Die Waarheid Omtrent Bloedlynvloeke

DIE WAARHEID OMTRENT DIE UITSPREEK VAN VLOEKE

Mense is onder die indruk dat ‘n kind van God deur satan aanbidders en ander mense vervloek kan word. Mense verstaan nie dat niemand ‘n ander persoon kan vervloek wat deur God geseën is nie. Kan jy dit glo? Waar is ons geloof in die woord van God? Ons het nie geloof nie want ons ken nie die woord van God nie. Geloof is uit die gehoor en die gehoor is deur die woord van God. Dit is so eenvoudig soos dit. Ons herken nie die leuen nie want ons weet nie wat die waarheid is nie.

As jy hoor van satanaanbidders wat op berge en hoogtes bymekaar kom om teen huwelike en kinders van God te bid en om vloeke oor hulle uit te spreek hoef jy letterlik glad nie daarop te reageer nie. Jy kan oombliklik omdraai en verder slaap sonder om een sekonde verder daaroor te dink of daaroor te bid. Ons stry ‘n geloof stryd. Ons stry nie ‘n fisiese stryd teen bose magte nie.

As ‘n satanaanbidder vir sy god bid, wat kan sy god doen? Net mooi niks!

Hulle is reeds oorwin op Gólgota en Christus Jesus het hulle al reeds ieder en elk van hulle in sy triomftog in die openbaar ten toon gestel as ‘n verslane vyand.

Kol 2:15

nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

Hulle het die onderspit eens en vir altyd gely en kan nooit in der ewigheid ooit weer van die grond af opstaan nie. Die woord “uitgeklee” beteken afstroping, berowing of uittrek. Dit is niks anders as die ontwapening van die vyand nie. Die woord “tentoongestel” beteken “aan die publiek gewys”. In die Engels beteken dit om iets te “showcase”. In die Bybelse tyd het die seëvierende koning die vyand uitgeklee en in ‘n triomftog deur die strate van die hoofstad of die vesting van die koning geneem. In die prosessie het die koning en sy soldate deur die strate op hulle perde gery met vlae en baniere. Die voetsoldate was ook daar. Dit was ‘n hele triomftog. Die skare het langs die paaie hierdie optog aanskou en saam die oorwinning gevier. Dit was ‘n wonderlike en ‘n heuglike gebeurtenis. Die vrouens en kinders asook die ouer garde het gejuig en ook vlae en baniere geswaai om die oorwinning te vier. Hierdie triomftog is afgesluit met heuglike feesvieringe tot laat in die nag.

Die verslane koning en sy belangrike hooggeplaaste offisiere is in kettings deel van hierdie triomftog gemaak. Hulle moes so vasgeketting, moeg, uitgemergel, met slepende voete as gevangenis van die seëvierende koning deel van die prosessie uitmaak. So ‘n verslane koning is letterlik uitgeklee en in die openbaar tentoongestel. Almal kon sien hoe daar oor hom getriomfeer is. Na die triomftog is hulle gewoonlik na die kerker geneem waar hulle in haglike omstandighede aangehou is en meeste van die tyd doodgemaak is. Dit is presies wat Christus Jesus in die gees wêreld met die duiwel en sy gevalle engele gedoen het. Lees weer Kol 2:15 om hierdie waarheid te verstaan. In die geesteswêreld was daar so ‘n openbare prosessie waarin die duiwel en al sy bose engele uitgeklee en tentoongestel is. Alle geestelike wesens het hierdie prosessie besigtig en is ewige getuienis van die volslae oorwinning van Jesus Christus oor die bose.

Jesus is deur die Goddelike wesens van God verheerlik omdat Hy oor die duiwel getriomfeer het. Dit was werklik ‘n volslae oorwinning. Daarom is die oorlog verby. Ons hoef werklik niks mee te doen nie wat oorlogvoering betref nie. Al die veldslae is almal reeds oorwin. Die duiwel en sy gevalle engele is ‘n verslane vyand. Om hierdie rede is daar nie soiets soos geestelike oorlogvoering nie. Dit is ‘n neweproduk van die bloedlyn vloeke leerstelling. Ja daar is nog ‘n stryd maar dit is ‘n geloof stryd en nie oorlog nie!

Die slagting was hard en finaal! Die bose magte het nie ‘n kat se kans gehad nie. Dit was ‘n skielike slag wat hulle van alle outoriteit, mag en krag gestroop het en hulle het nou nog nie tot verhaal gekom nie. Die Bybel sê dat Jesus Christus die bose magte tot nul gemaak het. Hulle het dus geen outoriteit en steeds geen krag of mag nie.

Ons stryd is wel teen die bose magte in die lug maar daardie stryd vind hier tussen ons ore plaas. Hulle bombardeer jou met leuens en sit en duim vashou dat jy dit sal glo; daarom is dit ‘n geloof stryd. Dit is die ENIGSTE kans wat hulle het. Moenie dat die duiwel jou ooit uitdaag tot ‘n fisiese stryd nie. Hy sal graag wil hê dat jy in die een of ander stryd teen hom persoonlik betrokke moet raak want dan weet hy dat jy nog nie weet dat hy oorwin is nie. Nee, jou stryd is nie teen hom nie. Jou stryd is teen sy woorde, die leuens wat by sy mond uitkom. Die stryd vind in jou gedagtes plaas. Die bose probeer om jou geloof in God en in sy woord te vervang met leuens en met negatiewe gedagtes. Dit is hier waar hy die stryd wen. Dr. Henry W. Wright het die volgende te sê hieroor:

As you think about things over and over again, protein synthesis occurs. It involves RNA and DNA. The thought that is recalled over and over again actually becomes permanently part of your biology. God wants to train you so that His law (word) is not just in your Spirit, but so that His law (word) is part of your personality as a human being.

The enemy wants to train you too and he uses the same pathway. He wants to give you the law of sin as part of your personality, as opposed to the law (word) of God. There is a battle because both laws are in your members according to Scripture.

Even as Christians, we have the law of sin in our members. For example, do you ever experience strife in your families? Is the distance between your brain and your tongue ever zero? Are the words that come out of your mouth words of life or words of death?

The law of sin is reinforced by a being (sin by its fallen nature) or because your mind has not been renewed. Everything you perceive externally is recorded in your long-term memory, which becomes part of your biology.

Many Christians serve sin. That does not mean that they are possessed. It means that they are under the influence of the law of sin and they follow it as if it were true…

Dr. Henry W. Wright

Is dit geestelike oorlogvoering of bloot ‘n geloofstryd?

Kinders van God verskil dikwels wanneer dit by hierdie onderwerp kom. Diegene wat teen die geestelike oorlogvoering konsep staan se hoof motivering is die volgende: As die kerk nog steeds teen die bose oorlog moet voer dan beteken dit dat Jesus Christus nie ‘n volslae oorwinning teen die bose behaal het nie. Dit is teenstrydig met baie Skrifgedeeltes in die Bybel soos hierdie een:

Kolossense 2:15

nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.

Romeine 8:31

Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees?

2 Korintiërs 2:14

Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

Romeine 8:37

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Romeine 8:28-30

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Wanneer twee opponente nog in ‘n oorlog gewikkel is dan beteken dit dat daar nog nie ‘n oorwinnaar is nie. Die tweestryd is nog aan die gang. Die oorlog is nog nie gewen nie. Die Skrif is egter baie duidelik dat Jesus Christus die duiwel oorwin het en tot nul gemaak het. Hy het hom en die bose engele van alle outoriteit en mag gestroop en in sy openbare triomftog uitgeklee.

Diegene wat vir die geestelike oorlogvoering konsep staan se hoof motivering is dat Jesus Christus die oorlog gewen het maar dat ons as kinders van God nog steeds sekere veldslae moet wen. Die bose het nog steeds krag en mag en kan die stryd teen kinders van God wen as hulle nie oppas nie.

Die ander kamp redeneer dat as hulle nog steeds self die bose moet oorwin deur geestelike oorlogvoering dan is hulle besig om hulleself te red en te verlos van dit wat die duiwel ons van beroof en besteel het. Jesus Christus se redding en verlossing was dus nie ‘n volmaakte verlossing nie. Dit hang dus van ons af of ons verlos gaan wees of onder die juk van bose onderdrukking gaan lewe. As ons die veldslag verloor is ons nie verlos nie as gevolg van ‘n nederlaag teen die bose.

Diegene wat teen die oorlogvoering konsep staan sê dat diegene wat steeds in ‘n oorlogvoering met die bose gewikkel is is besig om iets uit te voer wat Jesus Christus reeds gedoen het. As jy nie weet dat die oorlog reeds gewen is nie word jy besig gehou met iets wat heeltemal onnodig is. Die vyand is natuurlik hoog in sy skik dat jy nie weet dat die oorlog alreeds gewen is nie. Onkunde kan jou duur te staan kom.

Diegene wat vir die oorlogvoering konsep staan beklemtoon dat die Bybel op ‘n paar plekke ons stryd simboliseer met soldate en met oorlogvoering. Hulle verwys na Skrifgedeeltes soos die volgende:

2 Korintiërs 10:3-5

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Hulle verwys ook na die Efesiërs 6 waar Paulus ons aanraai om die volle wapenrusting van God aan te trek. Hierdie wapenrusting is die kleding, toerusting en wapens van ‘n soldaat. Dit kan net een ding beteken; daar is ‘n oorlog aan die gang!

Diegene wat teen die oorlogvoering konsep staan redeneer dat as iemand in ‘n oorlog is dan moet hulle ‘n vyand “head-on” konfronteer. Hulle staan lynreg teenoor mekaar. Hulle is in ‘n oorlog gewikkel en hulle fokus opmekaar. Hulle hou mekaar besig met hulle strategieë en maneuvers.

Ons is egter nié in ‘n oorlog gewikkel nie. Ons hoef ons egter net aan God te onderwerp en die duiwel te weerstaan en hy sal van ons wegvlug. Dit beteken dat die oorlog verby is. Die vyand is verslaan. Ons is op die grense en grensposte van ons koninkryk ontplooi om ons koninkryk te beskerm. Ja ons is in oorlog gewaad en ons is paraat. Nee, daar is nie ‘n oorlog aan die gang nie. Die vyand is nie in oorlog gewaad geklee nie. Inteendeel, hulle is heeltemal ontwapen. Hulle probeer ons koninkryk van alle kante omsingel en hulle probeer ons grensposte infiltreer. Hulle voer ‘n skelm stryd. Daar by die grenspos staan hulle met ons en redekawel. Hulle sien ons kragtige wapens en ons kragtige beskermings toerusting. Hulle weet dat hulle ons nie kan aandurf op die slagveld nie.

Op ‘n slinkse manier begin hulle eerder met ons onderhandel vir toegang. Hulle belieg en bedrieg ons daar op die grenspos om toegang te kry. As jy my sal inlaat dan… As ek net vir ‘n rukkie… As jy net geweet het dat… Kan ek vandag vir jou die waarheid vertel omtrent die gawes van die Gees… Jy weet natuurlik dat daardie kerk heeltemal van die pad af is… Daardie prediker is besig om allerhande onwaarhede te verkondig… Ons weet mos dat God nie meer vandag… Ek wil jou nie bangpraat nie maar besef jy… Het jy geweet dat God…

Nee, hulle is nie op oorlogvoering gefokus nie. Hulle weet dat die oorlog reeds verloor is toe Jesus Christus oor hulle getriomfeer het. Ja, hulle hou daarvan om oorlog te voer teen diegene wat nie weet dat die oorlog verby is nie. In die Ou-Testament kon Koning Dawid nie in vrede heers nie want die nasies binne en rondom Israel was in sy tyd nog nie aan Israel onderwerp nie. Dawid het oorlog gevoer. Hy het geweet wat dit is om te veg en te oorwin. Aan die einde van sy lewe was die nasies aan Israel onderworpe en kon Israel ‘n tydperk van vrede tegemoetgaan. Die oorlog was verby. Koning Salomo, Dawid se opvolger, het nie oorlog gevoer nie. Salomo het nie nodig gehad om sy koninkryk te vestig nie. Dawid het dit reeds vir hom gedoen. Salomo het geheers. Die Bybel sê dat hy vrede reg rondom hom gehad het. Hy het in vrede geheers. Jesus Christus het vir ons gedoen wat Dawid vir Salomo gedoen het. Salomo was die seun van Dawid. Ons is die seuns van God. Het Israel steeds ‘n weermag gehad? Natuurlik! Hulle het Israel se grense en die grensposte bewaar en bewaak. Hulle was opgeleide soldate en hulle was so paraat soos wat kan kom. Was die naburige volke tevrede met die stand van sake? Beslis nie maar hulle het Israel en die God van Israel gevrees. Hulle was ontwapen. Hulle was Israel glad nie goedgesind nie maar hulle het geen keuse gehad nie. Die God van Israel en die volk van Israel was te sterk vir hulle.

1 Konings 4:24

Want hy het geheers oor alles wes van die Eufraat, van Tifsag af tot by Gasa, oor al die konings wes van die Eufraat, en vrede gehad aan alle kante rondom.

Wanneer jy weet dat die oorlog reeds gewen is dan staan jy daar op die grenspos as ‘n oorwinnaar. Jý slaan die kitaar daar op die grenspos. Jy vat geen nonsens van hierdie mannetjies met hulle slinkse plannetjies en slinkse strategieë om deur daardie hekke te kom nie. As hulle plannetjies faal dan probeer hulle jou ‘n rat voor die oë draai om ongesiens verby te sluip. God se kinders is egter paraat. Hulle is “dressed to kill”, kragtig in die Here en hulle weet dat die stryd gewen is. Hulle weet hoe om hierdie slinkse vyand met al sy slinkse strategieë buite te hou.

Natuurlik, hy wat nog besig is met geestelike oorlogvoering het nog veldslae om te wen. As jy nie weet dat Christus klaar die stryd teen die bose gewen het nie dan staan jy nie werklik in ‘n oorwinnings posisie in die stryd nie. Hoekom nie? As daar nog veldslae is om te veg dan is die oorwinning nog nie behaal nie. Jy kan dalk hierdie veldslag verloor! Konings en priesters in die koninkryk van God is nie besig met veldslae nie. Hulle beskerm net die koninkryk deur die sluipers buite te hou. Hulle gee vir hulle geen vastrap plek nie. Hulle weier toegang ten alle tye. Hulle weet dat die geloofstryd hier by die grenspos gewen of verloor word. Nie op die slagveld nie! Daar is ‘n slinkse klemverskuiwing. Wanneer jy gefokus is op oorlogvoering dan is jy op die vyand en sy strategieë gefokus. Wanneer jy op ‘n geloofstryd gefokus is dan is jy gefokus op God en sy woord. Dit maak ‘n oneindige groot verskil.

As die bose net toegang kan kry dan weet hulle dat hulle goeie vordering maak. Dit is hoe hulle die stryd begin wen. Watse stryd? Die geloofstryd:

1 Timotheus 6:12

Stry die goeie stryd van die geloof...

Wat is die stryd van geloof?

Dit is ‘n stryd wat nie op die slagveld plaasvind nie. Dit vind binne in ons plaas. Jy dink nie eens aan die duiwel terwyl jy besig is daarmee nie. Dit is die innerlike stryd van geloof wat hier plaasvind.

