Dinamiese ontmoetings met Jesus Christus

Die Huiskerk gemeenskap, wanneer hulle die eerste paar keer bymekaarkom, ervaar ‘n dinamiese ontmoeting met Jesus maar net as dit voldoen aan die outentieke beginsels wat ons in die handleiding bespreek. Kom ons sê daar is ‘n “ontmoeting” ‘n “openbaring” ‘n “bevrugting” of ‘n heilige “konfrontasie” met die Skepper van die heelal wat die geboorte … Read moreDinamiese ontmoetings met Jesus Christus

Was Martin Luther se optrede geregverdig?

Soos ons weet het Martin Luther en baie ander mense van die leerstellings en praktyke van die Katolieke kerk verskil. Die vrae wat ek myself afgevra het was: Het hulle regtig so baie verskil en was die verskille regtig so belangrik? Was daar regtig nie genoeg redes om in eenheid saam te staan en hierdie verskille deur te werk nie? Was Martin Luther se optrede geregverdig? Kon hy nie die situasie anders hanteer het nie?

Almal is konings en priesters

Is hierdie Skrifgedeelte in die Bybel?
Hoe staan die saak dan, broeders? Wanneer julle saamkom, laat die voorsang leier die gemeente in lofprysing en aanbidding lei, laat die herder afkondigings maak, laat die herder bid, laat die herder preek, laat die herder die mense deur gebed bedien, laat die gemeente al hulle aandag op die herder rig, laat die gemeente stil wees — laat alles tot stigting geskied.

Wie neem die besluite in huiskerke?

In huiskerke neem almal saam die besluite. Almal is op gelyke vlak en almal het dieselfde seggenskap oor kerksake. Niemand moet enige besluite op ander mense afdwing soos die wêreld dit doen nie. Vir baie mense klink hierdie stellings net ‘n bietjie te vergesog. Die rede hiervoor is dat ons al die jare anders geleer is in die kerk en in die wêreld. Dit is al wat ons ken. Hoe dan anders?