Negatiewe gevolge van die bloedlynvloeke verdigsel
Die vals leerstelling van bloedlyn vloeke bring bindings in mense se lewens. In die koninkryk van God regeer ons vanuit ‘n posisie van geregtigheid. Dit is die basis van ons geloof. Volgens die boek van 1 Johannes is ons net so rein en net so geregtig soos Jesus Christus self.