Spreek die woorde van Jesus

JESUS WAS VIR ONS ‘N VOORBEELD IN ALLES

Elke woord wat uit die mond van Christus gegaan het was baie betekenisvol. Dit was deurtrek met salwing. Dit was uitgespreek nie net om dit uit te voer waarvoor dit gestuur is nie maar ook om ons die weë van God te leer. So ook elke handeling en elke aksie wat Hy geneem het. Jesus Christus sê self dat Hy net spreek wat Hy by die Vader gehoor het. Hy sê ook self dat Hy net doen wat Hy by die Vader gesien het. Hy het nie ‘n enkele woord gesê of aksie uitgevoer wat Hy nie by die Vader gesien of gehoor het nie.

Joh 5:19

Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen het nie. Want alles wat Hý doen, dit doen die Seun ook net so.

Dit is baie belangrik. Jesus sê: Voorwaar, voorwaar, Ek doen dit net so. As die Seun van God dit so belangrik ag om net te doen en te sê wat Hy by die Vader gesien en gehoor het, hoeveel te meer behoort ons nie dieselfde te doen nie. Hy sê op een plek in die Skrif, as julle die Seun gesien het, dan het julle die Vader gesien. Hoekom het Hy dit gesê? Want Jesus is presies soos die Vader. Hoe het Hy soos die Vader geword? Hy het gekyk wat die Vader doen en dit net so gedoen. Vader was sy rolmodel.

Hierdie is baie belangrik. Daardie 3 jaar wat Christus die aarde bewandel het tydens sy aardse bediening was van die begin tot die einde ‘n proses van toerusting. Hy het die dissipels geleer, gewys en toegerus om in die koninkryk van God te leef, te bedien, te werk en God in gees en in waarheid te aanbid. Uit die aard van die saak was dit baie belangrik wat Hy gedoen en gesê het.

As jy ‘n studie maak van die presiese woorde wat Jesus gesê het in elke situasie wat sy pad langs gekom het, dan weet jy presies wat Vader sou gesê het. As jy ‘n studie maak van elke handeling wat Jesus uitgevoer het dan weet jy presies wat Vader sou gedoen het.

Ek het so ‘n studie gemaak en wat vir my baie opvallend was, is die feit dat die apostels Paulus, Petrus, Johannes, Jakobus en al die ander dissipels in die Nuwe Testament presies die selfde gedoen het. hulle het onder geen omstandighede afgewyk van dit wat hulle by Jesus geleer het nie. Hoekom het die dissipels en die apostels presies soos Jesus in elke situasie opgetree en hoekom het hulle in elke situasie presies gesê wat Hy gesê het? Want Jesus was hulle rolmodel. Hulle het in daardie drie jaar Hom goed leer ken en presies geweet wat Hy in elke situasie sou doen en wat Hy sou sê. Gaan maak ‘n bietjie ‘n studie hiervan as jy nie seker is nie maar ek kan jou nou al sê: Hulle het glad nie afgewyk van dit wat Hy hulle kom leer het nie. Inteendeel, toe Jesus vir hulle gesê het om uit te gaan om die wêreld te evangeliseer, het Hy ook vir hulle gesê, die woorde wat ek julle geleer het, leer dit vir die mense en leer hulle om dit te onderhou. Leer hulle en maak dissipels van hulle. ‘n Dissipel is ‘n “navolger” of ‘n “volgeling” van Jesus Christus. Ons moet doen wat Hy gedoen het. Die apostels en sy ander dissipels het presies gedoen wat Hy gedoen het. Gaan lees maar die hele Nuwe Testament. Jy sal sien dat dit so is.

Nou hoekom doen en sê ons ander goed? Hoekom het ons nie gebly by die woord nie? Want ons ken nie die woord nie en ons kan nie die leuen van die waarheid onderskei nie.

Ek wil vir jou ‘n paar goedjies noem wat ons baie lief is om te gebruik maar ons sal vind dat hierdie woorde en hierdie handelinge glad nie in die Skrif voorkom nie:

  1. In Jesus Naam breek ek elke vloek in my lewe.

  2. Ek sny elke vloek af in die Naam van Jesus.

  3. In die Naam van Jesus bind ek jou satan.

  4. Here, ek bely my oupa se sondes. Vergewe ons asseblief vir sy sondes.

  5. In Jesus Naam breek ek elke vesting en elke skans af wat opgewerp is teen die kennis van God.

  6. Ek verbreek elke plan wat die vyand teen my smee.

  7. Satan, ek breek jou werke.

  8. Ek kom teen jou satan in die Naam van Jesus Christus.

  9. Here, ons staan almal hier om Piet se bed en ons vra U om hom te genees.

  10. Here, die storm dreig om ons huis te verwoes. Ons vra U om dit verby te laat trek.

  11. Daar is nog ‘n klomp stellings en gebede wat op hierdie trant deur die kerk gebruik word. Te veel om op te noem.

Nie Jesus Christus of enigeen van die dissipels het sulke woorde gebruik nie. Hoekom nie? Want hierdie goed is slagspreuke wat uit die bloedlyn vloeke leerstelling voortgekom het. Dit is die oorlogskrete van die geestelike oorlogvoerders. Dit is ook die taalgebruik van mense wat nie weet wie en wat hulle in Christus is nie. Dit is mense wat nie hulle posisie van koningskap in Christus ingeneem het nie.