Baie belangrik: Merk op dat hier tydens hierdie geloof stryd geen interaksie met die duiwel of bose magte persoonlik is nie. Ons raak nie in ‘n stryery met die duiwel betrokke nie. Ons hoef nooit, danksy die oorwinning wat Jesus vir ons behaal het, nooit ooit persoonlik teen die bose in enige stryd betrokke te raak nie. Ons stryd is altyd ‘n geloof stryd. Dit is ‘n “wat moet ek glo?” stryd. Ons moet net altyd ons gedagtes onder beheer kry deur elkeen van hulle gevange te neem en te onderwerp aan die woord van God.

2 Korintiërs 10:3-5

Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,

terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

  1. Hier sien ons baie duidelik dat ons nie besig is met oorlogvoering nie maar met ‘n stryd.

  2. Ons werp vestings neer, ons verbreek planne, verbreek skanse; hoe? deur elke gedagte gevange te neem en te onderwerp tot gehoorsaamheid aan God en sy woord. Ons hoef nie eens met die duiwel te praat nie. Ons kan maar net die woord van God leer en dit in ons lewens toepas. Ons hoef net met God te praat en ons praat met ons medegelowiges.

  3. Baie keer hoor jy van Christene wat in die gees en in outoriteit planne verbreek en skanse verbreek en vestings neerwerp deur ‘n woord wat hulle uitspreek. Hulle staan met gebalde vuiste en sê: In Jesus Naam breek ek daardie skanse in so en so se lewe af! Ek werp daardie vestings neer!

    Ek twyfel of dit enige waarde het in die geesteswêreld. Ons stryd is ‘n geloof stryd en dit vind binne in ons plaas. Dit beteken net een ding: Ons moet die leuens wat op ons af gebombardeer word vervang met die woord van God. Daarom moet ons elke gedagte gevange neem. Ons moet dit arresteer en uit ons gemoed uitwerp en vervang met die waaragtige en korrekte woord van God. Ander kan dit nie vir ons doen nie. Wanneer daar al so baie leuens in ‘n persoon se gemoed en in sy siel opgebou is dat dit al skanse en vestings geword het, dan sal so ‘n persoon hom móét bekeer van sy onkunde en roekelose hantering van die woord van God. Hy sal die leuens met waarheid móét vervang. Dit is hoe ons skanse en vestings verbreek. Ons kan God bid dat Hy in so ‘n persoon se hart werk om die waarheid deel van sy lewe te maak. Hy sal die leuens self met waarheid moet vervang. Dit word nie met die swaai van ‘n towerstaf in ‘n wolkie opgeneem en vernietig deur ander Christene nie. Nee, jy moet jouself vergewis wat die woord van God is en dit in jou hartkamers vasmessel. Jy moet die leuens uit jou hart, siel en verstand uit kry.

    Die duiwel is daarop uit om ons hele wese te vergiftig met leuens. Dit is hierdie leuens wat uiteindelik vestings in ons lewens word. Dit word vestings wanneer ons op hierdie leuens mediteer en dit vertroetel. Sodra ons dit deel van ons maak dan begin dit tot stand bring dit wat dit promoveer en dit waarvoor dit staan. Die hele proses begin by negatiewe gedagtes. Die gedagtes word in ons siel area en in ons breine opgeneem en gevestig. Ons begin dit glo en dit word deel van ons. Sodra dit deel van ons is begin ons dit uitspreek en dan bring dit tot stand dit wat ons glo en dit wat ons uitspreek.

Die bose is baie slinks. Die meeste van die tyd vertel hulle nie volslae leuens nie. Nee, hulle vertel vir jou ‘n halwe waarheid. Daardie klein leuentjie maak egter al die verskil. Daar is ‘n fyn lyn tussen die waarheid en ‘n leuen. Daar is net ‘n klein klem verskuiwinkie en dit maak al die verskil wat nodig is. Dit hou ons besig met goed wat nie werklik van belang is nie. Terwyl ons eenkant besig gehou word is die vyand besig om ons op ander fronte erg te verniel. Dit is ook waar vir die bloedlyn vloeke leerstelling. Gewoonlik word dieselfde mense met albei hierdie vals leerstellings ‘n rat voor die oe gedraai. Dit is meeste van die tyd mense wat in bloedlyn vloeke glo wat ook geestelike oorlogvoerders is.

Geestelike oorlogvoering is eintlik ‘n pluimpie vir die duiwel. Dit suggereer dat hy sterk is. Dit gee aan hom baie meer krediet as wat hy verdien. Hy loop rond SOOS ‘n brullende leeu. Hy maak ‘n groot lawaai. Geestelike oorlogvoerders speel so reg in sy hand. Die Bybel is baie duidelik oor hoe ons die duiwel moet weerstaan. 2 Korintiërs 10:3-5 kan dit nie duideliker sê nie (teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus).

Jakobus 4:7 is ook baie duidelik oor hoe ons die duiwel moet teëgaan:

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug

Die Griekse woord vir weerstaan in hierdie Skrifgedeelte beteken om “vas te staan” en nie in te gee nie. Dit beteken ook om “in kontras te wees” of “in die plek van”. Dit beteken ons staan as ‘n simbool of ‘n naam vir iets. Daardie iets is God en sy woord. Weerstaan het dus alles te doen met kennis en met dit wat God gesê het, naamlik sy woord. Dit beklemtoon die feit dat ons nie met vleeslike wapens (spiese, swaarde en pyle) veg nie maar dat ons die duiwel met kennis (die woord van God, die waarheid) weerstaan. Jakobus is baie duidelik oor die feit dat die waarheid hom laat wegvlug van ons af.

Dave Roberson verduidelik hierdie aspek van Christenskap so mooi en duidelik in sy boek, The walk of the Spirit. Eerstens moet ons God prys en aanbid, dan moet ons in die Gees outoriteit neem oor omstandighede in ons lewens en dan moet ons bid in tale. Die gedeelte wat ek hier onder aanhaal gaan oor geestelike outoriteit:

Then I would spend my second hour with the Lord reconciling the problem I’m currently facing to the Cross. How? By replacing with the words of my mouth the image of the problem that the devil sends my way with the image that is in the Word. That is my inheritance and my right as a believer.

As I entered the second hour, I’d say, Father, I thank You that devils are subject to me. I thank You that disease, which is caused directly or indirectly by devils, is subject to me in Your Name. I thank You that I have been delivered from poverty and that it is also subject to me in Your Name. I thank You for all these things, Father. (Onderwerp jou aan God)

Now if You will excuse me, Father, the devil is invading my territory. So I’m going to use the faith and the Word You have given me to meet that invasion head-on with the power of confession.

You said that if I do not doubt Your Word with my heart and if I confess it with my mouth, the same incredible power that wrought the most phenomenal miracle of all, the rebirth, will also operate to remove my mountain. So I would spend the next hour hurling the confession of God’s Word directly at my problem. I’d talk to that mountain in my life the same way Jesus talked to the fig tree in Mark 11:14.

For example, if I was dealing with financial lack, I’d confess something like this over and over: Poverty, you have been reconciled to the Cross. Jesus Himself has borne my poverty by an act of grace. Though He was rich, for my sake He became poor that I through His poverty might be made rich [2 Corinthians 8:9]. Do you hear me, poverty? I have a covenant with God. You cannot stay in my life. You are cursed. You are leaving my life!

And, prosperity, I call you in from the north, the south, the east, and the west! Finances, I command you to increase! I am enforcing my rights as a believer by a gift God has given me — the confession of faith in His Word! For that entire second hour, that’s how I would talk to that mountain of poverty, cursing it and commanding it to move out of my life. (Weerstaan die duiwel)

Dave Roberson

Dave Roberson is glad nie besig met die vyand nie. Nee, hy is besig met God en sy woord. Hy spreek nie die duiwel aan nie. Nee, hy spreek die probleme aan. Hy praat met omstandighede in sy lewe. Soos Jesus Christus praat hy met die vyeboom en met die berg. Hy roep God se woord tot stand. Dit is die waarheid wat die duiwel weerstaan en op die vlug laat slaan. Daardie waarheid moet egter in die geloof uitgespreek word. Dit is die kern van ons stryd van geloof. Al wanneer ons die duiwel aanspreek of met die duiwel praat is wanneer ons die duiwel uit ander mense uit dryf of uit situasies wegdryf. Behalwe vir hierdie twee gevalle hoef ons nie eens aan die duiwel te dink nie. Ons hou ons besig met Jesus Christus en met die woord van God. Ons is Gods bewus en nooit duiwel bewus nie. Geestelike oorlogvoering hou jou konstant op jou voete. Dit hou jou paraat en gereed om die vyand te trotseer. Dit maak jou vyand bewus.

As jy nog moet veg vir iets wat jy reeds het, dan het jy dit wat jy reeds het nog nie in besit geneem nie.

Ons is veronderstel om in die rus van God in te gaan. Jesus het vir ons vrede gebring. Ons het nie dapper gewapende leërmagte wat ons land (die koninkryk van God) omsingel, aanval en insypel nie. Nee, ons vyande is diewe en rowers, ongewapende bedrieërs wat ons land (die koninkryk van God) wil insypel om ons te kom beroof en te besteel. Hulle kom soos vriende of soos engele van die lig. Hulle kom soos lafaards met allerhande leuens en plannetjies om ons uit ons erfporsie te kom verneuk. Die duiwel het geen ander strategie nie omdat hy ontwapen is. Jesus Christus het hom uitgeklee en ontwapen. Hy het hom tot nul gemaak. Die duiwel kan jou niks máák doen nie. Die duiwel kan jou geen leed aan doen nie. Die duiwel kan jou nie dood maak of vernietig nie. Die duiwel kan jou nie siek maak nie (behalwe as jy hom toelaat om dit te doen). Die duiwel het geen mag en outoriteit oor jou nie. Hy kan jou net bedrieg en hoop jy eet dit soos soetkoek op. Dit is sy enigste wapen teen die kinders van God.

Al is die kerk nie in ‘n oorlog betrokke nie moet ons steeds net so paraat en gereed soos soldate wees. Al beskerm ons net die grense van ons koninkryk teen indringers moet ons elke dag die volle wapenrusting van God aantrek. Die bose is slinks en is gedurig op die uitkyk vir ‘n oop deur sodat hulle ‘n vastrap plek kan kry.

Ek hoop hierdie hoofstuk bring vir jou as kind van God meer duidelikheid oor hierdie slinkse strategie van die bose. Geestelike oorlogvoering is ‘n konsep wat in die hel gebore is. Dit is nie Skriftuurlik nie en dit lei tot ondergang en nederlae in die kind van God se lewe.

Hoe raak mens ontslae van die leuens en die versoekinge van die duiwel?

Daar is net een manier om ontslae te raak van hierdie leuens. Ons moet onsself ontgif deur hierdie leuens te vervang met die waarheid. Die waarheid is die woord van God. Dr. Caroline Leaf, ‘n wetenskaplike, skryf in haar boek, Who switched off my brain?, hoe gedagtes ons liggame en ons lewens beïnvloed.

As we think, we change the physical nature of our brain. As we consciously direct our thinking, we can wire out toxic patterns and thinking and replace them with healthy thoughts. New thought networks grow. We increase our intelligence and bring healing to our brains, minds, and physical bodies. It all starts in the realm of the mind, with our ability to think and choose—the most powerful thing in the universe after God, and indeed, fashioned after God. Every time you have a thought, it is actively changing your brain and your body – for better or for worse.

There are twelve areas of toxic thoughts – a disruptive crew I call the Dirty Dozen – which can be as harmful as poison in our minds and in our bodies. Toxic thoughts don’t just creep into our minds as a result of abuse or an especially horrific trauma. Toxic thoughts affect people in all stages of life, in every area part of the world, every day. Even something as small as a minor irritation can become toxic, and these thoughts need to be swept away.

– Dr. Caroline Leaf

Sy sê ook die volgende in haar boek:

Gedagtes is die hoof dryfkrag wat elke aspek van ons lewens en ons fisiese wêreld beheer.

Ons het almal volle beheer oor ons gedagtes. Dit is ons wat bepaal wat ons dink.

Gedagtes veroorsaak spanning of ‘n gevoel van tevredenheid.

Spanning is direk verantwoordelik vir omtrent alle ernstige fisiese en geestelike siektes.

Omdat negatiewe gedagtes spanning veroorsaak, wat die meerderheid siektes veroorsaak, is negatiewe gedagtes die hoof oorsaak van siektes. Dit maak negatiewe gedagtes giftig vir die mens.

Wanneer ons negatiewe gedagtes met die woord van God vervang, voorkom ons menige siektes en ellende in ons lewens.

Ek stem hier volkome saam met Dr, Caroline Leaf. Die woord is ook baie duidelik oor die gevare van ons denke. Spreuke 23:7 sê dat dit wat die mens in sy hart dink, dit is hy! As ons negatiewe dinge bedink dan wórd ons negatief en negatiewe dinge sal met ons gebeur. Wanneer ons negatiewe dinge bedink dan begin ons vrees. Wanneer ons begin vrees dan begin ons negatiewe woorde oor onsself uitspreek. Dit het alles by ‘n gedagte begin. n ketting reaksie is aan die gang gesit en uiteindelik het ons geword wat ons bedink het. Dit wat ons bedink het het vrees veroorsaak en eventueel het dit wat ons gevrees het gebeur! Spreuke 10:24 sê dat juis dit wat die mens vrees oor hom kom. Gelowige mense vrees niks nie. Inteendeel, hulle begeertes word deur God vervul. Gelowiges verwag mooi dinge. Kinders van God moet waak om nie deur ongelowiges gebreinspoel te word nie. Ons moet ons gedagtes onderwerp aan die woord van God en nie die leuens van bose geeste, ongeredde mense of ongelowige Christene nie.

Dit voel vir ons baie keer dat ons werklik in ‘n geestelike oorlogvoering betrokke is. Hoekom? Want ons sien dinge met ons gebeur en ons voel dat die duiwel daardie negatiewe goed in plek gesit het. Ons ervaar hierdie goed partykeer baie negatief en dit is vir ons partykeer baie moeilik in hierdie omstandighede. Mense begin depressief word en party oorweeg selfs selfmoord. Baie min mense besef egter dat hierdie negatiewe goed eintlik met ons gebeur deur ons eie toedoen. Dit is onsself wat hierdie goed veroorsaak. Nie die duiwel nie. Hy moet ook die skuld vir alles kry en dit is ook ‘n leuen uit die hel uit. Hy hou daarvan om van alles beskuldig te word want dit maak hom groot en sterk en dit hou mense in onkunde.

Daarom sê die woord van God in Kolossense 3:10 dat ons vernuwe moet word tot kennis na die beeld van ons Skepper deur ons met die nuwe mens te beklee. Efesiërs 4:23 sê dat ons vernuwe moet word in die gees van ons gemoed. Ons is dus glad nie duiwel bewus nie. Ons ignoreer die bose magte altyd asof hulle nie bestaan nie. Ons behoort net besig te wees met God en sy woord. Ons is net God bewus in alle omstandighede.

