Watter Bybels is korrek?

IDENTIFISEER DIE WARE WOORD VAN GOD EN VERWERP ALLE VERVALSINGS

Daar is so baie vervalsings en so min outentieke Bybels. Ons kan egter onteenseglik weet watter Bybel vertalings die ware woord van God is en watter nie deur die Heilige Gees geïnspireerd is nie. Hierdie kort skrywe sal jou help om ‘n outentieke Bybel te kies en te gebruik. Daar is geen grys areas nie en jou besluit kan onmiddellik en reg geneem word:

Daar is net een outentieke Bybel in Afrikaans: Die 1933/54 “Afrikaanse Bybel Vertaling”. Hierdie Bybel is vanaf die outentieke grondtekste vertaal. Volgens sommiges is die “King James version” ook gebruik tydens die vertaling proses. Die “King James Version” is direk uit die oorspronklike tale (“Textus Receptus” teks vir die Nuwe Testament en die “Ben Chayyim Hebrew Masoretic” teks vir die Ou Testament) oor vertaal wat dit baie outentiek maak.

In Hollands is daar die “Nederlandse State Bybel“.

In Duits is daar die 1522 “Lutherse Duitse” Bybel.

In Engels is daar ook nie baie outentieke vertalings nie. Die volgende is bekende outentieke Bybels: Die 1611 “King James Version” Bybel, Die “William Tyndale” Bybel, Die ou 1539 “Great Bible“, Die Ou 1599 “Geneva” Bybel (Ook genoem die “Geneva Pilgrims’ Bible“), die ou 1568 “Bishop’s” Bybel en nog ‘n paar ander. Die nuwer uitgawes van hierdie selfde Bybels is egter nie altyd outentiek nie omdat subtiele veranderings gemaak is met die modernisering van hierdie Bybels. Die apokriewe boeke is ook in die moderner weergawes ingesluit.

Die outentieke Bybels is vertaal deur van die korrekte of die God geïnspireerde grondtekste gebruik te maak. Ek verwys na die “Ben Chayyim Hebrew Masoretic” Teks (Ou Testament) en die Griekse “Textus Receptus” (Nuwe Testament). Hierdie manuskripte is die oudste manuskripte beskikbaar. Daar is tans 5366 van hierdie manuskripte in museums regoor die wêreld en hulle verskil bitter min. Ons kan hierby nog die ongeveer 1800 kopieë van die direkte vertalings en die 86,000 skriftuurlike aanhalings van die kerkvaders voeg. Dit maak dit ‘n groot klomp dokumente wat beskikbaar is om die outentisiteit van die Bybel te bewys. Omdat daar so baie daarvan is maak vergelykings die afwykings redelik maklik identifiseerbaar en kan ons die Bybel foutloos vertaal.

Die ander Bybels (tans bykans 300 vertalings) is vertaal deur van ‘n samestelling van korrupte “moderne” manuskripte gebruik te maak. Hierdie samestelling het onlangs eers (in 1881) die lig gesien. Hier volg ‘n lys van die verskillende manuskripte: Codax: A,B,C en D, Codax Sinaiticus (S). (Die 4de eeu), Die Shepherd of Hermas, Codex Vaticanus (B). (Die 4de eeu), Codex Alexandrinius (A). ( Die 5de eeu), Hexapla Bybel van Origenes., Eusebio-Origenes Bybel deur Eusibeus, Latynse Vulgaat Bybel van Jerome.

Daar is ernstige afwykings in hierdie Bybels. Die Engelse verwys na hierdie Bybels as “dangerously corrupt”. Dit is inderdaad ‘n goeie beskrywing van hierdie Bybels.

Bybels wat uit hierdie samestelling van moderne manuskripte vertaal is sluit die volgende in: Alle Afrikaanse Bybel vertalings behalwe die 1933/54 vertaling, die “New King James” Bybel, die “American Revisers” Bybel, die “New American Standard” Bybel, die “Living” Bybel, die “New Century” Bybel, die “Good News for Modern Man” Bybel, die “Jehovah Witness” Bybel, “The Book”, die “Everyday Bible”, die “Authorised Catholic” Bybel, al die ander Rooms Katolieke Bybels, die “New International Version” (NAB), The Good News Bible (GNB), die “New Living Translation” (NLT), die “Amplified Bible” (AB), die “Nuwe Lewe Vertaling” (NLV) en nog baie meer.