Hoekom het nie Jesus en ook nie sy dissipels enige bloedlyn vloeke gebreek nie? Hierdie vals leerstelling het definitief daardie tyd al bestaan want selfs Israel het in die Ou Testament daaraan geglo. Waar het Jesus gesê dat ons vloeke moet breek? Waar het die apostels gesê dat ons vloeke moet breek? Waar het Jesus gesê dat ons ons voorouers se sondes moet bely? Waar het die apostels so gesê? Wie hét so gesê?

As dit dan so belangrik was, hoekom het nie Jesus of sy dissipels ‘n instruksie gegee dat bloedlyn vloeke gebreek moet word nie?

As voorouers se sondes tussen ons en God kon staan, hoekom het nie Jesus of die dissipels ons geleer om nie net ons eie sondes te bely nie maar ook ons voorouers se sondes? Hoekom sê die hele Ou Testament en die hele Nuwe Testament keer op keer op verskeie plekke dat die mens hom van sý verkeerde weë moet bekeer. Sy eie verkeerde weë. Hoekom sê die skrif op verskeie plekke dat die mens sý sondes moet bely? Sy eie sondes? As voorouers se sondes so ‘n groot probleem was of so belangrik was, hoekom is daar geen instruksies hieroor in die hele Bybel nie?

Die naaste hieraan was die kere toe die profete of koning Dawid vir die volk Israel ingetree het. Hulle het by God gesmeek om húlle sondes te vergewe. Dit het niks met Dawid of die profete te doen gehad nie. Die volk se sondes was nie op hulle nie en die volk is nie hulle familie nie. Hulle het by God gesmeek om nie die volk uit te wis nie. Hierdie voorvalle het niks met bloedlyn vloeke of familie vloeke te doen nie. Ons kan vandag ook vir die Afrikaner volk intree en vir God vra om hulle sondes te vergewe. Ook in Nehemia 1:1-6 sien ons hoe Nehemia vir die volk intree. Nehemia het by sy broer gehoor dat die vrygeraaktes wat nie in ballingskap weggevoer is nie in groot ellende verkeer.

Hy het ook gehoor dat die muur van Jerusalem stukkend lê en dat sy poorte met vuur verbrand is. Nehemia was baie hartseer hieroor en hy het voor die Here aan die ween gegaan. Hy het geweet dat dit die gevolg van die oordeel was wat God oor Israel uitgespreek het omdat hulle, hulle nie van hulle sondes bekeer het nie. In vers 6 tree hy vir die hele volk se sondes in. Hy vra vir God om hulle te vergewe. Met skaamte noem hy dat ook sy eie familie skuldig is. Hierdie is nie ‘n gebed vir voorouers nie. Dit is ‘n gebed vir die volk Israel wat weggevoer is in ballingskap en vir die wat in groot ellende agtergebly het. Ook sy familie wat nog lewe; ooms tannies, niggies en neefs, kinders, ens. Hierdie het niks met voorouers of bloedlyn vloeke te doen nie. Nehemia bid vir die volk se sondes en dan noem hy terloops dat ook sy eie familie, nie sy voorouers nie, sy familie wat nog lewe, ook skuldig is. Hierdie Skrifgedeelte kan nie aan bloedlyn vloeke gekoppel word nie.

Die uitsprake hierbo wat ons maak tydens “geestelike oorlogvoering” is nie in die Bybel nie. Ons waninterpreteer Skrifgedeeltes soos die een in Nehemia 1. Ons doen dieselfde met sekere aksies wat ons uitvoer. Om net ‘n paar handelinge te noem:

  1. Het Jesus Christus of die dissipels ooit ‘n huis of iets anders met olie gaan salf?

  2. Het die apostels enige Joodse feeste gevier?

  3. Het die apostels ooit op shofars geblaas?

  4. Het die apostels ooit baniere geswaai?

  5. Het die apostels Joodse gebed tjalies aangetrek as hulle gaan bid het?

  6. Het die apostels kersfees gevier?

  7. Het die apostels Paasfees gevier?

  8. Is daar enige instruksie in die Nuwe Testament aan Christene om hierdie dinge te doen?

  9. Het Jesus dit gedoen?

Ek weet ek skiet hier ‘n klomp heilige koeie af maar die punt moet gemaak word. Mense volg tradisies en oorlewering van mense in plaas van om die woord van God te leer en dit te doen. Ek weet van hierdie goed voel reg en dit voel selfs of daar ‘n salwing op dit is. Ons moet egter nooit ons geloof baseer op hoe ons voel nie. Daar is definitief emosie betrokke wanneer ons op hierdie manier optree. Ons verwar dikwels emosie met salwing. Dit is ‘n voldonge feit. Is daar partykeer positiewe resultate op hierdie goed? Natuurlik ja, die waarheid is egter dat God ons maar in ons onkunde verskoon en ons tog maar help. Hy bly ‘n God van genade en Hy het geduld met ons.