God has not given us a spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind. Your mind (soul) has one foot in the door of the spirit and one foot in the door of the body; you can change your brain with your mind and essentially renew your mind (Rom. 12:2). You can develop your spirit through choices you make in your mind to be led by the Holy Spirit (Gal. 2:20). Your body is not in control of your mind—your mind is in control of your body, and your mind is stronger than your body. Mind certainly is over matter. You are not a victim of your biology. When you think, you build thoughts, and these become physical substances in your brain. As he thinks in his heart, so is he (Prov. 23:7). Good thinking = good choices = healthy thoughts; toxic thinking = toxic choices = toxic thoughts (Deuteronomy 30:19). You are designed to stand outside yourself and observe your own thinking and change it. (Rom 12:2, 2 Cor 10:5,Phil. 3:13–14). You are designed to recognize and choose the right things to think about (Josh. 24:15; Eccl. 7:29; Isa. 30:2). Each morning when you wake up, you have new baby nerve cells born inside your brain to use wisely as you remove bad thoughts and wire in new ones (Lam. 3:23). This is called neurogenesis. You have been designed for deep, intellectual thought (Ps. 139:14). You are wired for love, and fear is a learned and not a natural response (2 Tim. 1:7). You have the mind of Christ (1 Cor. 2:16). You are made in God’s image (Gen. 1:27).

– Dr. Caroline Leaf

Ons is nooit sommer net slagoffers van ons omstandighede of van ander mense of wesens nie. God het ons in beheer van ons lewens en ons omstandighede geplaas. Wat beteken hierdie stelling? Dit beteken jý mens, moet jóú aan God onderwerp, jy moet die duiwel en negatiewe omstandighede weerstaan en dit onderwerp aan die wil van God. Wanneer God in beheer van ons lewens is, dan delegeer Hy sy mag en krag aan ons en help ons om in oorwinning te kom. Dit is wat Dr. Henry W. Wright hieroor te sê het:

In the total restoration of a man and woman of God, this is how I see it in the Word of God: total expression of renewal and restoration from the works of darkness into the works of life. That is the way God sees me in my generation. – my will should match the Father’s will, and my word should match the Word of God, and my actions should be as if it were the Holy Spirit, so that the will and the word and the actions of God can be performed through me as a way of life. I am to be a total extension of the word, the will and the action.

That is God’s very essence: He thought it, He spoke what he thought and He did it. The tree members of the Godhead were in perfect agreement. The father willed it, The Son (Word) said it, the Holy Spirit did it.

– Dr. Henry W. Wright

Dit is gewoonlik die bose magte wat na aksie oorgaan deur leuens op jou fisiese brein af te skiet. Dan reageer jy oombliklik deur hierdie gedagtes gevange te neem en te onderwerp aan die woord van God. Jy troetel nie hierdie gedagtes nie. Nee, jy onderwerp dit aan die woord van God deur dit onmiddelik te vervang met die waarheid. Op hierdie manier het jy die stryd oombliklik gewen en moet die duiwel die aftog blaas.

Dit is ook belangrik om te weet dat ons nooit met die duiwel of bose magte direk hoef te praat nie behalwe in sekere omstandighede:

  1. Wanneer ons duiwels uit mense uit dryf.

  2. Wanneer ons bose geeste wat in mense se lewens besig met allerhande aktiwiteite beveel om dit te staak.

  3. Wanneer bose geeste op jou grondgebied of perseel aktief raak of manifesteer.

Direkte interaksie met die bose is dus so selde dat ons dit amper nie hoef te noem nie. Ons moet nooit duiwel bewus wees nie. Ons moet nooit in ‘n geestelike oorlogvoering met die bose betrokke raak nie. Hou jou besig met God en hou jou besig met die woord van God. Onderwerp jou aan God, weerstaan die duiwel en hy sal van jou af wegvlug. Wanneer die duiwel sy pyle van leuens op jou brein afskiet dan weer jy dit af met die waarheid, die woord van God. Dit is hoe ons die duiwel weerstaan. Deur nie sy leuens te glo nie. Ons gaan staan nie soos ‘n wafferse Springbok stut in ‘n skrum posisie en probeer die duiwel so weerstaan nie. Nee, ons bly die waarheid glo en ons weier om leuens in ons gedagtes te vertroetel. Dit is hoe ons die duiwel weerstaan.

Soos ons reeds gesien het noem Dr. Caroline Leaf hierdie negatiewe gedagtes giftige gedagtes. As ons dit vertroetel dan vergiftig ons ons hele wese:

Toxic Thoughts

75% to 95% of the illnesses that plague us today are a direct result of our thought life. What we think about affects us physically and emotionally. It’s an epidemic of toxic emotions.

The average person has over 30,000 thoughts a day. Through an uncontrolled thought life, we create the conditions for illness; we make ourselves sick! Research shows that fear, all on its own, triggers more than 1,400 known physical and chemical responses and activates more than 30 different hormones. There are INTELLECTUAL and MEDICAL reasons to FORGIVE! Toxic waste generated by toxic thoughts causes the following illnesses: diabetes, cancer, asthma, skin problems and allergies to name just a few. Consciously control your thought life and start to detox your brain!

Medical research increasingly points to the fact that thinking and consciously controlling your thought life is one of the best ways, if not the best way of detoxing your brain. It allows you to get rid of those toxic thoughts and emotions that can consume and control your mind.

Change in your thinking is essential to detox the brain. Consciously controlling your thought life means not letting thoughts rampage through your mind. It means learning to engage interactively with every single thought that you have, and to analyze it before you decide either to accept or reject it.

How do you go about doing that? By looking at your mental processes. That may sound like a strange, if not impossible thing to do. After all, it’s not as if you can just crack open your skull like an egg and have a look at what is going on inside your brain.

It is possible, however, to look at your mental processes. In fact, it is not just possible, it is essential.

For example consider the following:

  1. How many could-have, would-have, should-have statements have you made today?

  2. How many if onlys were part of your inner vocabulary today?

  3. How many times have you replayed in your head a conversation or situation that pained you, or one that hasn’t even occurred yet?

  4. How many scenarios have you created of the unpredictable future?

  5. How much is speculation taking out of your day?

  6. How passive is your mind?

  7. How honest are you with yourself?

  8. Are you at cross-purposes with yourself – going through the motions, but not really committed to the goal, saying one thing but meaning another?

  9. How distorted is your thinking? Are you forming a personal identity around for example, a disease? Do you speak about my arthritis, my multiple sclerosis, my heart problem?

  10. Do you ever make comments like nothing ever goes right for me; everything I touch fails; I always mess up?

If you answered yes even to just one of these, your thought life needs detoxing right now.

– Dr. Caroline Leaf

Ons móét eenvoudig net beheer neem oor ons gedagtes, en dit aan die woord van God onderwerp, as ons enigsins in oorwinning wil lewe. Daar is geen ander uitweg vir die mens nie. Dit moet ‘n leefwyse word. Ons moet ook hierdie lewenswyse vir ons kinders leer. Ons moet hulle wys hoe ‘n Godvresende kind van God heers oor sy omstandighede in hierdie gebroke wêreld waarin ons lewe. Lisa Bevere maak die volgende stelling:

Children usually inherit one of the following from their parents: God’s promises or their fears.

– Lisa Bevere

Lees gerus die bylaag aan die einde van hierdie boek, “The truth about spiritual warfare”, deur ASR Martins. Dit sal definitief jou oortuigings oor hierdie onderwerp uitdaag.

Kan die mens vervloek word?

Om terug te keer tot die uitspreek van vloeke of seëninge; dink ‘n bietjie mooi hieroor: God seën iemand, enigiemand anders kom en hy vervloek daardie selfde persoon; wat gaan in daardie persoon se lewe tot ‘n werklikheid kom? Wat gaan daardie persoon in sy lewe ervaar en ondervind?

As daardie persoon die vloek in sy lewe ervaar dan is die woorde van daardie mense of daardie demone wat die vloek oor hom uitgespreek het sterker as die woorde van God.

Ék weet wie het met woorde die hele skepping tot stand geroep; dit was die woorde wat uit die mond van God gegaan het. Wie kan vandag daardie skeppings woorde omdraai deur die skepping weer te laat terugkeer tot niks nie. Gaan haal hom vir my. Ek daag jou uit! Daar is niemand soos God nie. Geen wese kan met Hom vergelyk word nie. Hy is so ver verhewe bo alles en almal dat ‘n mens nie eens ‘n vergelyking van enige aard kan tref of selfs oorweeg nie.

God se woorde het groot krag. Daarom is die woord van God so kragtig. Kom ons lees ‘n bietjie wat Bíleam daarvan sê:

Numeri 23:8

Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?

Hier sien ons baie duidelik in die boek Numeri dat dit onmoontlik is om iemand te vloek of te verwens wat God geseën het. Bíleam, wat hier aan die woord is, wou dit baie graag doen want hy sou ryklik deur koning Balak beloon word as hy dit doen. Bíleam moes dood eenvoudig die volk Israel vervloek, sy beloning gaan haal en huistoe gaan. So maklik soos dit. Hy het dan ook verskeie keer probeer om dit te doen. Hy kon dit egter nie doen nie want dit sou teenstrydig met die woord van God wees. Dit is hoekom Bíleam uit frustrasie en heeltemal raadop vir koning Balak twee dinge sê: Kyk mooi na die Skrifgedeelte. Hy vra hoe? want hy weet dat dit onmoontlik is; en hy beklemtoon die woordjie God met die klemteken op die “o” in die woordjie Gód . Dit is hoe die Bybel geskryf is. Daardie klemteken is op die “o” gesit want Bíleam het dit so beklemtoon toe hy gepraat het. Bíleam vra/sê: As Gód iemand seën, hoe? kan ék hom vloek? Hoe kan ek iemand verwens wie die Here nie verwens nie?

Al spreek iemand ‘n vloek oor jou uit het dit geen krag nie. Jy kan maar rustig slaap. Jy het nie nodig om vloeke te breek nie. Daar bestaan nie vloeke in jou lewe nie. Hoe kan jy iets breek wat nie bestaan nie. Dit is ‘n mors van tyd en die aksies van onkundige mense. Israel was heeltemal onbewus van hierdie voorval wat in Numeri 23 beskryf word. ‘n Heidense koning wou hulle vernietig en het ‘n profeet gekry om ‘n vloek oor hulle uit te spreek sodat hulle ten gronde moet gaan. Tog was Israel die heeltyd veilig toegedraai in ‘n kokon van God se beskerming. Enige woorde van verwensing teen jou gespreek deur enigiemand lê betekenisloos op die grond. So vir ‘n kwart sekonde dan keer dit terug hel toe waar dit gebore is. Dit is dooie woorde wat letterlik geen waarde het nie. Dit is nie soos die woorde van God wat gees en lewe is nie.

Ons lees in 1 Samuel 17:43 dat Goliat vir Dawid vervloek het maar dat sy woorde geen krag gehad het nie:

En die Filistyn vra vir Dawid: Is ek ‘n hond dat jy met stokke na my toe kom? En die Filistyn het Dawid vervloek by sy gode.

Die Filistyne kan jou maar vervloek. Selfs by hulle gode. Dit gaan hulle niks baat nie. Satanaanbidders kan jou maar vervloek by hulle god. Dit gaan hulle niks baat nie.

In Spreuke 26:1-2 is ‘n Skrifgedeelte wat God se koninkryk beginsels so mooi verduidelik:

Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by ‘n dwaas nie. Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is ‘n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.

Dit kom daarop neer dat God se koninkryk beginsels altyd werk en altyd standvastig is. Vervloeking is straf. Straf is die gevolg van sonde. Net God kan straf. Straf moet ‘n oorsaak hê want God straf niemand onskuldig nie. Wanneer iemand anders poog om iemand te vervloek, dan probeer hy eintlik die straf van God sonder oorsaak op so ‘n persoon laat kom. Omdat God vandag niemand meer straf nie, nie eens ongeregtige mense word gestraf nie. Die uitspreek van vloeke het dus geen fondasie nie en daarom kom dit nie uit nie. Die persoon weet nie eens dat iemand hom probeer vervloek het nie. Hierdie aspek word deeglik in die laaste vier hoofstukke van hierdie boek behandel.

Die enigste woorde deur ‘n mens gespreek wat wel ‘n invloed op jou lewe kan hê is die woorde wat jy self oor jouself uitspreek. Net jy alleen het die mag om negatiewe goed oor jouself uit te spreek. Daarom is dit baie gevaarlik om na leuens te luister of om nie die woord van God oor jouself uit te spreek nie. Ons lees dit in Spreuke 18:21

Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.

Dit is egter baie belangrik om te weet dat die Skrif hier van jouself praat. Elkeen wat dit gebruik, negatief of positief (dood of lewe), sal die vrugte daarvan eet. Hierdie is nie ‘n verwysing van woorde wat iemand oor ander uitspreek nie. Dit is wat jy oor jouself en oor jou eie lewe uitspreek. Die geestelike beginsels oor geloof tree hier in werking:

  1. Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.

  2. Die mens ontvang presies dit wat hy glo.

  3. Dit wat die mens vrees, dit kom oor hom.

  4. Dit wat ons spreek is eintlik presies dit wat ons glo.

Daar is ‘n geestelike beginsel wat ons reeds bespreek het wat ek hier wil herhaal: Dit maak nie saak wat ander mense van of oor ons sê nie. Alles hang af van wat onsself glo en oor onsself uitspreek.

Die enigste strategieë wat die duiwel teen ons gebruik is juis om hierdie beginsel in elke mens se lewe toe te pas. Die duiwel het basies net een strategieë wat Hy mag gebruik. God laat hom nie toe om te doen wat hy wil nie. Toe Jesus Christus oor hom getriomfeer het en hom uitgeklee het, het Hy hom van alle mag, krag en outoriteit gestroop. Die enigste wapen wat die duiwel en sy bose magte teen die mens kan gebruik, is om die mens met leuens te bedrieg, te oortuig en te manipuleer.

Hy gebruik leuens in jou lewe om jou geloof af te takel om jou sodoende te beïnvloed. Hoe meer leuens ons glo hoe meer kan hy ons manipuleer. Hoe meer leuens ons glo hoe meer beheer kry hy oor ons aksies en ons spraak. Elke mens het ‘n Godgegewe mag wat die bose absoluut begeer: Skeppingskrag! Daardie skeppingskrag funksioneer deur ons monde of ons tonge omdat ons na die beeld van God geskape is. Ons besit ook skeppingskrag. Ons kan letterlik dood of lewe of voorspoed of teenspoed oor onsself uitspreek.

Dit bly die duiwel se enigste wapen; om jou so ver te kry om negatiewe woorde oor jouself uit te spreek, want dit is net op hierdie faset van kinders van God se lewens waar hy sukses kan behaal. Onthou Jesus het hom ontwapen. Wat beteken hierdie stelling? Dit beteken die duiwel het geen mag of krag oor jou nie. Die enigste manier vir sukses vir Hom is om jou te verlei om te sê wat hy graag wil hê jy moet sê. Hy probeer jou ook verlei om te doen wat hy wil hê jy moet doen. Die mag is in jou hande. Jy kan op sy verleiding reageer of dit teëstaan.