Die volgende feite is ‘n aanduiding van die verskille wat met hierdie nuwe grondtekste in die Bybel aangebring is. Ook ons 1983 Bybel toon dieselfde afwykings omdat dieselfde korrupte grondteks gebruik is:

620 woorde wat Jesus self gespreek het is weggelaat.

Die Naam “Jesus” is 87 keer weggelaat.

Die Naam “Christus” is 52 keer weggelaat.

Die Naam “Here” is 39 keer weggelaat.

Die Naam “God” is 48 keer weggelaat.

Die Godheid van Jesus Christus is 40 keer weggelaat.

Meer as 900 vers gedeeltes is gedeeltelik weggelaat.

17 Verse is in geheel weggelaat.

Meer as 8000 verse is in geheel “verander” tot niksseggende betekenis.

Bybel vertalers gebruik hoofsaaklik een van twee metodes van vertaling: Eerstens is daar die “woord-vir-woord” direkte vertaling of die “letterlike” vertalings metode. Hierdie metode gee vir jou die Bybel soos in die oorspronklike tale presies soos dit daar staan. Daar word geen woorde bygevoeg of weggeneem nie. Tweedens is daar die “Parafrase of vrye vertaling”. Hier val die klem op die betekenis sonder om die letterlike te probeer oordra. Dit bring dikwels mee dat omskrywings gebruik moet word om die boodskap tuis te bring. Hierdie metode sit woorde by en kan selfs woorde wegvat. Hierdie metode maak die deur oop vir ernstige ongerymdhede met betrekking tot Bybel vertaling.

‘n Letterlike vertaling is eintlik net die oorspronklike teks in jou eie taal. Dit help dus geweldig baie om die Bybel in so ‘n vertaling te lees en die aard en sinskonstruksie van die oorspronklike tog op ‘n manier agter te kom. Die 1933/54 Afrikaanse Bybel vertaling is dus hier van onskatbare waarde.

Die lees van ‘n parafrase Bybel word glad nie aanbeveel nie of moet hoofsaaklik net as aanvullende leesstof gebruik word. Die gevaar van subjektivisme is eenvoudig net te groot. Gevoeg hierby is Bybels in Afrikaans en baie Engelse Bybels wat op hierdie metode vertaal is ook nog vertaal vanuit die korrupte “moderne” of “Minority text” wat dit net onmoontlik maak om tred te hou met al die afwykings. Daarom is die 1933/54 Afrikaanse Bybel vertaling die enigste Bybel in Afrikaans wat ons wel kan gebruik. Ander Bybels in Afrikaans kan werklik net as aanvullende leesstof gebruik word.

Is ons Bybels heeltemal honderd persent korrek? Nee natuurlik nie. Net die “Textus Receptus” en die “Ben Chayyim Hebrew Masoretic Text” is honderd persent korrek. Ons kan egter hierdie foutjies regstel deur ons bybelstudie aan te vul met die lees van verskillende Bybels. Die Engelse “King James Version” is hier en daar ‘n beter vertaling as ons 1933 Afrikaanse vertaling. Die 1599 “Geneva” Bybel is weer hier en daar ‘n beter vertaling as die “King James Version”. Deur al drie te gebruik en nog die oorspronklike grondtekste ook, het ons die woord van God een honderd persent korrek tot ons beskikking soos Hy van voorneme was om dit aan ons te gee.

Die “King James Version” gebruik nog die woorde “ye”, “thee” en “thou”. Al lees dit ‘n bietjie vreemd kan dit egter tog die betekenis van die Bybel verander as dit alles met “you” vervang word. Die woord “you” word wel 950 keer net in die Nuwe Testament van die “King James Version” gebruik. Tog het die vertalers in sekere gevalle die woorde “thee” of “thou” gebruik. Hoekom? Partykeer was dit belangrik om aan te dui of die verwysing op die spesifieke plek “enkelvoudig” of “meervoudig” is. “Thee” verwys na ‘n enkel persoon, kerk, dorp of nasie terwyl “you” ‘n meervoudsvorm is. ‘n Voorbeeld is Lukas 22:31-32 waar Jesus sê dat die duiwel begeer om al die dissipels te toets en te sif maar dat Hy spesifiek vir Petrus gebid het dat sy geloof nie faal nie:

And the Lord said, Simon, Simon, behold, Satan hath desired to have you, that he may sift you as wheat: But I have prayed for thee, that thy faith fail not: and when thou art converted, strengthen thy brethren.