‘n Baie belangrike geestelike beginsel wat almal moet van weet is die volgende: “Moet nooit die fout maak om te dink dat jy in God se perfekte wil is net omdat jy ‘n salwing ervaar op dit wat jy doen nie“. Hier praat ek nie van emosie nie maar van werklike Heilige Gees salwing.

God wil jou op daardie oomblik al lankal op ‘n ander plek gehad het of jou op ‘n ander vlak van Goddelike openbaring of geestelike groei gehad het. Jy hoor egter nie sy stem nie en jy is nog steeds vasgeval waar jy tien jaar gelede al verby moes wees. Tog salf God jou en Hy gebruik jou want jy bly ‘n instrument in sy hande. Die werk van God moet steeds gedoen word. Mense is siek en daar moet vir hulle ingetree word. Ons moet ons hande op hulle lê en jy ervaar salwing wanneer jy dit doen. Moenie salwing interpreteer as God se volmaakte wil vir jou nie want dit is nie.

Dieselfde met hierdie menslike tradisies en instellings wat ek hier bo genoem het. Dit is nie Skriftuurlik nie en dit is nie deel van ‘n seun van God se lewe nie. Dit is bloot godsdiens en dit is “vlees” bediening. Dit het ‘n valse leerstelling as fondasie. In sy Almag en genade kan God tog werk tydens so ‘n situasie maar dit maak nie die handeling of die woorde wat uitgespreek is reg nie. God werk ondanks jou foute en ondanks jou onkunde. Dit is egter tyd dat ons volwasse seuns van God word.

Baie mense maak die fout om van hierdie goed te baseer op die volgende Skrifgedeelte:

Matt 16:19

En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee: en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemele gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemele ontbonde wees.

Sleutels is ‘n simbool vir outoriteit. Hierdie outoriteit is in werklikheid die outoriteit om in die koninkryk van God hier op aarde besluite te neem. Die koninkryk van die hemele is die koninkryk van God. Hier op aarde is ons, die kerk, die rentmeesters, die huismeesters en die opsieners van die koninkryk van God op aarde. Die “bind”, die “gebonde”, die “ontbind” en die “ontbonde” is Jesus Christus se delegasie deklarasie. Met hierdie Skrif in die Bybel het Jesus eintlik aan die kerk gesê dat Hy al sy mag, outoriteit en krag aan die kerk gee. Hy sê daarmee dat die hemel (God) agter ons staan. Maak nie saak wat ons doen nie, ons het die “backing” van God en ons het die “backing” van die hemel.

Dit het niks te doen met die bind van die duiwel nie. As jy hom bind wat gebeur? Is sy hande en voete vasgebind en kan hy dan nie loop nie? Kan hy nog steeds praat want hierdie is die eintlike of enigste wapen wat hy het? Al is sy hande en voete vas kan hy nog steeds leuens vertel en jou bedrieg. As hy dan nou gebind is, hoe lank lê hy daar gebind? Hoekom bind ons dan nie die hele kaboedel en lewe dan in vrede tot Jesus kom nie? As dit dan nou net in situasies is wat ons hom kan bind hoekom gebeur dieselfde situasies dan later weer? Hoe het hy losgekom? Nee, ons los die duiwel dat hy maar rondloop met sy leuens. Dit help nie om simptome te behandel nie. Ons moet by die wortel van die probleem kom. Die slagspreuke van die geestelike oorlogvoerders behandel net die simptome en het daarom geen krag of geen nut in die koninkryk van God nie. Dit is tydmors en dit bring valse vrede of valse gemoedsrus. Ons hoef niks aan die duiwel te doen nie. Wat met die duiwel gedoen moes gewees het het Jesus Christus klaar gedoen. Ons moet iets aan onsself doen. Ons moet iets aan ongewenste situasies doen! Ons moet in die geloof heers!

Toe Jesus as die Lam van God Homself as ‘n offer vir die sondes van die wêreld gegee het, het Hy daarmee ook die heerskappy van die aarde van die duiwel af teruggevat. Hy het die sleutels van die koninkryk van God toe weer vir ons teruggee soos Hy belowe het. Hierdie sleutels is weer die voortsetting van die opdrag wat God ook vir Adam en Eva gegee het: “Onderwerp die aarde en heers daaroor”.