Behalwe vir leuens in jou eie lewe, kry die duiwel ook deur middel van leuens beheer oor ander mense se lewens. Hy gebruik dan hierdie mense om jou mee te beïnvloed. Hulle word instrumente in sy hande om jou verder te bedrieg, jou te manipuleer, jou te vervolg en jou lewe vir jou moeilik te maak. Ook hierdie mense het geen mag of gesag oor jou nie. Hulle maak die lewe net vir jou moeiliker met hulle handelinge deur die duiwel toe te laat om hulle teen jou te gebruik.

Hy kan op geen ander manier, ek herhaal geen ander manier oorwinning oor jou kry nie. God het egter uiters doeltreffende beginsels in plek gesit om jou te beskerm. Die geestelike meganismes wat God in plek gesit het vir sy kinders is absoluut ondeurdringbaar. Dit kan nie gepenetreer word deur niks en niemand nie. Sukses is altyd gewaarborg vir kinders van die Here wat in geloof lewe. Ek herhaal: Dit is gewaarborg! Daar is net een swak plek in jou mondering en dit is jyself. Jy kan jou eie grootste vyand word! As jy jouself egter aan God onderwerp en jouself vernuwe deur sy woord en in die geloof lewe, dan word jou ‘n lewe van oorwinning gewaarborg:

Romeine 8:31

Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vir ons is, wie kan teen ons wees?

2 Korinthiërs 2:14

Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

Romeine 8:37

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.

Romeine 8:28-30

En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

Filippense 4:6

Wees oor niks besorg nie…

Filippense 4:13

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Johannes 8:32

En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

Johannes 8:36

As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Het die Here ons werklik geseën?

Sodra mense verstaan dat niemand kan vervloek wat God geseën het nie, wil hulle die volgende vraagstuk geantwoord hê: Is ons werklik deur God geseën? Is die seëninge van God werklik oor ons uitgespreek? Is ons regtig geseëndes? My antwoord op hierdie vraag is altyd die volgende: Gaan lees die Ou Testament en die Nuwe Testament. Jy sal verbaas wees hoeveel keer God die mens geseën het. Die Bybel wemel letterlik van seën spreke. Ek gaan net een of twee belangrike Skrifgedeeltes noem:

Gal 3:10, 13

Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar staan geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te wordwant daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.

Hier sien ons baie duidelik dat Christus ‘n vloek geword het sodat ons die seëninge van Abraham kan ontvang en kan geniet. Ons sien ook dat as ons nie vir Christus Jesus gehad het nie, dan sou ons noodwendig genoodsaak gewees het om die wet te onderhou om die ewige straf van God vry te spring. Ons sou dit egter nie kon regkry nie en daarom sou ons vervloek gewees het. Ons almal spring in elk geval iewers in ons lewens weg met die wet sonder dat ons dit eers weet. Niemand wil gered word nie. Almal probeer eers self. Ons probeer God behaag deur ‘n goeie en ‘n mooi lewe te lei en net daar faal ons. Hoekom? Want net soos die Jode faal ons almal liederlik in ons pogings van eie geregtigheid.

Hoekom moes Christus ‘n vloek word? Hy moes dit word om die volle straf vir die mens te dra. Daarmee het Hy alle “legal grounds” vir vloeke verwyder. Ons hoef nooit gestraf te word vir niks nie want Jesus is reeds in ons plek gestraf. Die vloek was op Hom. Die vloek van God is die straf van God. Ons lees dit in Deuteronomium 28. Na die sondeval het God die aarde vervloek. Hierdie vervloeking is die straf van God. God het vir Christus Jesus in ons plek vervloek en die straf het dus op Hom neergekom. Deur dit op Hom te neem het Hy daarvoor betaal. Daar bestaan dus geen wettige gronde vir enigiemand om ‘n vloek oor ons te kan uitspreek nie. Dit het geen fondasie waarop dit kan staan nie. Daarom is daar vir ons geen straf of vloek nie.

Die duiwel probeer ook altyd God namaak. Hy het ook sy woorde wat hy uitspreek. Hierdie woorde is alles óf leuens of net dooie woorde sonder krag. Dit is in werklikheid skadelose “Abra kedabra, siem sala biem” toorwoorde. Daarom gaan staan satanaanbidders en selfs demoniese magte verniet op hoogtes en sulke plekke om vloeke oor mense uit te spreek. Dit is in werklikheid net ‘n “show of force”. Hulle doen dit om onkundige mense en kinders van God op ‘n knop te jaag en ook om paniek te saai. Hulle kan nie eens vloeke oor ongeredde mense uitspreek nie. Hoekom nie? Want daardie woorde het geen skeppingskrag nie. Jesus Christus het reeds ook vir ongeredde mense op die kruis ‘n vloek geword. Hulle kan wel vloeke oor satanaanbidders uitspreek omdat hierdie mense hulleself vrywillig aan die satan in sy koninkryk onderwerp het. Dit is heeltemal ‘n ander saak. Sataniste toor mekaar en doen die vreeslikste goed aan mekaar. Dit kan nie ontken word nie. Dit het egter geen impak op kinders van God nie. Kinders van God leef onder die seëninge van God in die koninkryk van God.

Selfs Dawid het in die Ou Testament ‘n baie belangrike ding hieroor gesê:

2 Samuel 7:11

Dit behaag die Here om my huis te seën, sodat dit vir ewig voor sy aangesig kan wees; want Hy het dit gespreek, en deur sy seën sal my huis vir ewig geseënd wees.

Waar kom vloeke vandaan?

Vloeke is nie iets wat sommer uit die duim uit gesuig is nie. Dit kom van iewers af. Hoe het dit ontstaan? Soos ons hier bo in Gal 3:10 gesien het, kom dit van die wet af. God het die wettige gronde vir vloeke in plek gestel toe Hy vir Israel die reg gegee het om te kies tussen lewe of dood. Daar was seëninge en vloeke gekoppel aan hierdie keuse wat hulle moes maak. God het vir hulle in Deut 11:26-28 gesê:

Kyk, ek hou julle vandag seën en vloek voor — die seën as julle luister na die gebooie van die Here julle God wat ek julle vandag beveel; en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die Here julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

In Deuteronomium 27:13-26 lees ons van ‘n hele klompie vervloekinge wat oor sondaars uitgespreek is. Kom ons kyk ‘n bietjie daarna:

13 En hierdie moet staan om te vervloek op die berg Ebal: Ruben, Gad en Aser en Sébulon, Dan en Náftali.

14 En die Leviete moet verklaar en aan al die manne van Israel hardop sê:

15 Vervloek is die man wat ’n gesnede of gegote beeld maak, ’n gruwel vir die Here, werk van ’n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.

16 Vervloek is hy wat sy vader of sy moeder verag; en die hele volk moet sê: Amen.

17 Vervloek is hy wat sy naaste se grenslyn verlê; en die hele volk moet sê: Amen.

18 Vervloek is hy wat ’n blinde op die dwaalweg lei; en die hele volk moet sê: Amen.

19 Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

20 Vervloek is hy wat met die vrou van sy vader gemeenskap het, want hy het die kombers van sy vader opgelig; en die hele volk moet sê: Amen.

21 Vervloek is hy wat met enige dier gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

22 Vervloek is hy wat met sy suster, die dogter van sy vader of die dogter van sy moeder, gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

23 Vervloek is hy wat met sy skoonmoeder gemeenskap het; en die hele volk moet sê: Amen.

24 Vervloek is hy wat sy naaste in die geheim doodslaan; en die hele volk moet sê: Amen.

25 Vervloek is hy wat ’n omkoopgeskenk aanneem om ’n persoon — onskuldige bloed — dood te slaan; en die hele volk moet sê: Amen.

26 Vervloek is hy wat die woorde van hierdie wet nie hou om dit te doen nie; en die hele volk moet sê: Amen.

Vloeke kom dus van God af. As gevolg van sonde het God die aarde vervloek. Hierdie vervloeking is eintlik die straf van God. Hierdie vloek sal uiteindelik alle ongeredde mense tref die oomblik wanneer hulle sterf. Vloeke kan egter deur niemand oor ‘n ander uitgespreek word nie. Inteendeel, net God kan mense seën en net God kan mense vervloek. Net Hy het daardie mag en krag in sy woorde om ander te seën of te vervloek. Ons het dieselfde mag en krag ook van Hom af ontvang toe ons Hom aangeneem het maar kan dit net in ons eie lewens of net met betrekking tot onsself toepas. Christene kan hierdie skeppingskrag positief aanwend wanneer dit in geloof gedoen word maar hulle kan dit ook negatief toepas deur negatiewe goed uit te spreek.

Geen mens of bose wese kan ander mense straf nie. Net God kan straf. Daarom kan geen mens of bose wese vloeke uitspreek nie want vloeke is die straf van God. Almal het teen God gesondig en die straf kom Hom toe. Die duiwel en ander mense spreek verniet straf uit oor ander mense want dit het geen bestaansreg of inherente krag nie. Die duiwel kan niemand straf nie. Hy is nie God nie. Hierdie leerstelling is op ‘n leuen gegrond. Die duiwel en ander mense kan ook nie ons skeppingskrag ignoreer (“overide”) nie omdat hulle nie soos God daardie mag in hulleself het nie. As hulle dit kon doen dan kan hulle ook die skepping met ‘n woord laat terugkeer tot niks nie. Hulle poog dus in werklikheid maar net om ons so ver te kry om met hulle stellings saam te stem sodat daardie woorde deur ons skeppingskrag kan ontvang. Daarom moet ons nooit saamstem met negatiewe rapporte of stellings nie.

Natuurlik val die familie (gesin) onder die gesag en geestelike beskermings sambreel van die vader en ook die moeder. Ons kan en moet ons kinders seën. Ons kan egter nie ander mense vervloek nie en wanneer ons ander mense seën doen ons dit hardop sodat hulle dit kan beaam. Deur dit met ‘n “amen” te beaam word daardie seën kragtig in hulle lewens omdat hulle die seën dan ook oor hulleself uitgespreek het. Kinders van die Here word op verskeie plekke in die Bybel aangemoedig om mekaar te seën. Dit is baie belangrik. Hoekom moet ons mekaar seën? Wanneer jy as kind van God ‘n seën oor ander kinders van God uitspreek, dan spreek jy die woord oor hulle uit. Hulle stem daarmee saam en wanneer die woord van God in eenheid deur twee of drie oor saamgestem word dan sal daardie woord kragtig tot uitvoering kom. Ek is egter oortuig daarvan dat mense sulke seën uitsprake kragteloos kan maak as hulle nie saamstem daarmee nie. Ons kan God ook bid om ander mense te seën.

n Vloek of ‘n seën moet deur ‘n mag volbring word. Daardie mag moet uitgaan en die vloek of die seën wat uitgespreek is tot stand bring. Dit is ‘n werk wat uitgevoer moet word. Wanneer ons seën dan bring die engele van God dit tot stand. Ons lees daarvan in Psalms 103:20

Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord.

Kyk baie mooi wat hier staan:

  1. Eerstens sien ons dat die engele van die Here kragtige helde is.

  2. Tweedens sien ons dat hulle die woord van God volbring.

  3. Derdens sien ons dat hulle gehoorsaam is aan die stem wat sy woord spreek. Let op dat dit ‘n klein lettertjie stem is. Dit is mense wat die woord van God spreek. Dit maak nie saak wie die woord spreek nie solank dit ‘n kind van God is en solank dit die woord van God is. Dit moet natuurlik in geloof gedoen word.

Wanneer ons negatief oor onsself praat of die leuens van die duiwel oor onsself uitspreek dan volbring die bose daardie woorde. Nou is dit gevalle engele wat oorgaan tot aksie. Daardie negatiewe woorde gee hulle toestemming om dit wat ons gespreek het tot stand te bring. Ons kan dit egter nie met ander mense doen nie. Ons kan die bose nie toestemming of wettige gronde gee om in ander mense se lewens te werk nie.

As iemand negatiewe goed oor homself uitspreek kan ons positiewe goed oor hom uitspreek tot ons blou is, die negatiewe goed wat hy uitgespreek het sal die wettige gronde vir bestaansreg van daardie woorde verseker. As hy positiewe woorde of die woord van God oor homself uitspreek kan ons negatiewe woorde oor hom uitspreek tot ons blou is. Dit sal nie en kan nie tot stand gebring word nie. Dit is ‘n koninkryk beginsel in die koninkryk van God. Dit is ‘n wet van God wat sal vasstaan tot in ewigheid.

Die duiwel was ‘n meester daarin om die Israeliete by God te gaan verklae as hulle God se wette oortree het. Hulle oortredinge het hom wettige gronde gegee om dit te doen. Enigiets in hierdie lewe moet wettige gronde vir bestaansreg hê voor die duiwel dit kan gebruik.

Vandag kan die duiwel ons nie meer by God gaan verkla nie. Niemand kan ons oordeel nie want in Christus is ons heilig en rein net soos Hy. Romeine 8:1 is baie duidelik hieroor. Daarom bly ons bloed gewaste kinders van God al faal ons. Ons benadeel onsself egter wanneer ons God se koninkryk beginsels verontagsaam of negatiewe woorde oor onsself uitspreek. God kan ons dan nie beskerm nie want ons het die duiwel gemagtig om dit wat ons uitgespreek het uit te voer. As God sy arm van beskerming sou uitsteek in so ‘n geval sal die duiwel doodeenvoudig net vir Hom sê: Jy het nie die reg om hom of haar in hierdie situasie te beskerm nie. Jy het met jou eie ore gehoor wat hy of sy gesê het. Ek het wettige gronde om dit wat hy of sy gesê het uit te voer.

Dit is hier waar Gal 6:7-8 dit bevestig:

Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.

Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.

Hierdie Skrifgedeelte is nie net op ongeredde mense van toepassing nie. Dit is ook van toepassing op kinders van God wat na die vlees wandel. Ons almal saai in die vlees én in die Gees. Dit is gevaarlik om in die vlees te saai want wat ons hier op aarde fouteer sal vir ons aardse skade bring. Hoewel ons saligheid verseker is gaan ons hier op aarde probleme ervaar omdat ons in die vlees saai. Die duiwel maak op hierdie foute staat om ons te benadeel. Hy wil baie graag steel, slag en verwoes.

Hy kan nie vloeke gebruik nie want Christus het vir ons op die kruis ‘n vloek geword. Hy het die prys betaal daarvoor. Hy kan nie op sy eie woorde staatmaak nie want dit het geen krag nie. Nou hoe behaal die duiwel dan sukses in mense se lewens? Hy doen dit deur van elke mens (gered of ongered) toestemming te kry om in sy of haar lewe te mag funksioneer.