In ons 1933 Afrikaanse Bybel het ons die woord “Easter” in Handelinge 12:1-4 verander na die Joodse “Paasfees” omdat die vertalers waarskynlik gedink het dat die “King James Version” vertalers ‘n verkeerde woord gebruik het:

Now about that time Herod the king stretched forth his hands to vex certain of the church. And he killed James the brother of John with the sword. And because he saw it pleased the Jews, he proceeded further to take Peter also. (Then were the days of unleavened bread) And when he had apprehended him, he put him in prison, and delivered him to four quaternions of soldiers to keep him; intending after Easter to bring him forth to the people.

In werklikheid het die Romeinse volk die wêreldse fees wat ons vandag as “The Easter holidays” reeds voor die Nuwe-Testamentiese tyd gevier. Dit was die “Ishtar-fees” genoem. Hierdie fees is ‘n fees waar eiers geverf en weggesteek word om die vrugbaarheid van die mens en dier te vier en te verbeter. Net so het die Ishtar-fees die simboliek van hasies of konyne gebruik om die vrugbaarheid van die mens en sy diere te simboliseer. Maar wat is die Ishtar-fees dan? Dit is ‘n fees om die Godin van die Hemel, met die naam “Ishtar”, te vereer. Hierdie fees het sy ontstaan meer as 1000 jaar VC.

Hierdie voorval in Handelinge 12:1-4 beskryf het niks met die Joodse Paasfees te doen nie. Herodes het gewag vir die heidense “Ishtar-fees” om verby te gaan voor hy vir Petrus voor die volk sou bring. Dit was dus korrek in die “King James Version” as “Easter” vertaal.

Net so wil ek graag op twee plekke in die “Geneva” Bybel vir jou baie beter vertalings as die “King James Version” wys wat baie belangrik is:

In Psalm 8:6 het die 1933 Afrikaanse Bybel vertalers die mens as weinig minder as “‘n goddelike wese” vertaal. Die “King James Version” Bybel vertalers het dit as “for thou hast made him a little lower than the angels” vertaal. Die “Geneva Bible” het hierdie versie egter korrek vertaal soos wat dit in die oorspronklike teks staan naamlik: “for thou hast made him a little lower than God”. Die woord in die Hebreeuse grondteks is “Elohiym” wat God beteken.

Nog ‘n voorbeeld is in Markus 16:18 waar Jesus sê dat vir hulle wat glo hierdie tekens sal volg: “slange sal hulle opneem”, volgens die 1933 Afrikaanse vertaling. Die “King James Version” vertaal dit ook: “They shall take up” serpents. Die “Geneva Bible” het dit egter korrek vertaal as: “and shall take away serpents”. Die woord hier in die Grieks is “αϊрω” wat “opneem” of “wegneem” beteken. Ons weet dat slange ‘n simbool vir demone of die duiwel is. In hierdie konteks neem ons outoriteit oor demone en demoniese aktiwiteite deur hulle weg te neem uit ‘n situasie of uit ‘n mens uit. Dit is dan die meer korrekte vertaling.

My opinie is dat die beste Bybel vertaling wat daar is die 1599 “Geneva Pilgrims” Bybel is. My tweede keuse is die 1611 “King James Version” asook die 1933 Afrikaanse Bybel. Om hierdie rede gebruik ek net hierdie drie Bybels saam met die oorspronklike grondtekste tydens bybelstudie. Ander Bybels gaan jou van “die wal af in die sloot” help. Moenie val vir die redenasies en argumente van “slim” Bybel vertalers en “slim” teoloë nie.