Wat baie mense nie weet nie is dat hierdie delegasie negatiewe en positiewe implikasies het. Die sleutels gaan alles oor ons outoriteit om BESLUITE te neem. Julle het die voorval van Kenneth Hagin sr. gelees. Hierdie is ‘n baie goeie voorbeeld van ons outoriteit in die geesteswêreld. Ons tree op in die Naam van Jesus en ons doen dit deur die bose tot gehoorsaamheid te gebied in sekere situasies ja. Ons bind nie die duiwel en demone nie; ons gebied hulle tot gehoorsaamheid. Is daar ‘n duiwel in iemand? Ons spreek die demoon aan en ons dryf hom uit. Is iemand siek as gevolg van ‘n demonies veroorsaakte siekte? Ons dryf die duiwel uit die persoon en genesing manifesteer.

Die grootste invloed van ons outoriteit is egter met betrekking tot omstandighede en situasies. Ons spreek die “storm” aan. Ons bind nie die duiwel nie. Ons spreek genesing oor siek mense. Ons bind nie die duiwel nie. Ons roep finansies in. Ons bind nie die duiwel nie. Ons kan vir baie goed bid en ons ontvang dit van God as ons in geloof bid. Baie keer egter, bid ons maar niks gebeur nie. Partykeer gebeur niks nie omdat jy nie jou Godgegewe outoriteit gebruik om jou omstandighede in lyn met sy woord te bring nie.

Ons neem ook besluite in die koninkryk van God en ons sit goed in plek of ons verander goed. Hier het dit bloot te doen met wat ons daagliks besluit om te doen. Dit gaan hier eintlik oor ons besluite. So byvoorbeeld het die mens in keiser Konstantyn se tyd in die Romeinse ryk besluit om die geestelike kerk van God as ‘n sigbare aardse instelling te vestig. Kon Jesus dit keer? Nee, Hy moes maar inval by die kerk se besluit. Hy is vandag nog besig om die skade wat daarmee aangerig is te herstel. God laat dinge in die kerk toe en Hy laat dinge in ons lewens toe wat baie skadelik vir ons en vir die kerk is.

Dit was Vader God se raadsplan van altyd af. Hy sou die mens wat na sy Beeld geskape is ‘n vrye wil gee en outoriteit gee om op die aarde en oor die aarde te heers. Daarom kan ons God nooit beskuldig vir enigiets wat in die wêreld gebeur nie. Dit is alles die mens se eie toedoen en die blaam moet ten volle voor ons voete geplaas word. So was dit byvoorbeeld die mens wat besluit het om slawe arbeid te bedryf. God kon slawe arbeid en die verdrukking en onmenslikheid wat daarmee gepaard gegaan het nie voorkom nie. Selfs ongeredde mense en nasies het die outoriteit om te doen wat hulle wil. God het ons ‘n vrye wil gegee. Straf God die mense en die nasies wat hierdie verkeerde besluite neem? Nee, hulle pluk maar net die wrang vrugte van hulle dade.

Daarom kry ons gevalle waar nasies wat God verwerp in armoede en ellende verkeer. Dink maar aan die Jode wat in Hitler se tyd aan die verskriklikste mense mishandeling blootgestel was. God het nie ingetree nie en die Joodse nasie nie gehelp nie. Hy het hulle nie uitgered nie. Meer as ses miljoen Jode is dag vir dag afgemaai in gaskamers in die Nazi konsentrasiekampe. God het die Joodse nasie aan sy lot oorgelaat. Wou Hy hulle uitred? Natuurlik! Ons dien ‘n God van liefde en kompassie. Kon Hy hulle uitred? Nee. Hy kan nie teen sy eie woord gaan nie. Israel het nie vir God hul beskutting gemaak nie. Inteendeel, Israel het vir Jesus Christus verwerp. Wie dra die blaam van hierdie verskriklike gebeurtenis in die geskiedenis van die mensdom? Adolf Hitler en die Duitse volk en almal wat deel daarvan was. Hierdie duiwelse boosheid word voor hulle voete neergelê. Hulle word nou nog in die hel gestraf daarvoor. Indirek word dit egter voor die Joodse volk se voete ook gelê. Hulle het Jesus Christus as die Seun van God verwerp en Hom op die koop toe vermoor. Hulle saai wat hulle gemaai het. Dit wat hulle oor Christus besluit het is in die hemel bekragtig. Christus het die sleutels van die koninkryk van God in hulle hande gegee maar hulle het besluit om dit weg te gooi. Hulle het nie eens ingegaan nie. Daarom is hulle verdoem tot ellende en die hel as hulle hulle nie tot God bekeer nie.