Ons dink eerstens aan die sondeval. Toe die duiwel dit reggekry het om vir Adam en Eva so ver te kry om teen God te sondig het hy heerskappy oor die wêreld ontvang. Wat beteken dit? Dit beteken dat Adam en Eva eintlik hulleself aan die duiwel onderwerp het en sodoende die heerskappy aan hom gedelegeer het. Hulle het dit basies aan hom oorhandig. Dit het hom die heerser of die koning van die wêreld gemaak. Dit het hom wettige gronde gegee om daaroor te heers en dit te beheer. Hy het hierdie mag egter verloor toe Christus Jesus oor hom getriomfeer het. Deur as mens sondeloos te leef en deur sy offer aan God met sy eie liggaam as sondoffer vir die mensdom in te tree het Christus daardie outoriteit teruggevat en die heerskappy aan die mens teruggegee.

Wanneer mense, selfs kinders van God, negatiewe woorde oor hulleself uitspreek, gee hulle die duiwel wettige gronde om dit wat hulle uitgespreek het in hulle lewens tot stand te bring. As jy, teenstrydig met die woord van God gedurig kla oor hoe siek jy is en hoe sleg jy voel, dan sal dit uiteindelik fisies so manifesteer. Die duiwel het nou wettige gronde om daardie siektes op jou te lê. Dit is so eenvoudig soos dit. Dit gebeur nie sommer net onmiddelik nie. Dit is ‘n progressiewe proses van oorgawe. Jy gee met woorde van ongeloof stelselmatig jou gesondheid prys. Dit is die mag van die tong. Die tong gee aan die duiwel die reg om op te tree. Wanneer daardie oorgawe rypheid bereik dan manifesteer die siektetoestand in jou lewe.

As daar nog steeds kinders van God is wat dink dat hierdie “woorde” of “tong” ding nie só ernstig is nie, dat dit nie werklik so ernstig opgeneem moet word nie, dan wil ek vir jou sê: Jy het dringend ‘n openbaring hieroor nodig want jy loop op dun ys. Jou lewe is in gevaar sonder dat jy dit besef.

Dan dink kinders van God ook as hulle sommer maar net iets op die ingewing van die oomblik sê, dat dit nie só ‘n groot negatiewe effek op hulle sal hê nie. Die werklikheid is dat niks wat oor jou lippe rol sommer maar net gesê word nie. Jy sê dit eintlik omdat jy dit glo. Dit is eintlik in werklikheid presies wat jy verwag en daarom sê jy dit. Vir hierdie rede maak mense so sommer terloops vir die duiwel die deur oop om daardie negatiewe woorde ‘n werklikheid in hulle lewens te maak.

Gelukkig kan ons sulke negatiewe uitlatings darem vroegtydig identifiseer en ‘n plan maak daarmee. Ons moet aanleer om versigtig met woorde te wees. Ons moet God bid om ‘n wag voor ons mond te plaas. Die “wag” is eintlik maar net gedissiplineerdheid. Ons moet God bid om ons getrou en gehoorsaam aan sy woord te maak. Ons kan nie sommer roekeloos negatiewe goed uitspreek nie.

Mense hoor hierdie goed amper hulle lewe lank maar om een of ander rede dring hierdie waarheid nie deur tot hulle nie. Hulle hoor dit in preke en hulle lees dit in boeke maar dit dring nie tot hulle deur nie. Hulle besef nie dat die mens, omdat hy na die beeld van God geskape is, skeppingskrag in sy mond het nie. Dit wat Hy spreek het krag, daarom kan hy volgens Spreuke 18:21 dood of lewe oor homself en oor sy omstandighede uitspreek. Lees weer die hele hoofstuk van Jakobus 3. Dit sal jou weer herinner watse krag in die tong lê. Ek wil net die negatiewe krag van die tong beklemtoon volgens vers 6:

Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aan die brand gesteek.

In hierdie Skrifgedeelte sien ons dat die tong ‘n vreeslike prominente plek onder die ledemate van die mens inneem. Vers 5 sê dat die tong daarin roem dat hy ‘n baie klein lid van die liggaam is maar tot baie groot dinge in staat is (Vers 5: Net so is die tong ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge). Dit besmet die hele liggaam. Dit klink vir my na siekte, sonde en ellende. Dit steek die hele lewensloop aan die brand. Dit klink vir my die tong beïnvloed jou toekoms. Dan laastens, kyk ‘n bietjie waar word die tong aan die brand gesteek: Vanuit die hel.

As die hel (duiwel) jou net sover kan kry om jou tong te gebruik om negatiewe woorde te gebruik, dan het dit ‘n baie groot effek op jou en jou lewe. Hoekom? Want jou tong het skeppingskrag; die mens is soos God. God het die hele skepping tot stand gespreek met sy tong! Woorde is die mees prominente krag in die heelal, en dit sal altyd, tot in ewigheid so wees. Dit is ‘n natuurlike eienskap van God en hulle wat na sy beeld geskep is.

Ons is nog steeds by die redes hoekom die duiwel wettige gronde kry om in mense se lewens te werk. Wanneer mense die bloed van Christus verwerp en Hom nie aanneem as hulle Verlosser nie, dan dien hulle eintlik die duiwel. Dit gee die duiwel sekere mag en outoriteit oor hulle. Hy kan nie maak wat hy wil nie maar hy kan redelik baie skade in hulle lewens aanrig. Sulke mense lewe dan presies soos Adam en Eva geleef het. Vir hulle is dit asof Christus nooit oor die duiwel getriomfeer het nie. Maar nog steeds moet die duiwel vir alles toestemming kry van hierdie ongeredde mense af om in hulle lewens te funksioneer. Hy het nie vrye mag in hulle lewens nie. Hy moet toestemming kry vir elke ding wat hy in hulle lewens tot stand wil bring. Daar is tog ‘n mate van beskerming teen die bose selfs vir ongeredde mense. Hoekom? Omdat Jesus Christus ook hierdie mense vrygekoop het met sy bloed. Hulle behoort aan Hom en Hy het hulle net so lief soos wat Hy vir jou en my het. Hy gaan hulle definitief nie vir die wolwe gooi nie.

Wanneer kinders van die Here hulle nie vergewis van die woord van God nie maar roekeloos en onkundig lewe sonder die beskerming van die woord, dan het die duiwel redelik outoriteit in hulle lewens. As kind van God moet jy heers in die koninkryk van God. As jy nie heers nie dan heers die duiwel. Tog moet die duiwel vir elke ding wat hy in so ‘n persoon se lewe wil doen, eers toestemming kry by so ‘n persoon.

U sal onthou dat ek gesê het dat die duiwel nie eens ‘n ongeredde mens kan vervloek nie. Hy het geen krag in sy woorde om dit te doen nie. Die rede hiervoor is dat die duiwel totaal en al verslaan is. Hy is van al sy mag en outoriteit gestroop. Daar is net een manier hoe hy selfs in ‘n ongeredde mens sukses kan behaal. Hy moet selfs ‘n ongeredde mens so ver kry om negatiewe dinge oor homself uit te spreek voor dit ‘n werklikheid kan word. Daarom kan jy sien dat baie ongeredde mense beter en suksesvoller lewens lei as party Christene. Die duiwel sukkel meer met hom as met sekere Christene. Veral Christene wat nie die woord van God ken nie en dit nie deel van sy lewe maak nie.

Dan sal jy vir my sê dat daar tog mense is wat verskriklik erg onder duiwelse magte deurloop. Hulle toor mekaar en daar manifesteer die verskriklikste boosheid en dinge in hulle lewens. Hierdie is natuurlik ‘n heeltemal ander saak. Hierdie is mense wat nie in die koninkryk van God is nie. Hulle is ook nie op neutrale grond soos ongeredde mense nie. Hierdie mense is mense wat deur middel van ‘n wilsbesluit aktief deel van die koninkryk van satan geword het. Van hulle is satanaanbidders en hulle dien en aanbid satan soos ek en jy ons God dien. Sommiges van hulle volg hom met ‘n passie en hulle onderwerp hulle aan sy gesag. Hulle het alles opgegee vir hom en hulle doen alles wat hy sê. Hierdie mense is vreeslik erg blootgestel aan manipulasie en het nie veel beskerming teen die duiwel nie. Hy is in hierdie omstandighede nou nie meer gebind deur allerhande geestelike beperkings nie. Hy kan selfs dinge teen dié mense se sin doen omdat hulle hom die reg gegee het om dinge te doen wat hulle in werklikheid nie wil hê nie. Hy het amper wettige gronde om met hulle te doen wat hy wil. Sulke mense kan selfs mekaar toor en in mekaar se lewens allerhande duiwelse aktiwiteite laat manifesteer.

Hulle kan dit egter nie met ander ongeredde mense of met Christene doen nie. Die bose magte en selfs hierdie bose mense het nie wettige gronde om dit in ander ongeredde mense en in Christene se lewens te doen nie. Hoekom nie? Want hierdie ongeredde mense en Christene het nie die duiwel of hierdie mense wettige gronde gegee om sulke manifestasies in hulle lewens uit te voer nie. Die duiwel het nie hulle toestemming om dit te doen nie. Wanneer daar enige duiwelse manifestasies van enige aard in ‘n kind van God of in ongeredde mense se lewe plaasvind, dan is dit bloot so omdat sulke mense outoriteit aan die duiwel gegee het om dit te doen. Ongeredde mense en Christene kan nie getoor word nie behalwe as hulle met mond en met aksies toestemming verleen aan hierdie bose magte om dit te doen. Dit gebeur redelik baie in ons swart gemeenskap as gevolg van hulle tradisionele voorvader geeste aanbidding en rituele. Dit maak deure oop vir hierdie tipe manifestasies.

Kan demone mense teen hulle sin beset? Demone kan nie mense beset soos hulle wil nie. Dit sluit Christene en ongeredde mense in. Demone kan net mense beset wat die deur vir hulle opgemaak het deur sondige aktiwiteite. As dit ongeredde mense is kan hulle so verknog aan byvoorbeeld pornografie raak dat dit naderhand ‘n obsessie word. Die persoon gee hom al meer en meer oor aan hierdie demoon van wellus dat hy naderhand so bedwelmd raak dat hy nie meer daarsonder wil leef nie. Hy gee naderhand alle weerstand op en nooi hierdie demoon onwetend of wetende in om hom te beset. Hierdie is egter ‘n proses van oorgawe. Die demoon begin in die persoon se gedagtes met verleidelike woorde, later beheer hy die gedagtes totaal en al met wellustige versoekinge. Dan probeer hy die persoon se siel en gees beset deur middel van ‘n siel en gees oorgawe. Mettertyd kry hy die deur oop en beset die persoon. So ‘n persoon is nie net demonies onderdruk of oorheers nie maar demonies besete.

Met Christene vind alles op dieselfde manier plaas maar die demoon kan nie die persoon beset nie. Die gees van God is in die gees van die geredde mens en daarom is dit onmoontlik vir ‘n demoon om ‘n Christen te beset. Die Heilige Gees en ‘n demoon kan nie terselfdertyd in een gees wees nie. Dit is onmoontlik. Christene kan wel deur demone onderdruk en oorheers word. Die demone kan in hulle liggame wees en in hulle siele wees. So ‘n Christen moet ook bevry word en die duiwels of demone moet uit hulle liggame of uit hulle siele uitgedryf of weggeneem word. Amper net soos met ‘n ongeredde mens wat beset is. Baie Christene is siek omdat demone in hulle liggame aan organe hang of kleef met die doel om dit siek te maak of te beskadig. So ‘n siekte is nie ‘n normale siekte nie maar ‘n demonies veroorsaakte siekte. In sulke gevalle moet die demoon uitgedryf word om genesing te verseker.

Hoekom kan ‘n demoon nie sommer net ‘n persoon beset nie? Want hy moet wettige gronde hê om dit te kan doen. Hy moet toestemming hê. En hierdie toestemming is nie sommer net ‘n vinnige mondelingse toestemming nie. Daar is toestemming gegee in ‘n proses van oorgawe. Daarom hoef ons nooit te vrees dat ‘n demoon ons skielik kan beset nie. Dit kan nie gebeur nie. Nie eens met ‘n ongeredde mens nie. God beskerm die mensdom deur middel van sy koninkryk beginsels. Daar is geestelike wette in plek wat al hierdie goed bepaal en wat sy skepping beheer. Dit is Gód se wette en dit is een honderd persent “foolproof”. Van die eerste dag af wat God die skepping gemaak het tot vandag toe was daar nie een enkele voorval waar God se geestelike wette nie een honderd persent suksesvol is nie. Ek herhaal: God se geestelike wette is een honderd persent peutervry. Dit kán nie misluk nie. Dit kán nie onsuksesvol wees nie. Hoekom nie? Omdat hierdie wette soos die wet van swaartekrag is. As jy tien keer of as jy ‘n triljoen keer ‘n klip van ‘n gebou af gooi sal dit nie een enkele keer opstyg nie. Dit sal eers al tien keer en dan al triljoen keer grond toe val. Daarom het ‘n demoon van die eerste dag van die skepping tot vandag toe nog nooit ‘n persoon beset behalwe wanneer hy wettiglik gemagtig was om dit te doen nie.

Ek het ook ondervind dat kinders van God baie agterdogtig is oor handoplegging met betrekking tot gees oordraging en die tipe van ding. Ek het eenkeer ‘n baie bekende genesingsprediker besoek want ek wou dat hy my die hande oplê vir genesing. ‘n Week of twee later het ek aan iemand getuig dat ek by die betrokke persoon was en dat hy sy hande op my gelê het vir genesing. Die persoon was onmiddelik skepties. Toe ek hom vra wat hom pla toe sê hy dat hy iemand ken wat ook by die persoon was vir handoplegging. Daar was ‘n paar weke later kanker by die persoon gediagnoseer. Ek het geweet wat my vriend suggereer. Ek kon nie my ore glo nie. Hoe op dees aarde kan jy siek word as jy gaan vir genesing? Dit is met een woord absoluut onmoontlik. Hoekom? Want ‘n vloek (siekte is ‘n vloek : Sien Deuteronomium) kan op geen manier op jou oorgedra word nie. Nie deur die uitspraak van mense of demoniese magte nie en nie deur handoplegging nie. Ook kan geen gees oordraging op kinders van God plaasvind tydens handoplegging nie. Daar is geen wettige gronde daarvoor nie. Sulke goed kan net met jou toestemming op jou oorgedra word en dit vind nie tydens handoplegging plaas nie. Dit vind plaas wanneer jy met woord en daad en met volle oorgawe toestemming gee aan die duiwel om hierdie goed in jou lewe tot stand te bring.

Kinders van God het werklik bygelowig geword. Dit is ongelukkig die resultaat van die bloedlyn vloeke leerstelling. Mense weier byvoorbeeld om iemand anders se klere aan te trek omdat hulle bang is jy aanvaar daarmee al hierdie persoon se demone of sy negatiewe geestestoestand. Jy sien iemand wat dit ‘n bietjie skraps het en wil vir hom tweedehandse klere gee. Hy weier egter om dit te ontvang as gevolg van hierdie tipe bygeloof. Mense, kinders van God is konings en priesters van God. Die bose vlug van ons af weg as gevolg van die salwing op ons. Ons kan nie onskuldig in gevangenisskap of in ‘n binding kom nie. God laat dit nie toe nie. Wanneer ons aan mense of hulle klere raak dan verdryf die lig die donker. Die salwing breek die juk. Nie andersom nie! Wanneer jy iemand van die straat afhaal en onder jou dak bring dan bly sy demone by die hek. Hulle kom nie in nie. Hulle kan nie want die engele van God verhinder hulle. Hulle demone kan nie op jou spring omdat jy hierdie persoon toegang tot jou perseel gegee het nie. Al slaap julle vanaand onder een dak. Jy het mos nie sonde gedoen nie. Net sonde, met ‘n totale oorgawe aan hierdie sonde, met ‘n siel oorgawe daaraan kan jou blootstel. Geregtigheid in Christus maak jou nie net vry nie maar beskerm jou ook teen die bose. God sal nooit toelaat dat sy bloedgewaste, Gees vervulde kinders so aan die bose blootgestel wees nie. Ons is duur gekoop en ons behoort aan God Almagtig.