Bybel vertalers het in 2006 die 1599 “Geneva Pilgrims” Bybel laat herleef deur dit in moderne Engels te herskryf. Hierdie Bybel is die mees korrekte Bybel wat ek nog ooit met die oorspronklike tale vergelyk het. Gebruik dit gerus as jou primêre Bybel vir verdere studies. Dit kan baie gerieflik hier en ook op ander webblaaie aanlyn gelees word: 1599 Geneva Bible

Die Geneva Bible kan ook in hardeband formaat aangekoop word: Tolle Lege Press of dit kan gratis in Pdf formaat afgelaai word op hierdie skakel: Geneva Bible.

Die Geneva Bible in moderne Engels kan gratis afgelaai word op ons “Resources” bladsy.

Hoekom wil mense die Bybel in maklike Afrikaans of Engels hê? Ons Bybels lees tog nie so moeilik nie. Die kool is beslis nie die sous werd nie.

Die Romeine en die Katolieke kerk was verantwoordelik vir baie skade in die kerk. Baie menslike tradisies en gebruike is deur hulle in die institusionele kerk ingestel wat regtig betreurenswaardig is. So het hulle ook die Bybel deur middel van die ingebruikneming van die genoemde korrupte “Minority text” besoedel. Trouens, alle Katolieke kerk Bybels is uit die 1881 samestelling vertaal. Die gereformeerdes deur middel van Martin Luther het op hierdie gebied ook hervormings ingestel deur terug te keer na die regte God geïnspireerde grondteks toe.

Why did the early churches of the 2nd and 3rd centuries and all the Protestant Reformers of the 15th, 16th and 17th centuries choose Textus Receptus in preference to the Minority Text?

The answer is because:

Textus Receptus is based on the vast majority (90%) of the 5000+ Greek manuscripts in existence. That is why it is also called the Majority Text.

Textus Receptus is not mutilated with deletions, additions and amendments, as is the Minority Text.

Textus Receptus agrees with the earliest versions of the Bible: Peshitta (AD150) Old Latin Vulgate (AD157), the Italic Bible (AD157) etc. These Bibles were produced some 200 years before the minority Egyptian codices favoured by the Roman Church. (Remember this vital point)

Textus Receptus agrees wih the vast majority of the 86,000+ citations from scripture by the early church fathers.

Textus Receptus is untainted with Egyptian philosophy and unbelief.

Textus Receptus strongly upholds the fundamental doctrines of the Christian faith: the creation account in Genesis, the divinity of Jesus Christ, the virgin birth, the Saviour’s miracles, his bodily resurrection, his literal return and the cleansing power of his blood!

Textus Receptus was – and still is – the enemy of the Roman Catholic Church. (This is an important fact to bear in mind)

Wat van die ware God geïnspireerde kanon van die Bybel? Is al die boeke in die Bybel opgeneem soos God dit wou gehad het? Die antwoord is beslis ja! Daar kom nie ‘n enkele boek kort nie en daar is nie ‘n enkele boek oorbodig nie. As jy die 1933 Afrikaanse Bybel in jou hand hou dan staan jy met die volledige outentieke woord van God in jou hande!

Maar wat van die apokriewe boeke? Die apokriewe boeke is nie Heilige Gees geïnspireer nie en daarom is dit nie in die Bybel opgeneem nie. Moet ek dit lees? Nee, daar is geen rede hoekom jy jou tyd met die apokriewe boeke moet mors nie. Lees eerder die woord van God.

Maar die Katolieke kerk het dan die Bybel se kanon saamgestel? Dan moes dit mos korrup gewees het? Ken jy die Katolieke?

Ken jy die Almagtige God? Onthou, die verlossingswerk van God was tweërlei van aard: Eerstens moes die Woord van God (Christus Jesus) die mens kom red en verlos. Tweedens moes die woord vir alle geslagte beskikbaar gemaak word aan alle mense omdat daardie woord die grondslag van hulle geloof sou word.

Om hierdie rede was die samestelling van die boeke van die Bybel nie ‘n projek van kerkleiers in die Katolieke kerk nie. Nee, dit was die projek van die Almagtige God en Hy het van hierdie kerkleiers gebruik gemaak om dit vir Hom te doen. Deur Goddelike intervensie is hierdie projek suksesvol afgehandel. God sou nie ‘n enkele afwyking toelaat nie. Daardie kerkleiers was pionne in die hand van God al het dit nie vir hulle so gevoel nie of al het hulle dit nie geweet nie. Die Katolieke kerk het wel later afgewyk van hierdie kanon en ook afgewyk van die “majority text”.