Ons lees van volke waar klein kindertjies kaal langs treinspore en op ashope lewe. Ons lees dat hulle kakiebos eet om te probeer oorlewe. Ons lees dat hulle so sonder hoop of uitkoms lewe tot hulle van die honger uitteer en doodgaan. Daar was vir hulle geen redding nie. Daar was geen uitkoms nie. Hoekom nie? Omdat hierdie nasies en hierdie mense besluit het om Jesus Christus te verwerp en eerder afgod diens aan te hang soos Hindoeïsme of Boeddhisme. Iemand gaan vir die dood van hierdie kindertjies verantwoordelik gehou word en hulle gaan in die hel gestraf word vir hulle dade. Kon God voorkom het dat hierdie mense en kindertjies hierdie verskriklike dood gesterf het? Nee, want Hy kan nie teen sy woord gaan nie. Hy het die heerskappy van die aarde aan die mens gedelegeer en ons gaan verantwoording doen vir alles wat ons aangevang het.

Wanneer ons sien hoe ‘n spesifieke land deur siklone of ander rampe getref word, is dit God wat hulle om die een of ander rede straf? Beslis nie! Hulle pluk maar net die wrang vrugte wat hulle gesaai het. Het hulle as nasie hulle tot God bekeer? Lewe hulle as nasie volgens die koninkryk beginsels van God? Lewe hulle as nasie deur die geloof? Het hulle as nasie die Almagtige God hulle beskutting gemaak? Lewe hulle as konings en priesters in outoriteit oor hulle land? Neem hulle outoriteit oor die natuur of oor omstandighede wanneer dit hulle pad kom? God het hulle nie verlaat nie. Hulle moet egter as nasie heers in die koninkryk van God maar hulle het nie. Wanneer ons nie heers nie dan heers die duiwel. Wanneer ons nie heers nie dan kom daar negatiewe goed tot stand in ons lewens. Dit is hoe dit is.

Hoewel ‘n nasie se stand in God baie negatief kan inwerk op kinders van God se lewens hoef ons egter nie heeltemal daaraan blootgestel te wees nie. As kind van God kan jy as individu steeds bo jou omstandighede uitstyg en selfs in ‘n ongoddelike land as koning oor jou eie omstandighede regeer. Prys God daarvoor!

GOD IS ALTYD ONSKULDIG

Laat God toe dat ‘n inbreker by jou huis inbreek en jou vrou verkrag nadat hulle jou goed gesteel het? Ja, maar die blaam vir hierdie gebeurtenis lê by jou. Eerstens by hierdie bose mense wat in die hel gestraf gaan word vir hulle dade as hulle hulle nie bekeer van hulle verkeerde weë nie. Maar die blaam lê egter by jou ook. Jy het nie jouself en jou familie in geloof beveilig nie. Het jy in geloof die beloftes van God deel van jou lewe gemaak of het jy op alarmstelsels en honde vertrou? Het jy God jou beskutting gemaak? Het jy die bose magte en die bose mense van hierdie wêreld skadeloos gestel deur die woord van God oor jou en jou familie te bely en het jy die woord van God vir jou laat werk? Die mens sal lewe van elke woord wat deur God se mond uitgegaan het. Die mens sal uit die geloof lewe. Jy sou God en die hemel se “backing” gehad het as jy dit gedoen het. Lees Psalm 23, 91 en 112 en nog baie ander Skrifgedeeltes in die Ou Testament en in die Nuwe Testament. Hierdie Skrifgedeeltes is die woord van God en is tot jou beskikking maar is nutteloos totdat jy in geloof daarop reageer.

HOEKOM WORD ALLERHANDE JOODSE GEBRUIKE IN DIE CHRISTELIKE KERK INGEVOER?

Die Joodse geloof is ‘n dooie geloof wat uit werke bestaan. Dit is ‘n wettiese geloof wat geen lewe het nie. Waarom probeer mense hierdie gebruike invoer? Dit is alles daarop gemik om die liefdevolle intieme verhoudings geloof van die Christendom af te water tot ‘n wettiese godsdiens. Dit bring binding, dit bring vlees bediening en dit maak die regverdigmaking van Jesus Christus uit genade kragteloos. Paulus moes bontstaan om die besnydenis van heidense Christene te verhoed. Hy moes bontstaan om die viering van Joodse feeste deur Christene te verhoed. Hy moes keer dat die Sabbat deur Christene gehou word. Hy moes die hele tyd die Christen gemeentes waarsku teen die “valse apostels” wat heimlik hierdie dinge probeer invoer het. Oral waar Paulus die genade boodskap verkondig het, het hierdie mense hom gevolg en agter hom probeer skade aanrig. Dit is vandag nog so. Kom ons kyk na ‘n paar Skrifgedeeltes hieroor:

In Matt 7:15 waarsku Jesus ons reeds dat valse profete sal kom:

Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.

