Hoe word die Ekklesia toegerus?
Mense is geneig om te dink dat kinders van God en ook die vyfvoudige bedienaars teoreties toegerus moet word. In die koninkryk van God word toerusting egter op ‘n praktiese wyse gedoen
House Churches the Biblical Way
Studie materiaal oor huiskerk gemeentes, huiskerk gemeente planters en inligting aangaande huiskerke in die algemeen
Mense is geneig om te dink dat kinders van God en ook die vyfvoudige bedienaars teoreties toegerus moet word. In die koninkryk van God word toerusting egter op ‘n praktiese wyse gedoen
Paulus praat van die vyfvoudige bediening in die boek Efesiërs: En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus. Jesus het hierdie mense gegee vir die kerk. Hulle is nooit deur enige persoon in die Nuwe Testament aangestel nie. Daar was geen seremoniële ordinasie van kerkleiers nie. Daar was geen kerkleier aangestel in ‘n posisie (office) nie. Jesus het bloot die vyfvoudige bediening gegee om ‘n funksie in die kerk uit te voer
Is hierdie Skrifgedeelte in die Bybel?
Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, laat die voorsang leier die gemeente in lofprysing en aanbidding lei, laat die herder afkondigings maak, laat die herder bid, laat die herder preek, laat die herder die mense deur gebed bedien, laat die gemeente al hulle aandag op die herder rig, laat die gemeente stil wees — laat alles tot stigting geskied.
In huiskerke neem almal saam die besluite. Almal is op gelyke vlak en almal het dieselfde seggenskap oor kerksake. Niemand moet enige besluite op ander mense afdwing soos die wêreld dit doen nie. Vir baie mense klink hierdie stellings net ‘n bietjie te vergesog. Die rede hiervoor is dat ons al die jare anders geleer is in die kerk en in die wêreld. Dit is al wat ons ken. Hoe dan anders?
Wat maak die nuwe geslag bedienaar anders? Dit is ‘n gesindheid. Hulle het net ‘n hart vir dit wat in God se hart is. Hulle het in hul diepste wese daardie honger en dors en brandende begeerte om God te behaag.