Moenie ooit oor die woord van God twyfel nie. Dit is in jou hande en dit is korrek. Jy kan dit vertrou. Jy kan dit leer. Jy kan dwaalleringe daarmee weerlê. Jy kan daarmee teregwys. Jy kan dit in jou hartkamer vasmessel. Wanneer mense verkondig dat die Bybel vals of sub-standaard is kan jy hulle stellings weerlê. Wanneer ongeredde Bybel vertalers of predikers kom met dwaalleringe dan kan jy hulle of hulle woorde weerlê want jy het die ware woord van God tot jou beskikking. Dank God hiervoor! Die Bybel is ‘n baie belangrike anker in ons lewens. Ons kan nie sonder die woord van God lewe nie. Ons lewe van elke woord wat ooit deur die mond van God uitgegaan het.

God het die samestelling van sy God geïnspireerde kanon eers in Loadicea (363 NC) uitgevoer, later is dit in Hippo (393 NC) aangepas en bekragtig en uiteindelik in Carthage (397 NC) is die boeke soos ek en jy dit in ons 1933 Afrikaanse vertaling lees finaal bekragtig. Die woord van God is hiermee vir ons vir altyd bewaar soos God dit aan ons wou gee.

Die verdraaide Bybels van die Katolieke kerk het eers veel later die lig gesien. Hulle het eventueel die ware outentieke woord van God wat hulle gehad het (die “Catholic Douay Reims – older versions“) vervang met afgewaterde en verdraaide Bybels wat vanuit die “Minority text” vertaal is soos ons reeds genoem het. Hulle het ook afgewyk van die ware God geïnspireerde kanon wat in 397 NC in Carthage bekragtig is. Baie van die ongeïnspireerde of apokriewe boeke wat nie in die oorspronklike Bybel opgeneem is nie, is toe in die nuwe Katolieke kerk Bybel opgeneem.

Met hierdie opsomming sluit ek dan hierdie skrywe af. Ek vertrou dat u hiermee ‘n baie ingeligte besluit kan neem met betrekking tot u keuses rondom die lees en die bestudering van die Bybel.

Lees ook die inskrywing, “Recommended Bible Study Tools“. In hierdie inskrywing word die gevare van konkordansies, woordeboeke, leksikons en kommentare kortliks bespreek.

Bogenoemde was ‘n kort uittreksel uit die boek, “Is Ons Bybels Korrek?”. Dit kan nou op die skakel hier onder aangekoop word:

Terug na die Tuisblad

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

4 thoughts on “Watter Bybels is korrek?”

  1. Is dit nodig om die 1933 Bybel te hê/gebruik? Ek gebruik die 1953 saam met die KJV en die 2 vul mekaar uitstekend aan. As die 1933 Bybel nodig is waar kry ek een?

    Reply
    • Die 1953 is heeltemal korrek. Dit is nie nodig om die 1933 te kry nie.
      Wees geseend in Christus
      Basie Martins

  2. Die 1933 is die 1953 vertaling ook. Jy kry hulle nie meer apart en soos ek verstaan gaan jy binnekort hom nie kry meer. Ek het verlede jaar by die Afrikaanse vertalings gestaan. 2021 of is die 2020 vertaling was op en ek het gesoek toe vir die 1933 vertaling en op ‘n klein groepie 1933/1953 vertaling afgekom. Die verkoopster daar het my verwittig dat dit die laastes is. Hulle druk nie die vertaling meer nie.
    My vraag is aan u, hoe is die King James Bible vertaal in Afrikaans? Ek het dit op die soek enjine ontdek. Net nie seker of dit gelykstaande aan 1933/1953 vertaling of soos King James ‘n beter weergawe is?

    Groete
    Helaine

    Reply
    • Volgens oorlewering het die vertalers van die 1933 Afrikaanse Bybel die King James as bron gebruik meer as wat hulle die oorspronklike tale gebruik het. So hoewel dit bedoel was om n vertaling uit die oorspronklike Hebreërs en Grieks te wees, was dit toe op die ou-end meer ‘n vertaling vanuit die King James Bybel. As gevolg hiervan is dit nogal baie soos die King James vertaling.

Leave a Reply to Pieter van Zyl Cancel reply