Matt 24: 11

En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

2 Kor 11:13

Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.

Gal 2:3-5

Maar selfs is Titus, wat by my was, nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy ‘n Griek is; en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied wat ons in Christus Jesus het, sodat hulle ons in diensbaarheid kon bring; aan wie ons selfs nie ‘n oomblik toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

Hier kan ons sien dat Paulus nie toegelaat het dat Titus gedwing word om hom te besny nie. Wat doen besnydenis aan Christene? Paulus sê dit vat ons vryheid in Christus weg, dit maak ons diensbaar aan die wet en aan mense. Dit vat ook die bestendigheid van die waarheid van die evangelie weg. Dit bring ons terug in “bondage”. Hoekom? Want besnydenis is ‘n handeling van die Joodse geloof en dus onder die wet. As jy onder die wet leef dan moet jy die hele wet onderhou. Die waarheid van die evangelie is dat ons uit genade deur geloof gered word en nie deur wetsonderhouding nie. Waar in die Skrif het Jesus of enige dissipel ‘n instruksie gegee dat Christene besny moet word?

2 Pet 2:1-4

Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ’n vinnige verderf oor hulleself bring; en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word; en uit hebsug sal hulle met verdigte woorde voordeel uit julle trek. Oor hulle is die oordeel van lankal af nie werkeloos nie, en hulle verderf sluimer nie. Want as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word….

Janee, dit weet ons, mense hardloop soos ‘n klomp skape agter elke nuwe foefie aan. Dié dat hulle agter die verderflikhede van die valse apostels aanhardloop.

Gal 6:12-13

Almal wat ’n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem.

Rom 1:5-6

Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here,want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.

Uit bogenoemde Skrifgedeelte kan ons duidelik sien dat Paulus geweier het om die Sabbat en ander Joodse vakansiedae op Christene af te forseer. Hoekom nie? Die Joodse vakansie dae en Joodse feeste was deel van die wet. Jesus Christus het die wet kom vervul. Joodse vakansiedae was skadubeelde van dit wat Jesus tot stand sou laat kom. Nou dat dit ‘n werklikheid geword het, hoe kan die skadubeelde nog uitgevoer word? Die werklikheid het dan gerealiseer. Skadubeelde rondom Jesus Christus was ‘n teken dat verlossing sou kom. Werklike verlossing maak die skadubeeld tot niet. Wanneer jy nog Joodse feeste vier dan verklaar jy in werklikheid dat die verlossing van Christus nog nie plaasgevind het nie. Waar in die Skrif het Jesus of enige dissipel ‘n instruksie gegee om die Sabbat te hou of om die Joodse feeste te vier? Hulle sou dit nie doen nie want die Sabbat en die Joodse feeste was ‘n wet of instruksie aan die Joodse volk. Dit het niks met die Christendom te doen nie. Die Jode moes hierdie feeste vier of die Sabbat hou want dit was deel van die wet. As jy Joodse feeste hou moet jy die hele wet gehoorsaam. Die Joodse feeste is nie God se feeste nie. Dit is die feeste wat God die Jode beveel het om te hou. Dit is dus die Joodse nasie se feeste. God het nooit aan die Christelike kerk instruksies gegee om feeste te hou nie. God het Judaisme met die Christelike geloof vervang en daarom is dit nie meer ‘n wettige of ‘n God goedgekeurde godsdiens nie. Dit is nou ‘n afgod diens en geen rituele soos die Joodse feeste moet meer deur enigiemand onderhou word nie. Nie eens deur die Jode nie. Judaisme is ‘n uitgediende godsdiens.

DIE CHRISTELIKE GELOOF HET GEEN GODSDIENSTIGE RITUELE NIE

Die Christelike geloof is die enigste geloof wat geen rituele het nie.

Daar is ook geen heilige plekke nie, heilige artikels nie of heilige dae nie. Net God is Heilig en die gelowiges is heiliges. Die gelowiges kan enige dag van die week bymekaarkom. Dit hoef nie op ‘n Sondag te wees nie. Alle dae is gelyk voor God. Die Sabbat was ‘n Saterdag en dit was deel van die Joodse geloof. Ons kom maar gewoonlik op Sondae bymekaar want dit is wat outomaties in die Nuwe Testament gebeur het. Daar was nooit ‘n instruksie dat ons op Sondae bymekaar moet kom nie. Dit is maar wêreld wyd deel van die naweek en die meeste mense werk nie op Sondae nie. Saterdae is mense met sport en ander goed besig maar niks verhoed ons om op Saterdae bymekaar te kom nie. Ons kan selfs in die week bymekaarkom as ons wil. ‘n Sondag is ‘n gewone dag in God se oë. Daar is niks heilig daaraan nie.