Hierdie gedeelte is nie van toepassing op satanisme en mense wat in die koninkryk van satan is nie. Daar geld waarskynlik ander wette. Ek weet dat mense in die koninkryk van duisternis baie blootgestel is. Daar kan geeste waarskynlik wel met die handoplegging van een demoniese besete satanaanbidder op ‘n ander satanaanbidder geplaas word. In die koninkryk van God is egter absolute peutervrye beginsels en wette in plek wat nie net die kind van God beskerm nie maar ook God se ongeredde mense. Christus het hulle met sy bloed gekoop en hulle behoort aan Hom.

Hoeveel kinders van God besoek in goeie trou mense wat in die gawe van genesing funksioneer. Hulle kies die Goddelike metode van genesing en is net gehoorsaam aan God. Die persoon wat sy hande op siekes lê is ‘n selfverklarende kind van God en ons aanvaar dit so. Ons hoef geen ondersoeke te doen om uit te vind of dit so is nie en hoe goed die man is nie. Ons het gehoor hy is baie suksesvol in hierdie area en ons laat hom toe om sy hande op ons te lê en vir ons te bid. Ons gee hom toestemming om vir ons te bid en dit is al. Ons gee hom nie toestemming om allerhande goed met ons te doen nie, nee, net om vir ons te bid vir genesing. Daar is geen Skrifgedeelte in die Bybel wat soiets bevestig nie.

Mense, hierdie is ‘n leuen so uit die hel uit. Dit kan nie gebeur nie want volgens die geestelike beginsels en wette in God se koninkryk is dit nie moontlik nie. God beskerm sy kinders. Bose geeste beset mense as gevolg van sondige aktiwiteite in ‘n mens se lewe waaraan hy totaal oorgegee is. Geeste kan nie so oorgedra word nie soos ek reeds hierbo verduidelik het. Ook kan siekte nie so oorgedra word nie want daar moet toestemming deur die persoon self gegee word voor daar wettige gronde vir so iets bestaan. Geen goggas kan op jou oorgedra word sonder jou toestemming nie.

As dit so sou kon oorgedra word sou dit beteken het dat God se kinders onskuldig blootgestel sou wees aan die bose. Dit sou beteken dat die bose inherente mag en krag sou gehad het om onskuldige mense te benadeel. Die duiwel sou ‘n fees gehad het. God sou dit nie kon toelaat nie want die duiwel is ‘n mense moordenaar. Daarom het God hom gestroop van alle mag, krag en outoriteit.

Baie mense interpreteer die volgende Skrifgedeelte in die Bybel verkeerd en gebruik dit om hierdie lering Skriftuurlik te staaf:

1 Timotheus 5:22

Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

Hierdie is Paulus aan die woord en hy praat met Timotheus. Hy sê vir hom dat hy nie sommer net haastig vir iemand die hande moet oplê nie. Hy sê nie dat hy sommer net haastig die hande opgelê moet word nie. Paulus is in hierdie brief besig om vir Timotheus ‘n paar wenke en aanbevelings te gee. Hy sê eintlik vir Timotheus om nie sommer net haastig vir iemand te bid nie. Hy moet eintlik wag vir Heilige Gees leiding. Om sommer net sonder Heilige Gees leiding vir iemand te bid is eintlik vlees bediening en nie Gees bediening nie. Baie keer wil vleeslike Christene voor gebid word maar eintlik wil hulle voortgaan met die genotvolle sondetjies wat hulle so geniet. Die handoplegging is eintlik ‘n bespotting. Ons moet sensitief vir die Heilige Gees wees.

Die teenoorgestelde is ook waar. As ‘n kind van God hom deur ‘n persoon laat doop dan gee hy die betrokke persoon toestemming om hom te doop en dit is al. Daardie persoon kan nie tydens die doop allerhande goggas op jou laat kom nie. Dit maak nie saak wie hy is nie of wat hy glo nie. As hy ‘n selfverklarende kind van God is dan kwalifiseer hy om jou te doop. Jy hoef geen verdere navrae en ondersoeke te doen oor die betrokke persoon se lewe of geestelike toestand in Christus nie.

Net soos so baie vals leringe soos bloedlyn vloeke, geestelike oorlogvoering en so baie ander dwaalleringe, het ook hierdie vals lering geen Bybelse gronde of Skriftuurlike fondasie nie. Tog glo kinders van God dit. Hoekom? Omdat hulle nie die woord van God ken nie. Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.

Baie boeke is al geskryf oor demoniese aktiwiteite en demoniese interaksie met die mens. Hoewel die meeste skrywers van hierdie boeke probeer om die kind van God meer in te lig oor hierdie onderwerp rig hulle eintlik baie meer skade aan as goed. Baie van hulle skrywes en die stellings wat hulle maak het hulle persoonlike observasies as basis. Daarom kan dit nie aanvaar word as Skriftuurlik of as die waarheid nie. ‘n Mens kan nooit persoonlike observasies vertrou nie. Van hierdie skrywers was óf voorheen deel van die donker wêreld van satanisme, soos Mary Baxter, óf hulle is onkundige Christene wat nie ‘n Goddelike openbaring met betrekking tot hierdie onderwerp het nie.

In hierdie boeke lees jy van demone wat mense in die nag besoek om seksuele omgang met hulle te hê, hulle te verkrag of op ander manier lastig te val. Jy lees van mense (sataniste) wat diere beset (menslike gees gaan in diere in) en deur middel van hierdie diere ander mense afluister. Ek wil nie daaroor uitbrei nie maar dit is die vreeslikste dinge wat hulle aanvang en hulle ervaar die vreeslikste demoniese manifestasies denkbaar. Ons hoef nie hierdie goed te bestudeer of te ken nie. Inteendeel, in Openbaring 2:24 verbied God ons om die koninkryk beginsels van die duisternis te leer:

En Ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

In hierdie Skrifgedeelte kan ons duidelik sien dat God nie wil hê dat ons die dieptes van satan moet leer nie. Dit dien geen doel nie. Dit verwar ons. Dit gee satan mag en krag omdat ons die bose en verwronge beginsels van sy koninkryk, wat leuens en boosheid as fondasie het, op ons lewens van toepassing maak. Ons bring sy bose leerstellings ast’ware in die kerk in. In die proses verloor ons ons Goddelike onderskeidingsvermoë. Omdat ons ons met leuens en boosheid ophou kan sulke flaters maklik intree. Die Skrif sê nie verniet nie dat ons net dit wat mooi en goed en loflik is moet bedink. Ons hoef nie die duiwel te ken om hom suksesvol teë te staan nie. Ons hoef net vir Jesus Christus en ons posisie in Christus te ken om die duiwel en sy magte suksesvol te weerstaan. Wat ons van die bose móét weet lees ons in die Bybel. Ons het nie ander boeke nodig daarvoor nie.

Mary Baxter en ander skrywers se boeke is juis ‘n deeglike studie van die beginsels van die koninkryk van satan. Die waarheid is dat hierdie goed net in die koninkryk van die duisternis opereer. Dit is eintlik onderworpe aan die beginsels van die koninkryk van God.

Mary Baxter erken self dat sy dikwels deur Gees vervulde kinders van God en vyfvoudige bedienaars daarop gewys word dat sy nie in ‘n oorwinnings posisie staan teenoor die bose nie. Haar ondervinding met die bose was te groot vir haar. Hierdie goed het ‘n groot indruk op haar gemaak en dit het haar oordeel beïnvloed.

Sy en ander skrywers onderskei byvoorbeeld nie tussen verskillende groeperinge mense nie en daarom is baie van die stellings wat hulle in hulle boeke maak flaters. Veralgemenings word gemaak en kinders van God, ongeredde mense en satanaanbidders word almal oor dieselfde kam geskeer. Kinders van God het nie dieselfde blootstelling teenoor die bose soos sataniste nie. Sataniste is deel van die koninkryk van satan. Daar sal sekerlik en definitief demoniese manifestasies in hulle lewens wees. Hulle het God verwerp en die duiwel as vader gekies. Ongeredde mense is op neutrale grond. Hulle is deur Christus vrygekoop en behoort aan Hom. Hulle is nie soos satanaanbidders blootgestel aan demoniese manifestasies nie tensy hulle deur woord en daad toestemming gee daartoe. Christene het Jesus Christus as hulle Verlosser aanvaar en aangeneem en is veilig onder sy Goddelike beskerming. Ook hulle moet met woord en daad toestemming gee voordat demoniese manifestasies in hulle lewens kan plaasvind. Ons hoef geen demoniese aktiwiteite te vrees nie. In Christus het ons Goddelike beskerming en outoriteit oor die bose. Selfs ‘n pas bekeerde kind van God het outoriteit oor die duiwel en al sy boosheid. Hy sal miskien nog nie demone uit mense kan uitdryf nie maar hy hoef op geen manier aan demoniese aktiwiteite en manifestasies blootgestel te wees nie. Geen demoon of die duiwel homself kan ‘n pas bekeerde kind van God op enige manier lastig val nie. Die bose sal hard probeer om iewers in sy lewe met leuens of met vrees ‘n oop deur te kry. As hulle net toestemming van so ‘n pas bekeerde kind van God kan kry om op een of ander manier in sy lewe te manifesteer, sal hulle dit beslis doen. Ek wil net weer herhaal dat dit baie veiliger is om eerder die woord van God te bestudeer as om hierdie tipe boeke te lees.

Hierdie gedeelte was nodig om die kind van God op hoogte te bring met die oorsprong van negatiewe gebeurtenisse en siektes in ons lewens. Dit is nie die gevolg van bloedlyn vloeke nie. Dit is ook nie die gevolg van straf nie. God straf jou nie. Dit is die gevolg van ons eie roekelose gebruik van die woord van God, ons roekelose optrede en ons roekelose uitsprake.

Waar kom siekte vandaan?

Na aanleiding van bogenoemde gedeelte wil ek graag ‘n bietjie uitbrei oor die redes hoekom mense siek word. Waar kom siekte vandaan as God dan nie vandag meer straf nie?

Ons weet dat God mense in die Ou Testament met siekte gestraf het. God het mense dus al voor hulle afsterwe gestraf. Hulle het siekte as straf as voorlopers gekry omdat die eintlike straf sou kom met hulle afsterwe. Dit was voor die genade tyd van diere offers vir Israel en ook voor die genade tyd van die verlossingswerk van Jesus Christus. Daar was nog nie sondes bedek onder die bloed van lammers nie en sonde moes gestraf word. Die bedekte sondes van die regverdige mense van Israel was uit genade ongestraf laat bly omdat Jesus Christus die straf daarvoor sou dra op Gólgota.

In die tyd van barbarisme was dit nodig vir God om mense met siektes te straf. Die sondeval het alles veroorsaak. As dit nie Adam en Eva was nie sou een en almal verantwoordelik gewees het vir die sondeval. Onregverdige nasies en mense was wel gestraf. God moes mense uit die samelewing verwyder wat besig was om gruwelike dade te pleeg en mense soos diere behandel het. Hy het dikwels mense met die een of ander siekte getref om mense te beskerm. Die God van die Ou Testament het vir ons hard en ongenaakbaar voorgekom juis as gevolg hiervan. Hy was streng en dit het gelyk asof Hy nie genade met mense gehad het nie. Tog is dit nie die waarheid nie. Hy was dieselfde God as hierdie God van liefde en genade van die Nuwe Testament. Hy moes egter drasties optree om aanvaarbare leefwyses en morele standaarde in plek te kry anders sou dit die mensdom heeltemal verswelg het en sou vrouens en kinders aan die verskriklikste ongenaakbare verdrukking blootgestel gewees het. Dit was al klaar erg genoeg soos dit was.

Vandag, na die kruisdood van Jesus Christus kom alle siekte van die mens self af. Niks daarvan kom van God af nie en nie een daarvan kom direk van die duiwel af nie. God straf nie meer nie en die duiwel kan ons nie siek maak nie al wil hy. Dit is alles ons eie toedoen. Die demoniese magte speel natuurlik ‘n rol hierin, net soos wat hulle met Adam en Eva ook ‘n rol gespeel het, maar die mens kan net homself vir siektes blameer.

Siekte en ellende is ‘n natuurlike gevolg van sonde

Die meeste siekte kom deur ongesonde praktyke en aktiwiteite in mense se lewens. Hulle gebruik tabak, dwelms en drank en gee hulleself oor aan allerhande ongesonde genietinge. Ander is roekeloos en haastig en raak in ongelukke en onwettige aktiwiteite betrokke. Die natuurlike gevolg van hierdie sondige aktiwiteite is siekte. Tabak, dwelms en drank verwoes mense se lewens. Nie net fisies nie maar op sielkundige, geestelike en sosiale vlakke is dit vernietigend.

Siekte kom ook deur genetiese oorerwing. Onthou dat dit niks met sonde te doen het nie en ook niks met bloedlyn vloeke te doen het nie. Dit is die oorerwing van ‘n genetiese wanbalans in die gene. Volgens wetenskaplike bevindings word ‘n baie klein persentasie siektes deur middel van hierdie metode oorgedra op mense. Sommige wetenskaplikes meen dat baie minder as 1% van alle siektes deur gene veroorsaak word. Nuwe deurbrake in die genetiese veld dui eerder daarop dat mense deur hulle denke en hulle aksies hulle gene verander wat eventueel siektes veroorsaak. Dr. Caroline Leaf sê dat die menslike bewussyn wat eintlik in die siel area van die mens gesetel is, die brein en ook die selle in ons liggame beheer. Deur ons denke te vernuwe volgens die woord van God kan ons nie net ons breine nie maar ook die selle in ons liggame verander. Ons kan nie net fisiese veranderinge in ons liggame teweegbring nie maar ook geestelike veranderinge. ‘n Geestesversteurde persoon kan weer normaal word as gevolg van die invloed wat ons denke op ons liggame het:

God gave us the gift of choice – this is a Scriptural and scientific fact. The new science of epigenetics (which teaches that our perceptions and life experiences remodel our genes, not the other way around) has changed the conventional understanding of genetic control. It argues against the central dogma that genes control everything, including behavior and emotions. This means we are not, nor have we ever, been the victims of biology.

