Niemand kan jou vervloek nie!
Om ons voorouers se sondes as verskoning te gebruik wanneer dit met ons sleg gaan is doodeenvoudig baie onregverdig. Elkeeen is verantwoordelik vir sy eie lewe en sy eie sonde. Eseg. 18 is baie duidelik daaroor.
House Churches the Biblical Way
Hoewel die Bybel ast’ware die bloedlyn vloeke leerstelling in soveel woorde baie duidelik as ‘n vals leerstelling bevestig, veroorsaak onkunde steeds dat miljoene kinders van God onder hierdie juk gebuk gaan. Hierdie kategorie behandel die verskillende mites aangaande bloedlynvloeke deeglik in die lig van Skrifgedeeltes in die Bybel
Om ons voorouers se sondes as verskoning te gebruik wanneer dit met ons sleg gaan is doodeenvoudig baie onregverdig. Elkeeen is verantwoordelik vir sy eie lewe en sy eie sonde. Eseg. 18 is baie duidelik daaroor.
Die mens ervaar siekte en ellende net as gevolg van hulle eie dade. Ons maai wat ons gesaai het. Ons kan negatiewe ervarings nie aan bloedlyn vloeke of aan straf koppel nie
Niemand weet waar kinders van God vandaan kom nie omdat hulle uit die Gees van God gebore is. Ons is eintlik “Goddelike saad” wat hier op aarde geplant is en opgroei in God. Ons is nie van hier nie, ons is gestuur
Het Jesus of die apostels ooit die volgende woorde gespreek? In Jesus Naam breek ek elke vloek in my lewe. Ek sny elke vloek af in die Naam van Jesus. In die Naam van Jesus bind ek jou satan. Here, ek bely my oupa se sondes. Vergewe ons asseblief vir sy sondes.
Die Skrif is baie duidelik oor die ontstaan van die bloedlyn vloeke leerstelling. Hoewel dit in die Ou Testament ontstaan het was hierdie leerstelling reeds vroeg in die Ou Testament ontmasker. Die Israeliete het dit heeltemal verkeerd verstaan en daarom moes God ingryp om hulle tot die regte perspektief te bring.