Christene het nie heilige plekke of geboue nie. Christene kan bymekaar kom as die Ekklesia van God net waar hulle wil. Ons is die tempel van God waar ons ook al is of ook al gaan.

Die doop en die verbond maal word verkeerdelik as rituele beskou want dit is nie. Die Ou Testament is vol tipes, skadubeelde en simbole wat heenwys op dit wat Christus Jesus in die Nuwe Testament sou vervul. Daarom is daar geen simbole, tipes en skadubeelde in die Nuwe Testament nie. Hy het alles in Hom vervul. Die doop en die verbond maal is dus glad nie simboliese rituele nie.

Die doop is in werklikheid ‘n verklaring wat ‘n mens aan Jesus Christus maak. Jy sê eintlik aan Hom dat jy besluit het om Hom te volg. Jy volg Hom letterlik deur die water wanneer jy hierdie aksie uitvoer. Dit is ‘n aksie wat op daardie oomblik werklik ‘n effek op die geesteswêreld het. Dit is nie ‘n simbool nie. In die geesteswêreld word jy op daardie oomblik werklik uit water en uit Gees gebore. In die gees sterf jy werklik saam met Christus en jy staan werklik saam met Hom op as ‘n nuwe skepsel in die koninkryk van God. Daar gebeur werklik iets op daardie oomblik. Ons voel dit nie altyd nie en ons weet nie presies wat gebeur nie maar dit gebeur wel. Om dit te verduidelik wil ek net ‘n paar aspekte behandel.

Baie mense bekeer hulleself en word nie dadelik gedoop nie. Wat my betref is hulle dan reeds (in naam) kinders van die Here maar die werklike aksie in die geesteswêreld het nog nie plaasgevind nie. ‘n Mens kan sien dat wanneer hulle uiteindelik gedoop word dan verander hulle verhouding met Christus onmiddelik. ‘n Mens kan sien dat iets gebeur het. Hulle is onmiddelik nie meer die oppervlakkige Christene wat hulle was nie. Dit is asof ‘n kop geloof uiteindelik ‘n hart geloof geword het.

Markus 16:16 sê mos uitdruklik:

Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

Matt 28:19 sê ook:

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

In die oorspronklike grondteks sê Markus 16:16 ook uitdruklik dat hy wat glo én hom laat doop gered sal word. Hoekom sal ‘n kind van God hom nie laat doop nie? Die Bybel sê tog uitdruklik dat kinders van God hulle moet laat doop. Daar is ‘n rede daarvoor. Dit bepaal jou gehoorsaamheid. Dit verklaar of jy Hom net in naam wil dien en of jy Hom werklik wil volg. Is jy ernstig oor God of speel jy net “Christen”? Is jy net louwarm en gaan God jou eendag uit sy mond spuug?

Kyk wat sê Romeine 8:1

Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Hierdie versie het my lank gepla. Dit het my op die ou end laat besef dat daar wel veroordeling is vir kinders van God wat na die vlees wandel. Is dit hulle wat net louwarm is en uiteindelik uit God se mond gespuug gaan word? Is dit hulle wie se lampies leeg was toe die bruidegom gearriveer het? Hulle was nie gereed nie en hulle is nie op die bruilofsfees toegelaat nie. Is dit hulle wat nie ‘n bruilofskleed aangehad nie? Hierdie mense was almal verwyder en in die buitenste duisternis gewerp.

As jy ernstig oor God is en Hom gehoorsaam wil wees sal jy jou laat doop. Kom wat wil. Hoekom sal ‘n toegewyde Christen lewenslank versuim om homself te laat doop? Sê ek hiermee dat kinders van God wat nie gedoop is nie hel toe gaan? Nee, ek sê dit nie, maar die kanse daarvoor is baie goed. God sal seker elke geval op meriete beoordeel. Ek weet nie.

Baie interessant is die feit dat nuwe vertalings hierdie gedeelte in Rom 8:1 uit die Bybel verwyder het. Ek verwys na die nuwe Bybels waar die verdraaide “Minority text” van die Katolieke kerk gebruik is met vertaling. Ons 1983 vertaling is ook uit hierdie teks vertaal. Kyk wat staan daar geskrywe:

Rom 8:1 (Afr83)

Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.

Hierdie is ‘n baie groot fout in die “Minority text”. Inteendeel die hele “Minority text” wemel van foute. Dit was ‘n set van satan om die Bybel so te verdraai dat dit nie die impak moet hê wat dit behoort hê nie. Lees my boek: “Is ons Bybels korrek?”, wat gratis op die Suid-Afrikaanse huiskerke webwerf afgelaai kan word as jy meer daaroor wil weet: www.huiskerk.co.za.

