Daar is definitief twee Heilige Gees ervarings

Baie duidelik sien ons hier dat daar in ‘n kind van die Here se lewe twee Heilige Gees “ontvang” geleenthede is: Die eerste keer wanneer jy jou bekeer en die tweede keer wanneer jy in die Heilige Gees gedoop word. Die eerste keer is dit die seël van jou redding of wedergeboorte. Die Vader en die Seun kom woon dan in jou en die Gees in jou getuig dat jy ‘n kind van God is

Die gawes en die vrugte van die Gees verheerlik Jesus Christus in ons midde

Die liefde vergaan nimmermeer; maar profesieë – hulle sal tot niet gaan; of tale – hulle sal ophou; of kennis – dit sal tot niet gaan. Want ons ken ten dele en ons profeteer ten dele. Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is tot niet gaan.

Dit is dus eventueel net die liefde wat gaan oorbly. Hier sien ons dan ook baie duidelik wanneer die gawes van die Gees gaan ophou: Wanneer die volmaakte gekom het. Kennis sal ophou maar nou het ons nog kennis nodig. Profesieë sal ophou maar nou het ons nog profesieë nodig, tale sal ophou, maar nou het ons nog tale nodig.

Is wonderwerke en kragtige dade nog steeds vir vandag?

Deur al die eeue heen tot Jesus Christus weer kom, is Hy met verlossing besig. Hy red mense elke dag, Hy genees mense elke dag, Hy doen wonders in mense se lewens elke dag, want dit is wat Jesaja 53 sê Hy aan die kruis betaal het. Om hierdie rede sal die Gees gawes nooit ophou nie. Dit is juis om hierdie rede dat Jesus die “groot kommissie” beveel het: Gaan heen, verkondig die evangelie aan alle mense, leer hulle van my, maak hulle gesond en dryf die duiwels uit, wek die dooies op, julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.

Waarvoor is die “4” tale van 1 Korintiërs 12?

Kinders van God het deur die jare bang of skepties geword vir die gebruik van tale tydens gemeente byeenkomste. Hierdie vrees is egter die gevolg van onkunde. Die voortdurende aanslag op die outentisiteit van die Heilige Gees gawes het soveel wantroue veroorsaak dat kinders van God maar liefs die gawes van die Gees vermy. Selfs mense wat in die Heilige Gees gedoop is het begin om tale te vermy.