Die Waarheid Omtrent Bloedlynvloeke
Is bloedlynvloeke ‘n vals leerstelling? Waar kom bloedlynvloeke vandaan? Wie betaal vir jou sondes? Straf God steeds kinders en kleinkinders vir voorouers se sondes? Waar kom siektes vandaan?
House Churches the Biblical Way
Hoewel die Bybel ast’ware die bloedlyn vloeke leerstelling in soveel woorde baie duidelik as ‘n vals leerstelling bevestig, veroorsaak onkunde steeds dat miljoene kinders van God onder hierdie juk gebuk gaan. Hierdie kategorie behandel die verskillende mites aangaande bloedlynvloeke deeglik in die lig van Skrifgedeeltes in die Bybel
Is bloedlynvloeke ‘n vals leerstelling? Waar kom bloedlynvloeke vandaan? Wie betaal vir jou sondes? Straf God steeds kinders en kleinkinders vir voorouers se sondes? Waar kom siektes vandaan?
Baie mense wil dit nie hoor nie maar hierdie stelling wat ek nou gaan maak klink vir hulle Godslasterlik: God is nie in beheer van die aarde nie!
Die aarde is tans in ‘n chaotiese toestand. Mense word bedrieg, besteel en verwoes. Moord, verkragting, roof, sonde en ellende is aan die orde van die dag.