The implications of this are obvious: We need to take responsibility for our choices and subsequent words, actions and behavior. We can’t blame anyone else. The science behind how a thought forms runs alongside the science of epigenetics. What is common to both is that genes are inside the DNA, which is inside the nucleus of the cell. The genes code for proteins, and proteins are the building blocks of life. (Deut. 30:19 I call heaven and earth to record this day against you, that I have set before you life and death, blessing and cursing: therefore choose life, that both thou and thy seed may live)

Genetic expression means proteins are made according to the generic code. But then is the exciting part, when it comes to emotions, memories and behaviors, science tell us that genes are switched on and off by an external source such as thoughts, from the environment outside the cell…

The institute of Heart Math, an internationally recognised, non profit research organization that helps people reduce stress, discusses an experiment titled Local and Non-local effects of coherent heart frequencies on Conformational changes of DNA. This study showed that thinking and feeling anger, fear, and frustration caused DNA to change shape according to thoughts and feelings. The DNA responded by tightening up and becoming shorter, switching off many DNA codes, which reduced quality expression. So we feel shut down by negative emotions, and our body feels this too. But here’s the great part: The negative shut down or poor quality of the DNA codes was reversed by feelings of love, joy, appreciation, and gratitude!…

Our mind is designed to control the body, of which the brain is a part, not the other way around. Matter does not control us; we control matter through our choosing. We cannot control the events and circumstances of life but we can control our reactions. In fact, we can control our reactions to anything and in doing so we change our brains. We may have a fixed set of genes in our chromosomes, but which of those genes are active and how they are active has a great deal to do with how we think and process our experiences. Our thoughts produce words and behaviours, which in turn stimulate more thinking and choices that build more thoughts in an endless cycle. It’s not easy; it is hard work, but it can be done through our thoughts and choices. You can overcome and control depression and anxiety — some scientists are showing you can even control and overcome schizophrenia and OCD.

– Dr. Caroline Leaf

‘n Genetiese wanbalans is nie ‘n vloek nie en ook nie ‘n straf nie. Dit is ‘n genetiese wanbalans wat nie mee gedeel is nie. Die mens is ook hiervoor verantwoordelik. Een of ander sondige aktiwiteit in mense se lewens het die wanbalans veroorsaak en daar is nooit daarmee gedeel nie. Ons deel met wanbalanse in die gene deur middel van Goddelike genesing en deur ons gedagtes te vernuwe volgens die woord van God.

Sekere siektes kom van die nalatigheid van ouers af. Kinders val onder die fisiese beskerming van hulle ouers totdat hulle volwassenes is. Hulle is ook onder die geestelike gesag en beskerming van hulle ouers. Nalatige optrede aan die kant van ouers, fisies of geestelik, kan siekte toestande in kinders veroorsaak. Sondige aktiwiteite van ouers kan die kinders ook blootstel. Ouers rook in die teenwoordigheid van kinders of gebruik dwelms tydens swangerskap. Daar is menige nalatige aktiwiteite van ouers wat kinders kan blootstel aan siektes en ander ellendes. Dit het alles egter niks met bloedlyn vloeke te doen nie. Dit is die gevolge van roekelose leefwyses en besluite van mense.

Ouers het ‘n baie groot verantwoordelikheid teenoor kinders. Kinders is ‘n geskenk van God en ons as ouers is veronderstel om mooi na hulle te kyk. Ons moet ons prioriteite teenoor hulle regkry en verantwoordelik optree ten opsigte van hulle opvoeding en beskerming. Baie ouers laat hulle kinders toe om dinge te doen wat eintlik baie nalatig is. Hulle is roekeloos met hulle ten opsigte van beskerming en ontwikkeling teen die aanslae van die lewe. Ons weet dat klein kindertjies siek word en doodgemaak of verkrag word. Hulle is heeltemal onskuldig maar ervaar tog hierdie negatiewe aanslae op hul lewens. Wie moet die skuld hiervoor kry? Die ouers natuurlik. Ek sal hierdie stelling hier onder verder verduidelik.

Vir ‘n kind van God kom siekte ook deur dit toe te laat om in jou te ontkiem en te groei in stede van dit deur middel van die woord van God teë te staan. Siekte moet weerstaan word deur die woord van God en deur geloof. Wanneer ‘n kind van God siektes in sy liggaam of in sy familie toelaat kan net hy daarvoor aanspreeklik gehou word. Hierdie stelling is nie onregverdig nie en kan beslis uit die woord van God verduidelik word. Ek behandel hierdie aspek intensief elders in hierdie boek.

Onvergewensgesindheid, haatdraendheid en verbittering kan ook veroorsaak dat siekte in jou liggaam ontkiem en groei. Dit is een van die geestelike wette van God. Ons kan nie daar verby kom nie. Dit vreet ‘n mens op soos kanker. Niemand kan daarvoor blameer word behalwe die mens self nie want dit is niks anders as sonde nie. Onthou, siekte is nie die straf vir sonde nie. Siekte is die natuurlike gevolg van sonde. Bitterheid veroorsaak chemiese wanbalanse en ander veranderings in jou liggaam wat eventueel ‘n siektetoestand veroorsaak.

Vir ongeredde mense kom siekte ook nog omdat hy nie die beskerming van God en ook die gebruik van die woord van God het nie. Hy het nie die wapenrusting van God aan nie en is dus blootgestel aan siektes. Hoe gouer jy Christus Jesus aanneem as jou Verlosser en Saligmaker hoe beter. Baie mense is al kinders van God nog voor hulle 10 jaar oud is en selfs jonger. Dink net hoe baie probleme word vir hulle uitgeskakel omdat hulle hierdie besluit so vroeg in hulle lewens geneem het. Ander wag tot hulle oud, siek en ellendig is voor hulle hierdie stap neem. Dink net watse situasies, siekte en ander probleme hulle deur die jare vir hulleself veroorsaak het deur Christus Jesus vir so lank te verwerp.

Ek dink jy kan teen hierdie tyd al insien dat siekte nie straf is nie. Dit is alles die gevolge van ons mense se nalatigheid, optredes en leefwyses. Die duiwel en sy demone speel ‘n rol in die sin dat hulle mense so ver probeer kry om al hierdie nalatige en roekelose dinge aan te vang. Hulle wíl jou siek hê en hulle sal alles in hulle vermoë doen om jou siek te kry. Hulle kan egter geen siekte op jou lê tot jy hulle toestemming gee nie. Die oomblik dat jy hierdie roekelose aktiwiteite deel van jou leefwyse maak en ook nog siekte oor jouself uitspreek dan kom siekte as ‘n resultaat van jou leefwyse of dan het die bose die reg om siekte op jou te plaas.

Kom siekte dus eintlik van sonde af? Indirek ja. Siekte is nie die straf vir sondes nie maar siekte is ‘n natuurlike gevolg van sondige aktiwiteite. As iemand vir 30 jaar lank ‘n strawwe roker is gaan hy in alle waarskynlikheid longkanker of een of ander long aandoening kry. Is dit straf as gevolg van sonde of is dit die natuurlike gevolg van ‘n sondige aktiwiteit. Dit is definitief ‘n natuurlike gevolg van sonde. Baie keer het Jesus vir iemand gesê om nie weer te sondig nadat Hy hulle genees het nie. Hoekom nie? Anders gaan hulle weer siek word of selfs iets ergers kan met hulle gebeur. As jy aanhou dwelms gebruik nadat God jou liggaam genees het gaan jy net weer siek word. Jy begin onmiddelik weer jou liggaam aftakel. As jy jou dronk drink en dan op jou motorfiets in die strate op en af jaag gaan jy in alle waarskynlikheid in ‘n ongeluk betrokke wees en jou ledemate verloor. Dit is nie straf nie. Sonde stel jou egter bloot aan siekte en aan gevaar. Dit is hoe dit is. Ons kan nie roekeloos lewe in God se koninkryk nie.

Ons lees in Lukas 13 dat die duiwel ‘n sekere vrou vir agtien jaar lank gebind het met ‘n siekte. Sy was inmekaar getrek en kon daarom nie loop nie. Sy kon glad nie regop kom nie. Hierdie siekte is ‘n demonies veroorsaakte siekte. Sy was heel waarskynlik verbitterd of onvergewensgesind voor dit met haar gebeur het. Dit het die duiwel die reg gegee om haar te bind. Kom siekte van die duiwel af? Nee, dit kom van die mens af. Siekte is deel van die vloek wat God na die sondeval oor die aarde uitgespreek het. Die duiwel was nog altyd net die aanhitser.

Siekte is egter ook ‘n natuurlike gevolg van ongeloof. Daarom kan ‘n onskuldige kind van God siek word wanneer hy woorde van ongeloof oor homself uitspreek. Ons behandel hierdie aspek baie deeglik in hierdie boek. Dit wat jy vrees kom oor jou want jy weerstaan dit nie in geloof nie. Ongeloof is sonde en daarom is selfs hierdie tipe siektes die natuurlike gevolg van sonde, die sonde van ongeloof.

Adam en Eva se dade het siekte veroorsaak. Die duiwel sal baie graag mense siek wil maak en hy doen dit ook wanneer hy toestemming het om dit te doen. Siekte kom egter nie direk van hom af nie. Hy sou baie graag daardie mag wou gehad het om mense links en regs siek te kan maak want dan sou hy ‘n fees gehad het. God sal dit egter nooit toelaat nie. Nadat Christus Jesus oor hom getriomfeer het en hom van al sy mag en outoriteit gestroop het, het hy letterlik geen mag nie. Daarom dat hy net kan praat. Hy kan net verlei en leuens praat. Dit is die ENIGSTE wapen wat hy het. As verslane vyand is hy heeltemal ontwapen. Hy loop hier op God se grond (Psalm 24:1 Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon) en hy sluip van een Gods mens na die ander Gods mens, gered of ongered. Christus het almal losgekoop met sy bloed. Almal behoort aan Hom. Die duiwel lieg, hy steel, hy verwoes, hy konkel, hy hou raad, hy verneuk en hy bedrieg God se mense om sodoende ‘n deurbraak in hulle lewens te maak. Daar is geen ander manier vir Hom nie. Daar waar hy mense teëkom wat in outoriteit wandel en weet wat hulle in Christus is, daar maak hy homself vinnig uit die voete wanneer dit te warm begin word. Hy begin brand wanneer kinders van God in outoriteit optree. Hy is nie bang vir ons nie maar vir die Een binne IN ons. Sonder dat ons dit weet manifesteer die Een binne in ons wanneer ons met satan handel volgens sy woord. Daarom die Skrifgedeelte wat sê onderwerp jou aan God, weerstaan die duiwel en hy sál van julle af wegvlug.

As die duiwel en sy bose magte vloeke oor ons kon uitspreek sonder dat ons hom wettige gronde of toestemming daartoe gegee het, dan beteken dit die volgende: Ons is onskuldig, tog het die bose die mag of die outoriteit om ons skade aan te doen . Dit sou beteken dat hy tog mag en outoriteit in homself het. Dit is egter nie waar nie. Die Bybel sê dat hy van alle mag en outoriteit gestroop is. Hy is ontwapen. Ons het Goddelike beskerming, genesing, voorsiening en instandhouding in Christus. Ook sê Mark 16:17-18 baie uitdruklik die volgende:

En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Ons kan net duiwels uitdryf as ons sterker as die duiwels is. Die Een IN ons is sterker as enige mag wat bestaan. Slange is ‘n simbool vir demone. Ons neem hulle weg uit situasies uit. In die oorspronklike Grieks is die woord daar eintlik “wegneem” en nie “opneem” nie. Dan sien ons dat iets wat ons eintlik dood moes maak doen ons geen skade aan nie. Ons is ongetwyfeld bo hierdie bose magte verhewe in mag, krag en outoriteit as gevolg van Jesus Christus binne in ons. Dit is Hy wat die bose oorwin het.

Kan ek my kinders teen alle negatiewe goed beskerm?

In die koninkryk van God is daar Goddelike voorsiening gemaak vir kinders van God om in sy koninkryk absoluut gesond te kan lewe sonder enige geestelike of fisiese gebrek of tekortkoming. Daar is Goddelike voorsiening, Goddelike beskerming, Goddelike genesing en Goddelike instandhouding beskikbaar vir al sy kinders. Hierdie beloftes word deel van jou lewe as jy dit in geloof opeis as deel van jou erfporsie in Christus. Dit word ook deur die geestelike beginsels van God se koninkryk beheer en is een honderd persent “foolproof”.

God hoef niks meer vir jou te doen nie. Alles wat jy nodig het, het Hy reeds vir jou gedoen aan die kruis op Gólgota. Jy moet heers as ‘n koning en ‘n priester in sy koninkryk en al hierdie beloftes joune maak. Dit kom nie outomaties nie. Eerstens moet jy sy woord leer. Dan moet jy daardie woord in jou hart vas messel (oggend en aand mediteer) totdat dit deel van jou word. Dan moet jy in geloof jou erfporsie in besit neem. Jy vra God dus nie om vir jou dinge te doen nie. Hy het alles klaar gedoen. Jy skakel net, in geloof, in sy provisie en voorsiening in en maak sy beloftes deel van jou lewe. Jy máák dit joune. Jy staan op die woord! Baie kinders van God smeek God letterlik hulle lewe lank vir goed soos genesing. Soos bedelaars smeek hulle en niks gebeur nie. Hoekom nie? God wil hê dat ons moet opgroei en volwasse seuns van God word wat weet dat ons outoriteit oor ons omstandighede moet neem. Ons moet nie soos kindertjies bly wat vir alles vra nie. Bedel en geloof kan nie in een sin genoem word nie. Dit hoort nie saam nie. Outoriteit en geloof hoort saam en is God se plan vir sy volwasse seuns.

Seuns van God het geleer om te kyk wat God in sy woord vir hulle belowe het. Hulle het geleer om te kyk wat hulle erfporsie is en wanneer hulle daardie erfporsie in besit mag neem. Hulle het die koninkryk beginsels van God bestudeer en dit in hulle lewens begin toepas.

Wat gebeur in die natuurlike familie? Wanneer pa en ma baie keer na ‘n lekker laat slapie op ‘n Saterdag oggend opstaan, wat tref hulle in die kombuis aan? Daar sit al vier van hulle om die kombuistafel met sulke breë onskuldige glimlaggies op hulle gesigte. Op die tafel sien jy daar is omtrent niks van gisteraand se braaivleis oor nie.

Gaan trek aan my vrou. Ek en jy gaan by die Spur ontbyt eet is al wat jy kan uitkry terwyl al vier van hulle uitbars van die lag.

Die karnallies het doodeenvoudig vroeg opgestaan en die kombuis betrek. Sonder om enigiemand toestemming te vra het hulle al die oorskiet braaivleis en die ander kos wat oorgebly het gevat en geëet. Hulle het vir hulleself koffie gemaak en hulleself terdeë geniet. Hulle het dit gedoen want hulle is al vier deeglik daarvan bewus dat hulle as erfgename van hulle ouers die reg het om dit te doen.

Dit is presies hoe die koninkryk beginsels van God werk. Dit is daar vir al sy kinders. Allerhande voorregte soos redding, verlossing, genesing, voorspoed, vrede, voorsiening, beskerming en gesondheid is tot ons almal se beskikking wanneer ons dit ook al wil hê. Ons hoef glad nie ‘n bedelaars mentaliteit te hê daaroor nie. God se beloftes is alles ja en dit is alles amen vir al sy kinders. Hy is nie ‘n aannemer van die persoon nie. By God is ons almal gelyk en almal mag van alles kry. Ons moet dit net vir onsself toeëien. Ons moet dit vat. Dit behoort aan ons. Dit is ons s’n.