Deur die woorde, “vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees”, uit die Bybel uit te haal, het dit heiligmaking by die deur uitgevee. Kinders van God hoef nou nie meer so gehoorsaam aan God te wees nie en kan maar louwarm wees. Sien die laaste deel van hierdie reeks om die geestelike impak te verstaan wanneer kinders van God nie heiligmaking najaag nie. Dit het vernietigende gevolge.

Ook die verbond maal is nie ‘n ritueel nie. Die katolieke kerk het dit in ‘n ritueel verander omdat hulle byeenkomste heeltemal verander het en te groot was. In die Nuwe Testament was gemeentes baie klein en het in huise bymekaargekom. Wanneer hulle as die Ekklesia van God saamgekom het, het hulle tydens die normale maaltyd ook brood gebreek en wyn gedrink om Christus Jesus se kruisiging te vier. Dit was deel van die maaltyd. Dit was ‘n feesviering, met blydskap en ook in dankbaarheid om daarmee dit wat Hy aan die kruis vir ons gedoen het te herdenk. Ons moet nooit vergeet wat Jesus Christus vir ons gedoen het nie. Is ‘n fees ‘n simboliese ritueel? Nee, dit is werklik ‘n feesviering van ‘n wonderlike geleentheid of die herdenking van iets wat in die verlede gebeur het.

Die katolieke kerk het, tipies aan hulle aard, dit nie meer saam met of as deel van ‘n maaltyd gedoen nie. Hulle het dit heeltemal afgeskaal tot ‘n godsdienstige en ‘n koue simboliese ritueel. Wat gebeur op ‘n bruilofsfees of op ‘n verjaardag partytjie? Daar is ‘n lekker ete voorberei, daar is koeldrank en lekker nagereg, almal lag en gesels en almal is vrolik. Ons geniet ons. Ons word nie dronk van drank nie maar ons word dronk van die Heilige Gees. Ons verlustig ons in Christus en in die Heilige Gees. Ons vier fees. Elke gemeente samekoms behoort so te wees.

Die verbond maal is die kern van hierdie fees want daarmee herdenk ons dit wat Jesus gedoen het in blydskap en in dankbaarheid. Wanneer ons tydens die feestelikheid daardie brood eet (wat sy liggaam is) en daardie wyn drink (wat sy bloed is) dan kan ons nie anders as om bly te wees en dankbaar te wees nie. Hoewel die brood en die wyn simbolies is, het dit ook ‘n werklike effek in die geesteswêreld. Hierdie simboliek is egter nie die Ou-Testamentiese skadubeeld tipe simboliek van iets wat nog moet gebeur nie. Hierdie is weer eens ‘n verklaring dat ons gered is deur sy bloed en dat ons genees is deur sy liggaam. Dit is ook ‘n verklaring dat die bloed van Jesus en die liggaam van Christus “ons almal vul” en ons dus een maak in Christus. Ons is almal in Hom en Hy in ons. Daar is dus eenheid in die kerk en in die gemeente. Baie mense het ook al getuig van genesings wat plaasgevind het tydens die gebruik van die verbond maal.

Ons moet as kinders van die Here werklik die woord van God bestudeer sodat ons dit kan gebruik om dwaalleringe en leuens te kan weerlê. Die woord van God soos ons dit het is die absolute waarheid. Daar is niks fout met die ware outentieke Bybels wat uit die “Majority text” vertaal is nie. Daarom is dit nuttig tot lering, tot teregwysing en tot onderwysing soos wat 2 Timotheus 3:16 uitdruklik sê. As ons die woord ken sal ons reg praat en die regte ding doen. Ons sal net doen en spreek wat Jesus en ons Vader gedoen en gespreek het.

Die volgende belangrike aspekte rondom bloedlyn vloeke word deeglik in die boek, “Die waarheid omtrent bloedlyn vloeke” bespreek en verduidelik hoe die koninkryk beginsels van God rondom hierdie onderwerpe funksioneer:

Wanneer mense na hulle voorouers kyk maak hulle persoonlike observasies wat hulle op ‘n dwaalspoor neem.

Mense weet nie hoekom hulle siek is nie en hulle verstaan nie die werklike oorsake van siekte, ellende en swaarkry nie.

Mense ken nie die Bybelse beginsels rondom die straf van God nie.

Mense ignoreer die Skrifgedeeltes waarin God dit duidelik uitspel dat geen mens ‘n ander mens se sondes kan of mag dra nie.

Mense verstaan nie die verlossingsdaad van Christus aan die kruis nie.

As jy meer wil weet oor hierdie onderwerp, kry sommer nou die boek, “Die waarheid omtrent bloedlynvloeke” op die “Hulpmiddels” bladsy.

Terug na die Tuis bladsy

Alle plaaslike hulpmiddels op hierdie webblad is gratis. Help ons asseblief deur dit met jou vriende te deel deur middel van die sosiale netwerke. Sosiale netwerke skakels beskikbaar onder aan bladsye

Leave a Comment