neem Jesus Christus aan as jou Verlosser. As jy reeds ‘n kind van God is, bekeer jou van jou verkeerde weë en draai jou rug daarop.

Kyk wat sê Psalm 103:3

(Loof die Here)…Wat al jou ongeregtighede vergewe, wat al jou krankhede genees

Hoekom word sonde en siekte regdeur die Bybel konstant aanmekaar gekoppel? Hoekom is daar altyd ‘n konneksie? Want siekte was en is die straf en die gevolge van sonde. Eers wanneer jy jou bekeer het kan jy aanspraak maak op genesing. Jy kan nie soek vir genesing en maar net voortgaan met jou sondige aktiwiteite nie. Siekte volg sonde. Genesing volg bekering. Moenie dink dat jy, omdat jy in ‘n bloedverbond met God is en uit genade lewe, jy kan maak wat jy wil sonder om die gevolge daarvan te dra nie. Dit is presies wat 2 Korintiërs 7:1 sê:

Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.

Weet egter dat jy nie jou gesondheid kan verseker deur op ‘n wettiese metode jou te weerhou van allerhande sondige aktiwiteite nie. Nee, as ons op hierdie manier heilig en rein voor God wil lewe gaan ons die sieklikste mense op aarde wees. Ons hou onsself rein deur altyd ons oë op Christus Jesus gevestig te hou. Sodoende hou ons onsself rein en geregtig voor God.

1 Johannes 3:3

En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.

Ons leef in genade! Ons lewe deur die geloof in Christus! Ons hoop is altyd op Christus!

1 Petrus 5:6-9 wys vir ons baie mooi hoe ons voor God moet wandel:

6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.

Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.

8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.

Wat sê hierdie Skrifgedeelte:

  1. Verneder jou voor God en onderwerp jou aan sy wil.

  2. Werp al jou bekommernis op Hom.

  3. Wees nugter en waaksaam.

  4. Weerstaan die duiwel.

  5. Wees standvastig in die geloof.

As ons voor God wandel soos wat hierdie Skrifgedeelte ons voorhou, sal ons nie siektes oor onsself bring nie.

Ons moet ‘n suiwer en ‘n rein godsdiens voor God handhaaf. Wat is ‘n suiwer en ‘n rein godsdiens?

Ons lees daarvan in Jakobus 1:27

Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dit: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jou vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

Ons moet heiligmaking nastreef en ons moet goed doen aan ons medemens, veral aan die wat nie vir hulleself kan sorg nie. Wat beteken dit om jou vlekkeloos te bewaar? Dit beteken om jou te weerhou van die sondige aktiwiteite van die wêreld!

Die volgende belangrike aspekte rondom bloedlyn vloeke word deeglik in die boek, “Die waarheid omtrent bloedlyn vloeke” bespreek en verduidelik hoe die koninkryk beginsels van God rondom hierdie onderwerpe funksioneer:

Wanneer mense na hulle voorouers kyk maak hulle persoonlike observasies wat hulle op ‘n dwaalspoor neem.

Mense weet nie hoekom hulle siek is nie en hulle verstaan nie die werklike oorsake van siekte, ellende en swaarkry nie.

Mense ken nie die Bybelse beginsels rondom die straf van God nie.

Mense ignoreer die Skrifgedeeltes waarin God dit duidelik uitspel dat geen mens ‘n ander mens se sondes kan of mag dra nie.

Mense verstaan nie die verlossingsdaad van Christus aan die kruis nie.

Bogenoemde was ‘n kort uittreksel uit die boek, “Die Waarheid Omtrent Siektes En Ander Ellendes”. Dit kan nou aangekoop word op die skakel hier onder:

Terug na die Tuis bladsy

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

2 thoughts on “Waar kom siektes vandaan?”

  1. I was diagnosed with Parkinson’s disease nearly 4 years ago, at age 51. I had a stooped posture, tremors, muscle stiffness, sleeplessness, and slow movement. I was placed on Sinemet for 7 months and then Sifrol and rotigotine were introduced which replaced the Sinemet but I had to stop due to side effects. I was in denial for a while as there is no history of PD in my family. I also used amantadine, and physical therapy to strengthen muscles all failed. I decided to adopt a more natural approach and started on Parkinson’s Herbal formula from Organic Herbal Clinic, the Parkinson’s natural formula immensely helped my condition, i had a total recovery from PD with this natural herbal formula treatment. Organic Herbal Clinic official web site www . organicherbalclinic . com. I feel alive again!!

    Reply
    • I am so glad to hear this Laurel. God is good and He loves you so much.

      Blessings in Christ

      ASR Martins

Leave a Comment