Ons hoef nie die Here te smeek en te vra vir alles nie. Hy het dit alles klaar vir ons beskikbaar gemaak. Alles wat God vir ons wou doen, wil doen of gaan doen het Hy reeds alles klaar gedoen. Dit is reeds alles klaar beskikbaar. Ons moet dit net vat. Ek weet daar is Skrifgedeeltes in die Bybel wat ons aanmoedig om God aan te hou vra vir goed en om Hom nie op te hou herinner aan sy beloftes nie. Daar is definitief plek vir hierdie tipe gebed en ons moet dit toepas wanneer sekere beloftes talm om te realiseer. Daar is egter ook ‘n hele klomp Skrifgedeeltes wat dit baie duidelik maak dat ons, as erfgename van God, die beloftes van God ook as konings en priesters deur middel van outoriteit moet vat en in besit moet neem.

Ek wil net ‘n paar Skrifgedeeltes behandel om jou die kans te gee om te kyk of jy werklik hierdie beloftes jou eie gemaak het en of jy ‘n bedelaars mentaliteit rondom dit het:

Psalm 91

  1. HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

  2. Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

  3. Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

  4. Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ’n skild en pantser.

  5. Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

  6. vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

  7. Al val daar duisend aan jou sy en tienduisend aan jou regterhand — na jou sal dit nie aankom nie.

  8. Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.

  9. Want U, Here, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

  10. Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;

  11. want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

  12. Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.

  13. Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.

  14. Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

  15. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.

  16. Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Psalm 112

  1. HALLELUJA!

  2. Welgeluksalig is die man wat die Here vrees,wat ’n groot welbehae in sy gebooie het.

  3. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde;die geslag van die opregtes sal geseën word.

  4. Oorvloed en rykdom is in sy huis; en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

  5. Vir die opregtes gaan Hy op as ’n lig in die duisternis: genadig en barmhartig en regverdig.

  6. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, wat sy sake volgens reg besorg.

  7. Want hy sal nooit wankel nie; die regverdige sal in ewige gedagtenis wees.

  8. Hy vrees nie vir slegte tyding nie; sy hart is gerus, vol vertroue op die Here.

  9. Vas is sy hart, hy vrees nie, totdat hy op sy teëstanders neersien.

  10. Hy strooi uit, hy gee aan die behoeftiges; sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid; sy horing word verhoog in eer.

  11. Die goddelose sien dit en is vererg; hy kners met sy tande en smelt weg; die begeerte van die goddelose mense vergaan.

Psalm 23

  1. n PSALM van Dawid.

  2. Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

  3. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.

  4. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

  5. Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.

  6. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

  7. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.

Jesaja 53 sê dat Hy al jou siektes op Hom geneem het. Deur sy wonde het daar vir jou genesing gekom.

2 Korinthiërs 8:9 sê dat Jesus Christus arm geword het sodat ek en jy ryk kan word.

Uit bogenoemde Skrifgedeeltes kan ons sien dat die kind van God volmaak beskerm word deur die woord van God. Hy het op alle vlakke van die samelewing en op alle vlakke van ons lewens vir ons voorsiening gemaak. Daar is letterlik geen enkele skuiwergat nie. Ons is totaal en al volmaak in Christus. Ons hoef letterlik niks te vrees in hierdie lewe nie. Daarom sê die woord van God dat die regverdige uit die geloof sal lewe. Daarom sê dit ook dat ons nie net van brood alleen sal lewe nie maar van elke woord wat deur die mond van God uitgegaan het. Die probleem is dat kinders van God nie geloof het nie. Hulle het nie geloof nie want hulle mediteer nie die woord van God nie. Die geloof is uit die gehoor en die gehoor deur die woord van God.

As jy aan en in bogenoemde Skrifte glo maar tog twyfel of dit werklik letterlik opgeneem moet word, dan is ek bevrees dat jy en jou familie nie al die aanslae van die lewe suksesvol sal kan hanteer of weerstaan nie. As jy hierdie Skrifte wel glo maar nie glo dat dit een honderd persent “foolproof” is nie, dan is ek bevrees dat siekte en ellende tog deur die verdedigingslinie kan en waarskynlik gaan breek om skade aan te rig. As hierdie beloftes werklik in jou hartkamers vasgemessel is en jy terdeë weet dat jy weet dat dit absoluut een honderd persent “foolproof” is, dan lewe jy en jou gesin in oorwinning en is julle onder God se Goddelike beskerming. Niks en niemand kan sy beskermings skild penetreer nie. Dan ervaar julle daagliks Goddelike provisie, Goddelike genesing, Goddelike beskerming en Goddelike instandhouding op alle vlakke van julle lewens. Daar is letterlik geen maar’s nie. Siekte en ellende kom nie as gevolg van bloedlyn vloeke en straf nie. Siekte en ellende kom as gevolg van sondige aktiwiteite en van ongeloof.

Kinders van die Here vrees baie goed in hierdie lewe. Hulle vrees want hulle ken nie die woord van God nie. Hulle ken ook nie die krag van God nie. Daarom word hulle aan hulle neuse rondgelei. Daarom kom hulle nie in oorwinning nie. Daarom krepeer hulle van ellende en daarom word hulle siek en lewe hulle in stormagtige omstandighede. Dit is so belangrik dat ek dit weer wil herhaal: Hulle het nie geloof nie want hulle mediteer nie die woord van God nie. Hulle lees dit net en hulle weet daarvan maar dit het nie Rhema in hulle harte geword nie. Daarom eis hulle nie hulle erfporsie op nie. Daarom leef hulle dieselfde lewens as die van ongeredde mense. Dit terwyl hulle wettiglik hierdie groot skat tot hulle beskikking het.

In die hele Bybel van voor tot agter lees jy die woorde: Moenie bevrees wees nie. Moenie vrees nie. Moenie angstig rondkyk nie. Hoekom nie? Want God is met jou. Hy sal jou uitred uit dit wat jou bang maak. Hierdie is ‘n geestelike wet in die koninkryk van God. Mense vrees egter en omdat hulle hierdie geestelike wet oortree bring hulle baie ellende oor hulleself. Vrees kom as gevolg van ongeloof.

Hulle besef nie dat as die Bybel sê dat niks vir God onmoontlik is nie dan is niks vir Hom onmoontlik nie. Hulle besef nie dat alle dinge vir God ewe maklik is nie. Net so maklik vir Hom om te sê al jou sondes is vergewe, net so maklik word mense van kanker genees. Hulle besef nie sy almag, sy alomteenwoordigheid en sy krag nie. Hulle besef nie dat God van elke mens, vandat hy of sy gebore is tot hy of sy dood is, nie een enkele beweging van ‘n hand of ‘n voet, ‘n orgaan, ‘n asemteug of ‘n woordjie gemis het nie. Hy neem elkeen van ons met sy Goddelike sintuie waar. Elke sekonde van elke dag. Hy weet elke woord wat elke mens gaan sê nog voor hy dit sê. Dan kan hy nog elke gedagtetjie van elke mier en mot en by en perd en olifant vir jou neerskryf soos dit gebeur. Hy weet van elke sent wat in jou bankrekening gedeponeer word. Hy weet wanneer die bank bankkoste verhaal in jou bankrekening die oomblik wat dit gebeur. Wanneer jy lê en slaap hou Hy elke beweginkie dop. Hy hoor elke asemteug. Hy weet alles vooruit. Hy mis NIKS nie. Hy weet elke sekonde van elke dag wat met jou gaan gebeur. Nie net in die nabye toekoms nie maar tot in ewigheid weet Hy dit nou al. Elke sekonde. Hulle weet nie dat God, as Hy wil, nog ‘n triljoen aardes met dieselfde aantal mense, diere, insekte, en mikroskopiese organismes kan skep en nog steeds weet wat elkeen elke sekonde dink nie. Hulle besef nie hoe groot God se liefde is nie. Hulle besef nie dat God die Vader werklik ons Vader is nie. Hulle weet dat Hy God is maar dat Hy meer jou Pa is as jou eie natuurlike pa, dit besef hulle nie.

Hulle besef nie dat dit werklik so is wanneer die Bybel sê dat as Hy in jou bly en sy woorde in jou, dan kan jy vra net wat jy wil en jy sal dit verkry. Hulle besef nie dat wanneer Jesus sê dat die werke wat Hy gedoen het, jy ook kan doen en nog groter werke as dit omdat Hy na sy Vader gaan, is werklik so nie. Hulle besef nie dat as jy jou in Hom verlustig, dan gee Hy jou die begeertes van jou hart. Nie die begeertes van sy hart nie, nee, die begeertes van jóú hart.

Wanneer die Bybel sê dat jy nie hoef te vrees vir peste en siektes en skelms en motor ongelukke en sulke goed nie dan bedoel die Bybel dit regtig presies so. God is heeltemal in staat om jou tot in ewigheid te beskerm teen bose mense en bose magte en gebeurtenisse sonder dat ‘n haar ooit van jou hoof beskadig kan word. Hierdie goed is alles gewaarborg! Dit is geestelike beginsels en geestelike wette wat in die koninkryk van God in plek gesit is en dit is almal een honderd persent “foolproof”. Dink jy God kan nie verhoed dat jy per ongeluk raak of doodgery word nie? Dan ken jy God nie. Dink jy dat die engele van God sit en slaap? Weet jy hoeveel triljoene engele daar is? Hulle kan nie getel word nie. Dink jy dat hulle nie in staat is om jou elke sekonde van elke dag van jou lewe op te pas nie om seker te maak dat jy nie seerkry nie?

Wat probeer jy vir my sê? Dat baie van die negatiewe dinge wat met my gebeur het voorkom kon word? Ek dink nie so nie, ek weet dit! Ek weet ook dat dit wat gebeur het voor jy jou plek van heerskappy in Christus ingeneem het, kan ook weer herstel word. Dit is hoe groot sy genade is en dit is hoe groot God is. Jy moet net in geloof as koning en priester begin regeer in die koninkryk van God. Alles is gewaarborg. Jy kan outoriteit neem oor alles in jou lewe. Het jy geweet dat Jesus van die dissipels verwag het om die storm self stil te maak toe hulle amper gesink het? Kom ons lees ‘n bietjie daardie gedeelte:

Mark 4:35-40

EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.

En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.

En ’n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.

Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?

En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ’n groot stilte gekom.

Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?

Mense, Jesus het nie sommer net hierdie vrae aan die dissipels gevra om snaaks te probeer wees nie. Hy was werklik verwonderd oor hulle bang geword het en nie outoriteit oor die storm geneem het nie. Dit is wat God van ons verwag. Dit is wat dit beteken om op te groei tot die volle gestalte van Christus. Ons kan almal opgroei in Christus want ons is uit God gebore en ons het die wêreld oorwin. Dit staan in 1 Johannes 5:1, 4 en 5

ELKEEN wat glo dat Jesus die Christus is, is uit God gebore; en elkeen wat die Vader liefhet, het ook die een lief wat uit Hom gebore is.

Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof.

Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?

God het aan ons, sy kerk, al die mag en outoriteit gegee om die aarde te onderwerp en daaroor te heers. Alles wat in die hemel is moet hier op aarde in ons en deur ons manifesteer. Ons moet alles vanuit die hemel in ons absorbeer, sodat die hemel hier op aarde sigbaar word vir almal om te sien. Ons moet die hemel afbring aarde toe. Die hemel moet so alledaags in ons lewens word dat die aardse krimp en verdwyn. Laat U wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde.

Dit is God se fundamentele of eintlike skeppingsdoel met sy seuns. As ons dit net wil waag om die skeppingsdoel van God vir ons lewens na te streef, sal ons die aardse of Adamiese wortels van ons afruk en ons hemelse wortels troetel. Van waar is ons? Ons is vanuit die hemel (Johannes 3:8 – Ons hoor die wind waai maar ons weet nie van waar dit kom en waarnatoe dit gaan nie, so is elkeen (ek en jy) wat uit die Gees van God gebore is). Soos die hemelse mens (Jesus) is, so is ons. Soos die aardse mens (Adam) is, so is die aardse mense. Ons is nie meer soos Adam nie. Ons is soos Jesus. Ons sit saam met Hom op sy troon vanwaar ons heers.

1 Johannes 4:17

soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

Ons is ambassadeurs van die hemel (God). Ons kom uit die hemel. Ons het die hemel in ons. Ons het die hemel saam met ons gebring. Dit is egter ons werk om die hemel in ons en deur ons hier op aarde te laat manifesteer. Dit word in geloof gedoen. Dit word gedoen deur toe te laat dat Jesus Christus in ons en deur ons lewe. Hy ís die hemel in ons.

As jy regtig weet wie en wat jy in Christus is en wie en wat Hy in jou is, dan sal jy hierdie aarde bewandel sonder enige vrees. Jy sal weet dat God in al jou behoeftes voorsien. Jy sal weet dat God in staat is om jou dwarsdeur jou lewe tot op jou oudag te bewaar en in stand te hou. Vir jou en vir jou kinders.

Jy sal weet dat jy die mag het, wat Hy jou gegee het, dat jy die outoriteit het, wat Hy jou gegee het, en dat jy die krag het, Wat Hy in jou ís, om hierdie wêreld totaal en al te onderwerp en as ‘n koning en priester van God oor al jou omstandighede te regeer. Christus het dit alles vir ons moontlik gemaak. Dit is binne ons bereik.

Die bal is egter in ons speelveld. Óns moet dit speel. God kan nie en sal dit nie vir ons doen nie. Hy het al sy mag, krag en outoriteit aan ons gedelegeer en dit maak ons verantwoordelik vir ons eie omstandighede. Christus Jesus het alles wat ons ooit van Hom nodig het of graag wil hê reeds vir ons gedoen. Hy kan niks meer vir ons doen nie. Dit is nou ons deel wat moet gedoen word. Dit is ‘n geestelike beginsel, ‘n geestelike wet waaraan ons onsself sal moet onderwerp. As ons dit nie doen nie gaan ons nie oorwinning oor omstandighede in ons lewens kry nie. Ons gaan die onderspit delf en hoewel ons saligmaking verseker is, gaan ons nou hier op aarde swaarkry. Ook word God daardeur nie verheerlik nie. Wanneer die Skrif verklaar dat die aarde vol gaan word van sý heerlikheid, dan is dit presies hierdie beginsel wat in werking tree.

Hy word in ons verheerlik en dit gaan op elke gebied van die samelewing manifesteer.

Ons kan egter net die wêreld oorwin en daaroor heers as ons die woord van God ken en dit deel van ons lewens gemaak het. Heerskappy in die koninkryk van God werk deur geloof en deur gehoorsaamheid. Die geloof is uit die gehoor en die gehoor deur die woord van God………….

Hierdie was net ‘n kort uittreksel uit die boek, “Die Waarheid Omtrent Bloedlynvloeke”. Hierdie boek is nou beskikbaar teen ‘n korting, in drie verskillende formate in ons aanlyn Boekwinkel:

 

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment